Ek hoop iemand sal kan help. Ek en my vrou is pensioenarisse sedert Desember 2022. Ons droom was altyd om na aftrede met 'n kampeerwa (Camper) al die plekke in SA en Namibië, waar ons nog nooit was nie, te besoek. Maar ongelukkig is sy nou rolstoelgebonde, en daar is geen rolstoeltoeganglike kampeerwa in SA waarvan ek weet nie. Selfs die Mobi Lodge is nie rostoeltoeganklik nie, en is boonop onbekostigbaar. Sy gebruik boonop 'n stoel wat amper 100kg weeg.
Ek het laasjaar 'n VW Kombi T6 gekoop en 'n rolstoelhyser by een sydeur laat installeer, en 'n draaisitplek. So, wiele is uitgesorteer. Nou kort ek slaapplek en bad/stortplek. Ek is besig om 'n dubbelbed vir die agterkant te ontwerp, miskien is daar iemand hier wat dit dalk al gedoen het?
Dan wil ek ook weet of daar 'n webwerf is wat staanplekke met rolstoelvriendelike badkamers lys? Sê maar tussen Pretoria en Kaapstad? Dan kan ons 'n sleepwa haak, tasse ens. in de wa laai en ry. Solank sy iewers kan stort sal ek regkom met slaapplek.
Anton...
Naand Anton en alle forumlede
Ons sal BESLIS ons resensies van oorde moet verbeter, om rolstoel-toeganklikheid aan te spreek.
Tweedens moet almal nou hulle geheue laat gaan en dink aan oorde waar ons al gestaan het wat voorsiening maak vir rolstoele.
Die beste is seker by gebrek aan info, om maar die oorde te bel en te vra.
1]Reynecke park- Bloemfontein: staanplekke het eie ablusie gerief, plat op die grond, maar of die deur wyd genoeg is, ek weet nie.
2]Aventura Gariep -- ook eie ablusie, op die grond, maar die binnekant is knap.
3] Onrus--Hermanus: beslis toeganklik vir rolstoel, met aparte fasiliteite.
Kan ek reghelp Wessel…
Kan ek reghelp Wessel. Privaat ablusies is nie geskik vir mense in wielstoele nie.
Jy sal sien dat daar is spesiale handgrepe ingebou is, die krane het ander "levers", die stort het n ingeboude opslaan stoel met die stortkop op n handvatsel. Dan sal die vloer ook sonder drumpel wees met n sentrale drein wat die hele vloer bedien. Die toilette is effe opgebou. Skuus ek weet nie hoe om hoegir met die kolletjies te tik nie.
Die maatskappy wat die toerusting spesiaal vervaardig word 'The chairman" genoem en deur mense in wielstoele bedryf, baie hoe kwaliteit, en hand vervaardig.
Daar is my stukkie useless vir die dag.![]()
Rolstoel-toeganklik ...
Ek weet Dinokeng Resort het ook rolstoe badkamers.
Daar is baie kamp verwant groepe op fb en dalk kan dit julle ook help.
Wessel,
Ons sal BESLIS ons resensies van oorde moet verbeter, om rolstoel-toeganklikheid aan te spreek.
Dit sal help, maar ek wens meer wil net die oorde waar daar gekamp word vir ons resensie kom doen la was daar reeds meer as een resensie want elke een ondervind dit verskillend.
neef Herman se les ...
🤫
Skuus ek weet nie hoe om hoegir met die kolletjies te tik nie.
Herman hou net jou vinger 'n paar selkondes op die "e" dan sal hy nog 'n klomp oop maak waar jy dan die regte "ë ê é è ə ę" kies. 😉
Kom ons kyk Willem. Ek…
Kom ons kyk Willem.
Ek probeer hoeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeer spel. My selfoon werk soos jy vertel, maar nie die klein laptoppie nie. Dit is dieselfde model wat skoliere gebruik
Ek het ook gesien dat…
Ek het ook gesien dat Weesgerus rolstoel geriewe by die swembaddens het...
Herman,Selekteer die ikon…
Herman,
Selekteer die ikon hieronder, die "special characters" sal dan opkom en dan selekteer jy dit.
Sover ek kan onthou is…
Sover ek kan onthou is Bosveld oase ook rolstoel vriendelik. Hulle is egter net naweke oop en dan gedurende vakansie tye.
so leer ons....
Môre vriende, en Herman
Jou regsteling is baie insiggewend. Dit wys jou net hoe onoplettend ek is. Ek het met my doekvoet laasjaar in Onrus daarvan gebruik gemaak, MAAR nie die essensiële detail waargeneem nie.
My kop het net anders, of blykbaar gladnie, gisteraand gewerk. Ek het gedink vanuit die oogpunt van privaat, en dat persoon dan met hulp die geriewe kan gebruik.
Ek wonder skielik hoeveel oorde beskik oor sulke fasiliteite, en hoeveel se webblaaie spreek dit aan. Ek vermoed dat alle SANPARKE en Aventura oorde dit het.
Herman: probeer op laptoppie "alt ingehou 137" vir [ë]
" alt ingehou 136" vir [ê]
Anton
Môre Anton
Dankie, nou sal dit ons dwing om oplettend te wees, en om dit tot voordeel van almal te rapporteer.
As 'n afgetredene wonder ek skielik of die groep "Senior kampers" sulke detail beskikbaar het. Ek hou mos nie van sulke "labels" nie. Wat maak my 'n senior, aantal kampeer-jare, aantal kilometers gereis of my ouderdom of bles ?? Dis nou komende van 'n Herfsblaarbende lid
Baie dankie
Ek waardeer julle moeite. Uit my ondervinding, die volgende (ek kort rolstoelvroendelik af na rv):
1. RV vir iemand in 'n gewone rolstoel beteken nie dieselfde as rv vir iemand in 'n elektriese rolstoel nie. 'n Gewone rolstoel kan"flip" en bv. oor 'n lae trap kom. 'n Elektriese stoel weeg 100kg op sy eie.
2. Die stort moet 'n inloopstort wees met "grab handles" Gewoonlik word die persoon in 'n commode gelaai en in die stort ingestoot.
Resensies sal fantasties wees, maar as dit moontlik is, kan die antw iets wees soos Ja elek en Ja gewoon of Ja beide of so iets? Ons het al geleer dat gastehuise wat sê hulle is rv, nie regtig rv is nie.
Laastens, ek het al gewonder of daar nie vir iemand 'n besigheidsgeleentheid is om 'n liggewig mobiele badkamer met alles wat nodig is te bou en te verkoop? Met 'n opvoubare ramp by die deur, gas geyser, porta pottie ens. Dalk is dit die beste opsie.
Mobiele badkamer ...
Maniefer, ek kan vir jou 'n vriend se nommer gee wat pad waantjies bou maar nie een wat jy by jou kamp kan opslaan nie.
Laastens, ek het al gewonder of daar nie vir iemand 'n besigheidsgeleentheid is om 'n liggewig mobiele badkamer met alles wat nodig is te bou en te verkoop? Met 'n opvoubare ramp by die deur, gas geyser, porta pottie ens. Dalk is dit die beste opsie.
Mobiele badkamer ??
Môre Manie
Hoe wil jy so 'n mobiele badkamer gebruik.??
1] slegs om dit by jou huis te gebruik, in plaas van geweldige veranderings aan jou huis
2] letterlik saam te sleep met vakansie, soos ' woonwa.
Die vraag is natuurlik, wat is die markbehoefte om 'n volskaalse besigheid uit so iets te regverdig. Ek gaan toevallig môre na 'n besigheid wat ook boswaens bou, en die persoon bou doelgemaakte sleepwaentjies vir belangstellendes. Ek sal hom pols hieromtrent.
Bontebok Nasionale Park
Daar is ‘n RV badkamer, maar dis binne die groter ablusie (dit het nie ‘n aparte toegang van buite nie). As jy dus saam met jou vrou moet ingaan om haar te help gaan die lol.
Nasionale Parke se inligting
Hier is ‘n beskrywing van elk van die nasionale parke.
Nog inligting
Hierdie webwerf het goeie inligting, maar lyk nie of kampering gedek word nie. Dalk kan hulle versoek word om dit by te voeg.





Hello maniefer, hoop ek dit…
Hello maniefer, hoop ek dit reg geskryf.
Ons kamp nie so wyd soos baie hier nie, maar kan vertel dat Karoo Nasionale Park rolstoelvriendelike ablusies het, die is apart van die groot ablusieblok, met eie ingang. As ek reg onthou is die restaurant ook toeganklik. Die kampeerterrein is baie gelyk, so mobiliteit behoort maklik te wees.