Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 minutes ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -21 minutes ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -57 minutes ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stil stem lokaal November 2026 Geert -2 hours ago

Die Smalle se Desember 2022 toer

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Almal weet nou al dat ons 15 Desember gery het Dwarswegstrand toe, en hier staan tot 27 Desember. Dan is dit vier nagte by Bontebok NP voor ons Oujaar huis toe gaan. Die gesprekslyn is maar net vir terugvoer soos ons toer verloop. 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 15/12/2022 - 13:00

Dit was warm en bedompig in Worcester. Ek wou ry sodra die kinders tuiskom na skool so voor 11:00. Hierdie is ongelukkig Salomien se besigste tyd van die jaar, en ons is eers so 13:30 daar weg. 
A

Dis ons eerste toer met die 2008 Prado, en ek het al vertel daarvan op die Prado gesprekslyn. Gelukkig was dit nie nodig om te stop langs die pad nie. In Grootbrak het ek net petrol ingegooi om die verbruik te bepaal. Ons was net na 17:00 hier, en het toe kamp opgeslaan. Dit was net so warm en bedompig soos in Worcester. So net voor 20:00 het die kamp gestaan en kon ons braai.

B


C

Ons is weer op nr 30, en na my mening is dit die beste staanplek. Al wat sleg is, is dat die naaste kraan so 30m ver is. Dit was beurtkrag, so ek moes wag tot na 18:00 voor ek gate kon boor op die plaveisel se laste vir penne. Nadat ons gebraai het, het ons ‘n paar doppe geniet en toe gaan slaap. Dit was 22:00 weer beurtkrag, en die sterre was lieflik. Ons het heerlik geslaap met die see se geraas. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 15/12/2022 - 13:14

Kyk hoe jaloers maak jy my nou. Ek verlang sommer met nostalgie terug na die dae toe ons kinders ook nog jonk was en saamgekamp het. Geniet dit!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/12/2022 - 16:54

Middag Chris

.... enige wind wat mag waai.

Dit lyk op jou foto hierbo of jy selfs 'n swart strop horisontaal, bo om jou voltent ook gespan het? Of kyk ek soos my blaker.??

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 15/12/2022 - 18:35

Nee Wessel, dis die stormnet se rand wat jy sien. Dit gaan nie oor die wa se dak nie, net oor die tent. Die silwer seil is onder dit, en dien ook as ‘n soort stormseil aangesien dit elke 1,5m ‘n ogie met ‘n tou het wat vasgemaak word aan ‘n L-pen. Ek sit die stormnet sommer dag 1 op, dan hoef ek nie te skarrel as die wind skielik opsteek nie. Dit het vandag geroer (en roer steeds) maar net van so aard dat dit bietjie afkoel. Dis steeds bedompig hier, en reën word van môre tot Sondag voorspel. Ek hoop maar hulle is verkeerd. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 15/12/2022 - 22:02

Die kinders was vroeg wakker. Na hulle beskuit geëet het terwyl hulle uitkyk oor die see het ons gaan fietsry. Dit was reeds warm en bedompig voor 08:00. Na ‘n paar kampwerkies is ek met die kinders strand toe. Hulle het baie lekker gespeel. Soos julle kan sien was die strand gepak op die mooi dag. Salomien het die foto van ons staanplek af geneem. 

A

Daar was nog ‘n goeie elf staanplekke oop, so ek weet dit gaan besiger raak, maar nooit so besig soos enige ander strand in die omgewing nie. Dit pas my perfek.

Na middagete moes ons gaan inkopies doen. Ons het net vleis en bietjie vars groente saamgebring vanwee Salomien se gestoei om werk klaar te kry. Ek het kriewelrig geraak na ‘n halfuur in Grootbrak se SPAR, maar het oorleef.

 

Terug by die oord was daar nog ‘n paar kampwerkies voor ons die kinders weer strand toe gevat het. Toe bad ek hulle in die wa se stort en het ons heerlik gebraai. 
 

Ek het ons staanplek van ‘n paar hoeke af bekyk, en bly oortuig dat dit die beste een is hier.

B

C

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/12/2022 - 06:43

Hello Chris

Kyk ek reg, lyk vir my daar is selfs lewensredders aan diens ook. Dit is baie gerusstellend, Aprilmaand was hulle nie daar nie.

Kan julle daar by die braaier afstap strand toe, dan is dit darem baie gerieflik.

Ek moes ook op my tande byt in daai Spar. Praat nie van in die tuisnywerheid winkeltjie/ slaghuisie nie. Mammie moes maar my leisels stewig intrek anders het ek die hele Heidelbergse kategismes verloor. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/12/2022 - 07:31

Die lewensredders is net tydens hoogseisoen hier. Ons kan nie by die braaiplek afstap see toe nie, net by die trappies. Dit pas my, want ons het Oktober 2020 by die trappies gestaan, en dan loop almal verby jou staanplek strand toe en terug. 
 

Hier is van gisteraand af twee wagte. Ons het met hulle gesels. Hulle sê daar word van tyd tot tyd ingebreek by die huisies wat uitverhuur word langs die see, Wes van die karavaanpark. Hulle reken dis mense van George af wat by die Grootbrakrivier afgelaai word, en strand langs hierheen stap. Hulle weet egter nie van enige insidente in die karavaanpark nie.
 

In die skrywe wat mens ontvang wanneer jy inboek, sê die Trust hulle oorweeg dit om ‘n heining aan die see se kant op te rig, maar wil eers insette van al die rolspelers kry. Dit sal baie hartseer wees, want die is een van die min plekke waar mens nog teen die see kan kampeer sonder om ingehok te voel. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 16/12/2022 - 08:31

Nee wragtag nou gee ek op, party mense het oë soos arende,  ek loop in myself vas as ek nie mooi kyk niewink

Chris S, dit lyk regtig great daar.

Met die struike voor jou, kan jy nog steeds die branders sien?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/12/2022 - 08:57

Met die struike voor jou, kan jy nog steeds die branders sien?

Agter die wa, links van waar die fietse staan op die eerste foto van twee van ons staanplek hier bo, is ‘n gaping in die struike. Die braaiplek is in die gaping, en die gaping bied vir ons ‘n uitsig oor die see. Ek het ‘n 3m x 3m grondseil op die stukkie dooie gras agter die wa gesit, en sit ‘n gazebo daaroor as die son skyn. Dis ons sitkamer. Ons sit nou hier en kyk vir die see. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/12/2022 - 11:45

.... aldrie my kinders het provinsiale kleure in lewensredding. Hulle moes baiekeer diens doen by swembaddens en damme soos byvoorbeeld die Midmar-swem ensovoorts.

Ek weet dus, en herken lewensredders se klere en toerusting, selfs op 'n foto.

Chris S kan bevestig, maar ek is seker dat op die 1ste staanplek foto, staan 'n Ford Territory. Mens kan netnet sy linker voorwiel sien. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/12/2022 - 20:44

Daar was bietjie reën voorspel oornag, maar al was dit bewolk en bedompig vanoggend was dit droog. Ons het eers beskuit geëet by ons uitkykpunt in ons sitkamer en toe het ek en die kinders gaan fietsry. Later (so 10:00) het die son uitgekom en is ons strand toe. Salomien het nog werk om klaar te maak, so die arme ding het sit en werk. 
 

Teen 12:30 het ons karavaan toe gekom en kon ek gaan stort terwyl die kinders verder gespeel het. Later het ons geëet, en toe het ek en Salomien bietjie sit en lees in ons sitkamer (ek het eintlik meer vir die see gekyk - snaaks genoeg het ons in 48 uur hier nog nie dolfyne gesien nie. Gewoonlik sien mens hulle daagliks).
 

Net na ek vuur aangesteek het begin dit saggies reën (so teen 18:00) en toe harder. Ek het sommer gaan pizzas koop by De Dekke, wat ons in die tent geëet het. Ons het nog nie regtig las van die wind gehad nie, en die reën (wat môre ook voorspel word) bring hopelik verligting van die bedompigheid.
 

Ek het ‘n naat op een van die voorste seile gekry waar die onderste stuk seil buite die boonste stuk vasgewerk is. Die naat is boonop skuins, en water loop dus daarlangs af en dring deur die stiksel in. wanneer dit weer droog is sal ek naat verseeler binne en buite spuit. Daar het ook bietjie water grondlangs ingekom maar verder is ons droog. 
 

Amper al 38 staanplekke is nou vol. Een agter ons en nog een weg van die see is nog oop. Hulle kom seker môre in. Dis maar meestal dieselfde gesigte as verlede jaar. Hier is ‘n hele paar herfsblare om ons, wat vanmiddag nogal jolig geraak het na hulle kamp staan gemaak het. Hulle is nou stil. Voor twee van hulle Wes van ons op nr 29 ingetrek het, het ek na die staanplek gaan kyk. Dis ook ‘n lekker een. Dit grens direk aan 28, en bied geen beskutting teen die wind nie, maar het ‘n lieflike uitsig. 28, Wes daarvan, is teen die paadjie wat strand toe gaan maar het ook ‘n mooi uitsig. 
 

A

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/12/2022 - 20:45

Chris S kan bevestig, maar ek is seker dat op die 1ste staanplek foto, staan 'n Ford Territory. Mens kan netnet sy linker voorwiel sien. 

Dis ‘n Disco 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/12/2022 - 06:04

Môre Chris S en saam lesers

Die voorste ry teen die see, soos waar Chris staan, se braaiers is gerieflik ook aan die see se kant. Ek het op 25 gestaan, en die se braaier was aan die ablusieblok se kant. Dus braai mens agter jou woonwa, wat ongerieflik is. Vir elke kruiseltjie, en bier moet jy om jou wa loop, en jy het ook nie die see uitsig nie. Gelukkig het ek my eie baaiertjie en braaisambreel altyd by my, en kon voor my wa braai, terwyl ons vir die see kyk.. 

Ek kyk op die nuus gisteraand hoe lyk die Durbanstrande, en besef net hoe heerlik is die lae bevolkte strand by Dwarswegstrand. Ek sal gek word tussen soveel mense op 'n strand. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 17/12/2022 - 07:38

hoe heerlik is die lae bevolkte strand by Dwarswegstrand. Ek sal gek word tussen soveel mense op 'n strand.  

Dis een van die hoof redes waarom ek so duur betaal om hierheen te kom. Mens kon gister op die strand nie eers agterkom dat dit ‘n vakansiedag is nie. Daar was ses skadustrukture en seker omtrent so 40 mense. Die ander redes is die min staanplekke en uitsig. 
 

Vandag gaan die strand nog stiller wees. Dit het met tye hard gereën deur die nag, en nog reën word voorspel. Die Kavango is droog, maar daar is nat dele in die tent van water wat langs die hoër kant se seil aan die neus se kant afgeloop het en onder die ingevoude flap in, en by die naat waarvan ek gisteraand vertel het. Dis egter verbasend droog vir hoe hard dit gereën het. Ons staanplek se plaveisel het ‘n effense helling af see toe, sodat die linkerwiel op die tweede hoogste vlak van ‘n geel plastiek wig staan om die wa gelyk te kry. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 17/12/2022 - 18:06

Dit het min of meer aanmekaar gereën vir 21 ure, met tye nogal hard. Sedert 15:00 vanmiddag is dit stil, die son was selfs al uit en ons was strand toe met die kinders vir ‘n uur of twee. Die wind het vanoggend opgesteek, en ‘n paar bloublasies uitgewaai. Ons het toringslakkies op hulle gesit en gekyk hoe lekker vreet die slakkies. Ook sandkastele gebou en langs die walle van die sloot afgegly wat die stormwater uit die strand gekalwe het. 
 

Die tent is weer min of meer droog binne en die wa was deurgaans droog. Hier het baie water deurgekom, soos die foto van ons vloedskade in ons sitkamer hier onder wys. Ek het dit intussen opgeruim. Hier is nog twee staanplekke oop, onder andere die een agter ons. Ek gaan nou die vuur aansteek en weer probeer om die kruisskyf te braai wat ons gisteraand wou braai. Die water het ook onder die braaiplek ingespoel waar twee sakke hout lê, so dit kan dalk ‘n rokerige besigheid wees. Ek hoop die reën is nou klaar, dis maar moeilik met ‘n 6- en amper 8-jarige in ‘n Kavango die hele dag. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/12/2022 - 19:10

Naand Chris S

Julle het lig daarvan afgekom. Ek sien op die nuus dat die N2 toe is, of was, weens sand oorspoelings. Blykbaar was Meiringspoort ook vir 'n ruk gesluit vir verkeer.

Ek hou lekker saam vakansie. Wat kos 'n staanplek nou daar, dalk moet ek maar volgende jaar daar langs jou insleep.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus