Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Die Smalle se Desember 2022 toer

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Almal weet nou al dat ons 15 Desember gery het Dwarswegstrand toe, en hier staan tot 27 Desember. Dan is dit vier nagte by Bontebok NP voor ons Oujaar huis toe gaan. Die gesprekslyn is maar net vir terugvoer soos ons toer verloop. 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 22/12/2022 - 07:19

Die son het geskyn, maar die wind het gewaai. Ons was wel strand toe die oggend, en die stranddiens het poppekas en boeresport vir die kleintjies gehou. Die see was bietjie koud, maar ons het lekker met die kinders gespeel. Verder het ons in die kamp ontspan en die trop kinders in die oord het baie lekker gespeel. Na 20:00 het die wind heeltemal gaan lê, maar dit was koel. Die sterre was pragtig. Vandag skyn die son weer en die wind gaan nie so erg waai nie. Ons gaan weer strand toe. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 22/12/2022 - 09:43

Jy laat my al hoe meer terugverlang na die jare toe ons kinders ook nog saam met ons gekamp het - veral toe hulle nog klein was. Ons het nie veel Desember-seevakansies gehad nie. Ons het egter vir 4 agtereenvolgende jare by Riverside (naby Kleinbrakrivier) gaan kamp. Ons eerste drie jaar was nog met 'n tent - en in vergelyking met vandag het ons maar baie primitief gekamp. O.a. het ons nog almal op matrasse op die grond geslaap, met 'n enkelplaat gasstofie as enigste bron om iets op te kook (behalwe die vuur) en darem 'n klein Edesa 3-way yskassie - soos Len se vrieskassie, maar dit was net 'n yskas. Minstens kon die bier en wyn koud gehou word.

Geniet daardie seevakansies so lank as wat julle kan.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 22/12/2022 - 17:01

Dit kan kwalik ‘n vakansie genoem word, want met ‘n ses- en amper agt jarige werk mens 95% en rus 5% Maar soos ek voorheen genoem het is gesinsvakansies die één ding waarvan ek nie bereid is om minder te hê nie, al kos dit wat. Die uitdrukking van plesier op die gesiggies en uitbundige laggies is elke R4/km en R1 090/aand werd.
 

Dwarswegstrandoord pas ons ook soos ‘n handskoen. Al het die lewensredders besluit die swemplek is nou nie meer voor ons staanplek nie, en ons ‘n entjie moet stap - was vandag ons mooiste dag tot op hede; en kyk hoe besig was die strand.

A

Meyer van Buffelsfontein baardolie en - brandewyn was ook daar vanoggend. Die rowwe bl1ks3m het net ‘n klein rooi sambreeltjie gehad. 
 

B

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/12/2022 - 07:37

hoekom sal mense op hulle fone lê as hulle met vakansie is. 

Hy was seker op Kampforum  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/12/2022 - 08:59

Môre vriende

Ek ken nie hom nie, maar sy tipe. Die lewensredders neem mos volle verantwoordelikheid vir sy kinders se veiligheid, en die stranddiensspanne vir hulle vermaak.

Ek hoop hy het Buffelsfontein se sonbrandolie ook aangesmeer.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/12/2022 - 09:07

.....laat my dink aan 'n besoek aan Kreta eiland, jare gelede. 

Ek was daar vir 'n konferensie, en hulle het ruim tyd toegalaat om die strand en/of swembaddens te geniet. Dit was uiters vreemd en ongemaklik devil om die mede konferensiegangers en hotelgaste bostukloos te sien, om 'n halfuur later weer langs haar te sit in die lesingsale. Om die minste te sê, dit was 'n openbaring om die onderliggende kant van die dames-wetenskaplikes van nader te besigtig.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 23/12/2022 - 09:33

Om die minste te sê, dit was 'n openbaring om die onderliggende kant van die dames-wetenskaplikes van nader te besigtig.

.......en kon nie meer mooi konsentreer op die konferensie nie. LMGA

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/12/2022 - 13:30

Ek ken nie hom nie, maar sy tipe. Die lewensredders neem mos volle verantwoordelikheid vir sy kinders se veiligheid, en die stranddiensspanne vir hulle vermaak.

Hy was alleen op die strand. Ek hou nogal van Meyer, hy doen baie meer as net die Buffelsfontein advertensies. Hy het nogal ‘n lekker kookprogram op YouTube genaamd Rook en Drink. Gaan loer gerus. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/12/2022 - 16:45

Middag Chris S

Ekskuus man, ek dog jy tower somer 'n fiktiewe naam en persoonlikheid aan die persoon in die foto, op.

Daarom het ek pertinent genoem, "ek ken hom nie...."

Ek vra dus omverskoning omdat ek jou vriend indirek, onwetend verkeerdelik gebrandmerk het.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/12/2022 - 18:49

Ek vra dus omverskoning omdat ek jou vriend indirek, onwetend verkeerdelik gebrandmerk het.  

Geen verskoning nodig nie. Hy is ook nie ‘n vriend van my nie. Soms is konteks net nodig om die werklike omstandighede te verduidelik. yes 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/12/2022 - 18:59

Dit was vanoggend weer warm en bedompig. Ons is strand toe en het lekker gespeel. Ek kon selfs kans kry om met my ou lyfplank van skool ‘n paar golwe te ry. Terwyl ek daar agter rondhang en wag vir ‘n golf, sien ek iets dryf in ‘n deining so 10m van my af. Toe ek mooi kyk sien ek dis ‘n lekker groot jellievis. Hier was gister ‘n hele paar bloublasies na die wind van eergister, en ‘n paar slagoffers van hulle. Die lewensredders het darem ‘n ammoniak mengsel gehad vir behandeling, en ons gesin het nog nie deurgeloop nie.
 

Ons buurman agter ons en sy vrou was ook in die see saam met my. Hulle seuntjies is min of meer so oud soos ons kinders, en hulle vriende ‘n paar staanplekke van ons af se dogtertjies ook. Die klomp speel dus lekker saam, en ons maak so beurte om die troppie saam strand toe te vat as van die ouers nog nie reg is nie, of die kleintjies in die branders op te pas.
 

Ons buurman het gister probeer visvang, en met ‘n hommeltuig oor die see gevlieg om te kyk of hy vis sien. Hy vertel toe dat daar ‘n hele klompie hamerkop haaie rondswem net agter die lyn waar die golwe begin. Gister en vandag het ons ook ‘n paar keer dolfyne gesien. Hulle het vandag sommer naby aan die swemmers baljaar terwyl ons op die strand was. 
 

Dis swaar om te dink dat ons nog net vier aande hier oor het…

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/12/2022 - 22:03

Ek verkies om Oujaar tuis te wees. Verlede jaar in Karoo NP was dit al 22:00 tjoepstil in die kampterrein, maar na die vorige stel wat ek afgetrap het in Bontebok NP wil ek nie 2023 daar tegemoet gaan nie. Al is daar nie weer so groep nie, is die geraas van die plakkerskamp tussen daar en Swellendam reeds te veel op ‘n gewone aand. Ek verkies mos natuurgeluide. Daarom dat ek so lekker staan (en slaap) hier. Die see maak ‘n helse lawaai. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 24/12/2022 - 07:48

Môre Chris S

Ek het groot respek vir haaie. Dus, ek pla hulle nie in die branders nie, en hulle moet my los op die sand.

Ek onthou van kindertyd dat ons soms haaie gehad het by Hartenbos. Blykbaar vreet hulle te lekker aan die robbe wat hou by daai klein eilandjie.

Gebruik die lewensredders deesdae hommeltuie om vir haai te bespied?? Klink na 'n goeie idee.

Sterkte met die afbreek en oppak. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 25/12/2022 - 13:30

Ons kersvarkie kom mooi aan. Geseënde Christusfees vir almal. 
 

A

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 25/12/2022 - 21:40

Ek het ‘n hekel aan Kersfees. Eintlik aan die manier waarop dit vir die verkeerde redes ge”vier” word. Ek haat ook die aanloop daartoe in winkels en in die media. Ek kom uit ‘n gesin waar ons nie vir mekaar kersgeskenke gegee het nie, want dis nie waaroor Kersfees gaan nie. Dit net ter agtergrond. 
 

Hier by Dwarswegstrand word daar elke 24 Desember ‘n kersboom gehou by een van die huise in die aangrensende buurt. Dis altyd by dieselfde huis, en toe nuwe eienaars dit gekoop het ‘n aantal jare gelede is hulle ingelig dat hulle nie Oukersaand mense mag nooi vir ‘n braai of nie by die huis mag wees nie. Hier onder is ‘n foto van gisteraand s’n. Dis ‘n geleentheid wat al van 1986 af jaarliks plaasvind hier. Almal kom bymekaar, sing Christelike liedjies, en ontvang ‘n boodskap oor die ware rede vir Kersfees. Dis werklik spesiaal, en ‘n pragtige manier om gereed te maak vir Kersfees die volgende dag.

A

Dit het weer taamlik gereën oornag, en vanoggend was dit koel en winderig. Later het dit weer effens gereën. Ons kon darem die varkribbetjie en eisbein van Joey’s braai en lekker eet. Dit was egter meestal baie koud vir 25 Desember, en ons was nie strand toe nie. Van die kampeerders het al vanmiddag stuk-stuk begin oppak, want ons almal moet 27 Desember om 10:00 hier uit wees. Dit het my aan die dink gesit toe ek vanmiddag na die see sit en kyk. 
 

Ek raak so half op my senuwees en effens hartseer as ek weet ‘n vakansie is amper verby. Terwyl mens hier is, en daar is nog dae oor, geniet jy dit maar net en dink nie aan die einde nie. Dan is die einde skielik op jou, en raak jy bewoë. Toe ek so daaraan dink, vergelyk ek dit met die lewe. 
 

Mens leef elke dag, sonder om te weet wanneer die lewe verby gaan wees. ‘n Vakansie het ‘n vooruitsig, ‘n begin, ‘n verloop, en ‘n einde. Mens weet vooraf wanneer dit alles gaan gebeur. Tog kry mens dit nie altyd reg om jou voor te berei op die onderskeie fases nie. Desnieteenstaande, weet jy wat voorlê tydens elke fase. 
 

Die lewe werk nie so nie. Ja, ons almal weet daar is ‘n begin, ‘n verloop, en ‘n einde. Maar ons weet nie wanneer laasgenoemde is nie, en kan dus nie voorberei daarop nie. Terwyl ek vir die see sit en kyk vanmiddag, tref dit my dat amper alles in die lewe siklies is, behalwe die lewe self. 
 

Die seisoene kom en gaan en word herhaal, die fases van die maan ook, golwe kom in stelle van ‘n bepaalde aantal, getye gaan op en af, die son kom op en gaan onder, en die lengte van dae word in ‘n siklus herhaal. Selfs mensgemaakte goed soos die ekonomie loop in siklusse. 
 

Twee dinge is egter ‘n uitsondering op die reël; tyd en energie. Lg kry ons op ‘n daaglikse basis van die son - die bron van alle energie op aarde. Tyd verloop eenvoudig. Dit kom, en dit gaan, en so hou dit aan. Terwyl ek so na die oseaan se sikliese aard sit en kyk vanmiddag, en nadink oor al die goed, kom ek weer tot die besef. Ons moet die meeste maak van elke oomblik wat vir ons gegun word, en so probeer leef dat ons geen spyt het oor enige tydperk wat afgeloop het nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 25/12/2022 - 21:54

Nog iets wat ek vandag besef het is dat mens nie naby aan die klimraam moet kampeer hier nie. Die kinders veroorsaak met tye ‘n kakofonie daar. Gelukkig is ons ver genoeg daarvandaan en naby genoeg aan die see dat ons dit nie hoor nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/12/2022 - 06:02

Môre Chris S

Dankie vir die inset. 

1] Al die "nie's" daarin maak my deurmekaar. Word van die tersaaklike huiseienaar verwag om [a] nie by sy huis te wees nie, of dat hy wel sy plek beskikbaar sal stel. [b] mag hy kuiergaste onthaal  of nie. 

Dit mag 'n mooi versoek wees, maar ek sou mooi daaroor dink, en eslis nie daarvan hou as dit op my as huiseienaar afgedwing word nie.

Grens sy plek, aan die oop area waar julle almal bymekaar gekom het, of is dit die huis se tuin ? 

2] Juis die onbekende oor die einde van elkeen se lewe, is 'n groot waarheid. Om te leef in volheid vir jou geliefdes is so belangrik, maar meer nog, het Jesus aarde toe gekom en gesterf, ook vir my eie sondes. Het ek Hom as my persoonlike Saligmaker aangeneem. Terwyl ons kans het, moet ons dit aangryp. 

Ek het jare gelede vir 'n kollega wat gediagnoseer was met kanker gesê, dat hy gelukkig is om 'n waarskuwing te kry. Hy kan sy lewe regmaak, in alle opsigte, ook met sy naastes. Ons gesondes leef soms roekeloos, want ons dink mos, aag daar is nog baie tyd. 

Nou het jy my ook sommer in 'n bepeinsende bui, en ek hoef nie eers 'n kampeerplek af te breek nie. My grootste bekommernis is of my watertenk dit gaan maak totdat die stadsraad weer water kan voorsien.   

 

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus