Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Kamp yskas

Johannesburg
Submitted by Marnus on
Forums

Hoe maak mens met jou yskas as jy kamp en dit reen?

Ons gebruik 'n gazebo as kombuis as ons kamp met 'n elektriese yskas, maar watter raad het julle vir my om die yskas uit die reen te hou?

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 29/11/2022 - 10:51

Marnus,

Baie welkom hier op ons lekker gesels Kampforum. 👏🏻👍🏻

Wat van gazebo kant seile ?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/11/2022 - 10:57

Middag Marnus

Soos willem seg, jy moet dit droog hou, wel tenminste die elektriese proppe ten minste.

My National Luuna staan maar op 'n plek langs die wa, onder die tentdak, waar koppelinge droog bly.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 29/11/2022 - 12:12

Hallo Marnus !

Ek aanvaar jou vraag is gerig aan boswa-eieienaars (of buite-kombuis eienaars) en dus kan ek nie raad gee nie want ek het 'n teerpad karavaan met 'n binne-kombuis.  Ons reis meestal lang afstande en slaap dus dikwels oor.  Ons binne-kombuis se yskas is bruikbaar in alle weersomstandighede.  Ons kamp-vrieskas ry agter in die Pathfinder en word alleenlik uitgelaai om langs die karavaan te staan, slegs wanneer die tent/afdak opgeslaan is.

Ek hoop jy kry goeie raad.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 29/11/2022 - 13:35

Ek aanvaar julle gebruik ‘n gewone yskas wat onder die gazebo staan. Afhangende van waar jy kampeer, kan ‘n oop kombuis lol. In die nasionale parke is daar diere soos eekhorings en ape wat baie skade kan aanrig. Uiteraard is dit nie lekker om binne ‘n tent te kook nie, maar ek stem saam met Johann, dat kantseile ‘n moet is vir julle gazebo. Pasop net vir waaier braaiers naby aan seil. Die warm uitlaatgasse smelt sintetiese materiaal. 
 

Laastens moet julle dalk ‘n klein pallet oorweeg om die yskas op staan te maak, sodat dit nie van onder af nat word nie. Onthou egter dat die hitte agter ‘n yskas aanloklik is vir slange. Hier is lede wat al daardie stel afgetrap het. ‘n Pallet met oop kante kan dalk ook ‘n lekker lêplek wees vir ‘n slang. 

0
Bethal

Skallie

Tue, 29/11/2022 - 13:53

Marnus -  Ek stem saam dat kantseile of net een agter jou yskas die ding sal doen. Wat egter ook baie belangrik is, is dat jy die yskas van die grond af moet lig vir daardie keer dat die water begin stroom. Ook belangrik is die koppelstuk. Ek vou gewoonlik my drade dubbel en druk die gevoude gedeelte in 'n goeie plastieksak en knoop dit toe. Hou die knoop dan ook weg van die grond af. Deure word met 'n oorslag geseel teen onwelkome besoekers.

Ek kamp elke jaar vir 6 maande in die reen seisoen. Gebruik 2 Tentco diner tente in serie en gbruik dan ook 'n vrieskas en yskas binne. Ape en slange is maar 'n kamp risiko en mens moet maar net oplettend wees.

Ek is egter meer bekommerd oor die gebruik van 'n gazebo in sterk wind, wat groter probleme kan veroorsaak.

Groetnis en sterkte

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 29/11/2022 - 14:57

Die beste manier om ‘n gazebo op die grond te hou, en te voorkom dat dit beskadig word, is om aan die kant/e van waar die wind kom in die middel tussen die bene ‘n tou reguit af grond toe vas te maak aan die horisontale paal/konsertina been bo, en aan ‘n L-pen of Maxcon tipe pen onder.
 

Ons het 12 November ‘n 4x4 dag van ons skool langs die Breederivier gehad terwyl die Noord-Wester laat loop het. Ek het die konsertina-tipe gazebo met twee toue aan die Noorde- en Westekante vasgemaak soos hier bo beskryf, en dit het heel dag sterk gestaan. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 29/11/2022 - 19:39

Naand Chris, net 'n klein regstelling, dit was Wessel wat die voorstel gemaak het.

ek stem saam met Johann, dat kantseile ‘n moet is vir julle gazebo.

@ Marnus, jy het reeds goeie advies hier gekry, al wat ek kan byvoeg, is as jy wel 'n permanente platform maak, sal ek voorstel dat twee pote kan stel vir daai skuins staanplekke.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/11/2022 - 05:39

Môre Marnus

My National Luna staan op 'n Aluminium 4-potige staander. Die hoofrede was sodat ek onder dit kan sien, en juis nie 'n skuilplek vir kruipende en seilende diere is nie.

Ek besef egter nou dat die ander groot voordeel is dat dit ook uit die water is. Daar is mos maar altyd die kans dat afloop reenwater die pad in 'n tent vind. 

Ry sommer houtblokkies saam vir die gelyk staanmaak. 

0
Johannesburg

Marnus

Wed, 30/11/2022 - 10:06

Baie dankie vir almal se insette, ek het 'n klomp idees gekry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus