My buitelig lyk soos hieronder. Dit is 'n 220v lig met 'n lang "flex"-kabel wat ek by die karavaan se buite-kragprop inprop. Dit pla my nog altyd hierdie 220v kabel wat grond-langs tot by die lig loop. Ek het nou 'n "bee in my bonnet" om hierdie lig om te skakel na 12v. Die lig self het vir my baie sentimentele waarde en ek gebruik dit al vir meer as 30 jaar tydens kampering - ek wil dit dus nie sommer net weggooi en vervang nie.
My plan is om die 220v-prop te vervang met 'n Brad Harrison-prop wat ek by die BH-prop op die wa se A-raam kan inprop. Ek moet natuurlik nou ook die 220v gloeilamp en gloeilamp-houer vervang met 12v komponente en dit sal bonus wees as ek die ronde ligdop netso kan behou. Waar kry mens soiets ?
'n Voordeel van so 'n omskakeling sal wees dat as ek by Tsendze of Balule kamp waar daar nie krag is nie, gaan ek my buitelig ook daar handig kan gebruik !
Enige voorstelle of kommentaar ? Wat gebruik jy vir 'n buitelig ?
Ns. Anton, miskien kan jy ChrisS se visstok-lig gesprek hierheen oordra.

Dis reg met my
Anton, miskien kan jy ChrisS se visstok-lig gesprek hierheen oordra.
12v Buitelig ...
Dit kom met `n afstandbeheer wat dit nog makliker maak Met die druk van `n knoppie kan die aangeskakel word vir 3,5 of 8 ure of dan van sononder tot sonsopkoms.
Is die goed nie nogals duur nie ?
Ek moet myne buite almal se batterye vervang, hulle het noe so lank gehou nie.
Al my buite ligte is 12v van die Exclusive se dae maar hulle is almal so van 250mm tor seker so 400mm (sal op die Laptop kyk of ek fotos het)
Al my buite ligte is 12v van…
Al my buite ligte is 12v van die Exclusive se dae maar hulle is almal so van 250mm tor seker so 400mm (sal op die Laptop kyk of ek fotos het)
Dit is waar ek al my ligte vir buite inprop, daar is wel ook een teen die kant van die 3B. (dit is die skakel na die 3B)

Ek het gou die twee spaar ligte in die stoor gaan afneem.

'n Ombouiing gaan meer kos as 'n 12V LED buislig.
Len, ek weet nie of jy sulke koer 12v buisligte kry nie. Die wat ek gebruik het is daai strook ligte wat ek binne die ou houers geplak het.
Willem, jy kry 12 volt led…
Willem, jy kry 12 volt led buis ligte, maar ek vermoed Len wil 'n gewone led gloeilamp hê wat hy kan maak pas in die bestaande houer.
Len, ek glo jy sal kan reg kom met jou ombouing, maar ek twyfel of jy die lig gaan kan benut soos tans. Die 12 volt led gloei lampe skyn swakker en is baie kleiner as die 220 volt ligte.
Johann ...
Ek is bewus dat Len sy ou lig wil behou maar daar is beter houers en staanders om nou te gebruik met LED's.
Ek het ook 2 sulke ligte wat len gebruik maar dit het ek lankal uit gegooi, 1 spasie.
Dit lyk vir my....................
...................of ek maar my ou getroue lig moet weggooi. Ek dink julle het my oortuig om te kyk of daar heeltemal iets anders op die mark is wat my sal tevrede stel.
Ek hou julle op hoogte.
25w R350 40w R450 Soos…

25w R350
40w R450
Soos genoem kan gestel word op 25% 50% ens
084 777 1881
Ek het 6 van die ligte buite wat al meer as 6 maande foutloos werk. Mens kan dalk net `n staander bou vir die lig en paneel wat maklik opslaan en rondskuif
Slowstrike ek ook
Ek het die 40 w een gekoop werk soos n bom net jammer die kabel vanaf die sonpaneel na lig so kort kort soos die jinies ![]()
Hi Willem Bel of WA 084 777…
Hi Willem
Bel of WA 084 777 1881 Vaughan
Gooi niesommer goed weg nie !
ek maar my ou getroue lig moet weggooi
Ek kry toe mos gisteraand 'n Kampforum-boodskap van Dolf du Pisani met 'n uitstekende idee hoe ek my getroue ou lig (foto heel bo) kan omskakel na LED, net mooi die raat wat ek gesoek het. Ou getroue kamp-liggie, jou lewe is gered.
Ek sal mettertyd hier kom spog wat is gedoen.
Johann se LED lampies
Môre Len
Ek sal natuurlik eers daai lampies soos voorgestel deur Johann op 12/09/22 probeer. Dalk is dit heeltemal lig genoeg vir jou doel.
Intussen wag ons om te sien wat jy gaan optower.
Jy sal ongelukkig...............
.................'n bietjie moet wag Willem - ek wil nie vertel voor ek nie kan wys nie !
Ken ook daai
Lank gelede toe ek my kinders tuisskool onderrig het, het ek 'n elektronika stel met LED's en breekbord gekoop, ook soldeerbout en multimeter. Nodeloos om te noem, nie een het daarin belanggestel nie, ek gebruik nog die multimeter darem
Nouja, 'n jaar en 4 maande het verloop..............
....sedert hierdie idee by my posgevat het. Die vertraging was agv gesondheidsprobleme en net om te wys ek is nou weer so reg soos 'n roer, het ek hierdie takie aangepak. (Ander ouens hou hulleself besig met die Dakar (en nou sommer ook die F1) en ek berei my voor vir 'n onvergeetlike karavaan-kampering in die Wildtuin.
My ou staatmaker lig het baie sentimentele waarde en ek wil dit nie net weggooi nie. Ek het die ombouing gedoen teen 'n reuse koste van R40. Ek het twee strokies LED-liggies op 'n plaatjie gemonteer wat ek in die lighouer vasgeskroef het. Die koord is voorsien van 'n BH-prop wat ek voor by die A-raam inprop en siedaar, ek het nou 'n baie helder 12V LED lig.
(Die ligstrokies word tydelik in plek gehou deur twee strokies "masking tape) tot tyd en wyl die gom droog geword het)








Oom LenHoekom nie kyk na…
Oom Len
Hoekom nie kyk na een van die nuwe solar buiteligte wat nou beskikbaar is nie.
Dan is hy koordloos en die sterkte kan gestel word van 25% tot 100 % indien nodig. en die son laai hom verniet
Dit kom met `n afstandbeheer wat dit nog makliker maak Met die druk van `n knoppie kan die aangeskakel word vir 3,5 of 8 ure of dan van sononder tot sonsopkoms. Dan is daar ook lig wanneer daar geen krag is nie.
Groetnis