Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -13 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -16 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -21 hours ago

Die Smalle se Desember 2022 toer

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Almal weet nou al dat ons 15 Desember gery het Dwarswegstrand toe, en hier staan tot 27 Desember. Dan is dit vier nagte by Bontebok NP voor ons Oujaar huis toe gaan. Die gesprekslyn is maar net vir terugvoer soos ons toer verloop. 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 17/12/2022 - 21:47

Wat kos 'n staanplek nou daar, dalk moet ek maar volgende jaar daar langs jou insleep.

Besprekings vir Desember maak 1 Desember die vorige jaar om 08:00 oop en werk op ‘n wie kom eerste basis per e-pos. Dis duur in Desember ook, as ek reg onthou het dit my R1090/aand gekos die jaar. Julle afgetredenes kan mos lekker buite seisoen kom, dan is dit baie goedkoper. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 18/12/2022 - 07:22

Môre Chris

Ag wat, vir ons ouens wat 'n OTM besit, is daai prys nie te sleg nie. Wat my vreeslik gaan pla is al daai baie mense op die strandlaugh

Grappies op 'n stokkie, as ek reg onthou het ek maar so ongeveer R300/nag vir staanplek laas Aprilmaand betaal. Dit maak 'n groot verskil. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 18/12/2022 - 08:09

Dis maar hoe dit werk in SA. Ons werkendes wat bou aan die nasie en toekomstige welvaart skeppers grootmaak word gestraf. Hulle weet ons kan nie die R300/aand buite seisoen tariewe benut nie. Onthou egter ook hoe leeg die (reeds baie klein) oord was toe julle hier was in April. Die oorde moet hulle inkomste maak tydens die besige seisoen. Almal se geliefde Hartenbos hier anderkant is maar net so duur binne seisoen.
0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 18/12/2022 - 19:25

Ons het oornag 15mm reën gehad maar alles het droog gebly binne die wa en tent. Kara was vroeg wakker en wou gaan fiets ry, so ons het. Toe ons terugkom wou Chris gaan, en ons het. Toe eet ek muesli en sê vir Salomien ons moet gaan stap. Die arme vrou werk steeds omtrent heeltyd wat die krag aan is. Gister was daar ‘n Eskom fout, en was die krag die hele dag af tot omtrent 15:00. Dit was ook meestal bewolk, en die tweede battery in die kar waarvan die Engel vrieskas loop het nie genoeg gelaai nie.
 

Gelukkig het ek deur Vrydagaand toe dit so gereën het daaraan gedink, en ‘n blink plan gekry. Die Kavango het ‘n Brad Harrison prop op die A-raam, vir as jy sy batterye van die sleepvoertuig af wil laai. Toe die krag gistermiddag aankom, het ek die BH prop op die WRND laaier se invoer geskuif van sonkrag na primêre battery. Aangesien die Kanvango se laaier die batterye teen 14,2A laai, “sien” die WRND laaier dit asof die kar se battery van die alternator af laai, en laai dit die tweede battery ook. So kon ek die Kavango se batterye en die tweede battery in die kar vol gelaai kry voor daar weer beurtkrag was. 
 

Terug na vandag; ek en Salomien het deur die ou deel van die buurt Wes van die karavaanpark gestap. Chris het saam gery met sy fiets. Kara het agtergebly saam met ‘n baie oulike 11-jarige meisie van Nelspruit wat te pragtig met die kleintjies speel. Later is ek met ons twee kinders en ‘n maatjie wat Chris gemaak het strand toe. Hulle het hulself omtrent vol sand gespeel voor middagete. Soveel so dat Kara ‘n gat in haar swembroek geskuur het op die sand. Die sloot wat die stormwater op die strand oopgespoel het met sy steil wande is ‘n heerlike speelplek. 
 

Ons het dus daarna gou Grootbrak toe gery om te kyk of die Pep daar nog oop is. Dit was gelukkig, en sy het ‘n nuwe swembroek gekry. Ons het ook ‘n paar goedjies by die PnP langsaan gekoop. Grootbrak lyk na ‘n interessante dorpie, maar by daardie deel is daar baie bedelaars en dronkies. Vir die wat nog nie daar was nie, die Grashopper fabriek is terloops ook daar. 
 

Terug by die oord het ons middagete gemaak en daarna bietjie ontspan voor ons 16:00 weer met die kinders strand toe is, en lekker gespeel het. Ek gaan binnekort die vuur aansteek om ‘n jalapeño worsie te braai vir my en Salomien. 
 

Die oord is intussen vol. Die mense wat vandag eers ingekom het, het dit doelbewus gedoen om die reën te vermy. Die gesin reg agter ons se kinders het vanmiddag saam gespeel op die strand, en sê hulle is 03:00 vanoggend weg uit die Kaap uit. Hulle het ‘n CY registrasienommer. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/12/2022 - 06:07

Môre Chris S

Dankie vir die daaglikse verslag. 

As alles droog bly in die wa en tent, kan dit maar reen deur die nag, solank die dae reënloos is, dan is die kinders dol gelukkig. 

So 'n sloot met lekker walle speel te lekker. Ons het omtrent bergpasse gebou teen sulke walle, en heerlik karretjies gespeel.

Nogal vêr van Nelspruit af Dwarswegstrand toe vir 'n seevakansie. Ek wonder waarom daardie mense nie eerder Mosambiek- oorde besoek nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 19/12/2022 - 07:19

Nogal vêr van Nelspruit af Dwarswegstrand toe vir 'n seevakansie. Ek wonder waarom daardie mense nie eerder Mosambiek- oorde besoek nie. 

Toe ons die 11-jarige van Nelspruit wat so oulik met die kleintjies speel se ouers komplimenteer op hulle oulike spruit, sê hulle sy wil elke jaar hierheen kom juis daarvoor.
 

Dwarswegstrand is ons tipe oord ook. Ek en Salomien gesels weer gisteraand daaroor. Dis nie ‘n partytjieplek nie. Hier is twee groter groepe wat lekker kuier, maar dis saam eet en gesels - nie musiek speel en lawaai nie. Die enigste lawaai is die see.
 

Ek sal later weer ‘n opname doen van registrasienommers, maar ek weet hier is vier CW, ‘n klompie CY en CF, en ten minste een NC, MP en GP elk. Ek hoop nou net ons is volgende jaar weer een van die CW registrasienommers, hetsy dit die Everest of Prado is. Ek het vir die tweede blok aansoek gedoen van 27 Desember en twee dae aangelas tot 8 Januarie, aangesien dit dieselfde hoeveelheid verlofdae gaan kos as die eerste blok, en ek die indruk gekry het dat die weer beter is dan as in die eerste blok. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/12/2022 - 08:08

As ek lees hoe jou vrou steeds sit en werk, kan die 2de blok haar dalk beter pas. Sy moet dan net nie 'n klomp werk voor Kersfees inneem nie.

Wat die weer aanbetref, dit maak ongelukkig net soos dit wil, wanneer dit wil. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 19/12/2022 - 10:49

As ek lees hoe jou vrou steeds sit en werk, kan die 2de blok haar dalk beter pas. Sy moet dan net nie 'n klomp werk voor Kersfees inneem nie.

Dit was ook ‘n oorweging.  

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 19/12/2022 - 17:18

Surette se broer hulle (Theo & Channel) kamp ook weer dié jaar daar, hulle is van NW (Wessel se area)

Geniet dit, hier is die opvangs maar swak as jy die by die ontvanfs oh hoof area is nie al is dit gratis.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/12/2022 - 17:22

Middag Chris S

Ek is redelik seker dat Theo en gesin met 'n Hilux 2.8 sleep. Die wa waarmee hulle kampeer is onbekend aan my. 

Dalk is hulle vir 'n dag of twe saam met julle daar. Dis nou as die blokke se besprekings mag oorvleuel.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 19/12/2022 - 17:39

Ry uit Brits die 26 Desember, weet nie of hulle met die bus of bakkie gaan ry nie 🤷🏼‍♂️

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/12/2022 - 19:47

reën, seker maar paddaboudjies met 'n kerriesous.

Hier terplaatse donder en blits dit alweer. Ek dink dit gaan 'n donderstorm wees, met klem op donder en weinig reën.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 19/12/2022 - 20:22

Lekker rustig, dik gevreet aan wit vleis (groente) hoender, lyk nie of dit gaan reën hier nie.  Gaan nou rustig raak om die dag se (gewoel) af te sluit (die rus) met 'n lekker koel karavaan na die dag se hitte. 😉🤫

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 19/12/2022 - 23:14

Vanoggend was dit bewolk en koel en later het dit gereën na ek en Kara gaan fiets ry het. Toe speel ons kaart en ander speletjies in die tent. Toe die krag afgaan 12:00 en Salomien nie meer kon werk nie is ons George toe om ‘n pakkie vir my suster te stuur en ‘n paar meestal onnodige aankope te doen.
 

Ons was 15:00 weer terug, en toe het ek kampwerkies gedoen en met ‘n buurman gesels terwyl Salomien weer gewerk het en die kinders gespeel het. Dit was koelerig en ons was nie op die strand vandag nie. 
 

Ek het ‘n lekker vuur gemaak en ons het groente (hoender sosaties) gebraai en lekker gesels. Dit was nie so onderstebo as op die foto nie.

 

A

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 20/12/2022 - 07:32

Alhoewel hier ‘n baie netjiese opwasplek is, het ek gister besluit om by ons braaiplek op te was. Dit was een van die min kere wat ek dit geniet het om skottelgoed te was. 
 

A

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 20/12/2022 - 21:11

Weer gereën deur die nag maar vanoggend het die son aanvanklik geskyn. Ek en Kara het gaan fiets ry, en toe ons later strand toe wou gaan was daar weer motreën vir ‘n wyle. Ek en die kinders is egter strand toe, het lekker krieket gespeel en toe in die see tot 12:00. Toe terug kamp toe, geëet en verder in die oord vertoef. Ek en Salomien het gaan stap, en die kinders gespeel. Later vanmiddag het dit koel geraak, soveel so dat ek ‘n sweetpakbroek en baadjie aan het. In Desember. Dit het weer gemotreën laat vanmiddag en ek moes met ‘n sambreel braai. Maar mooi bly mooi. 
 

A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus