Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Nutts and Bolts

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on

Hello maters.

Ek dreig al jare om die Nutts and Bolts ralleys te doen, maar was nog nie heeltemal toegewyd nie. Nou met die twak wat oor my lewe gekom het,is dit regtig tyd.

Ek soek al n wyle vir n bussie, want die gedagte is om so span maters saam te neem waneer n trip gedoen word. En nou is daar n 2,1 VW combi in Johannesburg suid se tak van We buy cars.

Dit is n goedkoop ryding, R32 000. die Decra toets lyk goed, en ek wil dit graag aanskaf. Is daar iemand wat in die area woon wat net so vinnig kan loer vir my. Sal dit baie waardeer.

Groetnis.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/02/2023 - 07:25

Môre Herman

Jy het omtrent lus vir speel nê!! Ek het gou gaan loer na die saamtrekke, en die fondse gaan werklik vir 'n goeie doel.

Sommer nuuskierig,

1] wat het van daai BMW geword waaroor jy al hier fotos gewys het. Ek dog dis vir die rally dat jy dit aangeskaf het.

2] kan jy nie nader aan jou 'n Kombi opspoor nie?

Ongelukkig is ek tegnies gestrem en sal nie 'n waardevolle inspeksie kan doen nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 09/02/2023 - 08:55

Hello Wessel.

1] Die BMW het ek aan die loop gekry, remme oorgedoen, en toe gevind dat die voorste suspensie verkrag is. Dit het die Mc Phereson tipe, en om dit te vervang was astronomies duur. Dit het n huis gevind waar dit as skenker gebruik word.

2] Die Nuts and Bolts vra dat jou kar ouer as 30 jaar is, ek staan onder korreksie, so kandidate is maar dun gesaai. Die een lyk heel goed en die prys is puik R32k.

3] Daar is n tegniese verslag van die voertuig by die advertensie, en dit is heel aanvaarbaar. Al wat ek bendig is vir iemand om te gaan toetsbestuur. So tegniese kennis is nie nodig nie. So jy sal deug my ou maat.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 09/02/2023 - 14:44

En daar word ek voorgespring. Nou net verkoop. Sal aanhou soek, en as iemnd iets raakloop laat weet asb.

Die reels om deel te neem is; moet voor 1990 vervaardig wees, so minstens 30 jaar oud, en die prys moet nie meer as R30 000,00 wees nie. So eintlik n Jaloppie, maar moet nog kan ry. 

Dan moet die ryding karakter geggee word. Ek sien party is vol stickers geplak, ander het n Jerrykan op dak vir petroltek en n geswysde dakrak. klomp idees.

My plan was om onder andere n dak- dek op te sit, met n leer sodat mens bo-op die dak kan sit onder n paar strandsambrele en n dop steek, en n vleisie in die weber te doen. Die bus wil ek Rasta kleure verf, ek hou nogal van Reggea musiek, maar rook nie self pappegaaislaai nie.

n Ou Hi Ace of Mazda Marathon, of Mitsubishi het ook n bussie gemaak, sal almal doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/02/2023 - 16:34

Herman, doen navraag by die taxi staanplekke. Heel moontlik kan jy via hulle hoor van 'n redelike gebruikte, aaptwak stinkend, bussie. 

Ontsmet die ding net volgens COVID en AIDS protokol, en siedaar!!!! Ek is seker Yvonne sal help om sitplekoortreksels te hekel, of met laslappie kombers oor te trek. 

Kontak die plaaslike SANTAM agent vir 'n borgskap, en sommer 'n paar sambreeltjies ook. 

As jy gaan skillies braai op die dak, gaan jy baie vinnig 'n groot aanhang trek, teen 'n opklim[toegangs] fooi.  

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 09/02/2023 - 16:39

Herman, nie geweet jy hou van Reggae nie.  My gunsteling is Toots and the Maytals en ook Burning Spear.    Ek sal met party geleenthede 'n twakkie vat -   maar dan is ek gewoonlik useless.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 09/02/2023 - 17:03

Begin by Windmeul buite Wellington/Paarl en toe deur Ceres, Tankwa, Cederberg, Calvinia, Middelpos, Sutherland, Merweville en terug Ceres toe via Matjiesfontein. 
 

Dit was vrek lekker, maar party mense het die drinkery bietjie onveilig hanteer. Sommer met die wegspring elke oggend begin en die drywer drink saam. Meestal egter ‘n lekker klomp mense en rygoed en almal help mekaar mooi. Daar het gereeld ‘n braai uitgebreek om elke hoek en draai. Hier is ons Passat waarmee ons gery het. Ons span se naam was Star Wors. 
 

A

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 09/02/2023 - 18:30

Ek sal met party geleenthede 'n twakkie vat -   maar dan is ek gewoonlik useless.

Ek aanvaar jy praat nie van ‘n Gunston nie.  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/02/2023 - 19:43

.... is na Gunston, Boxer of iets dergeliks wat wettiglik beskikbaar is, verwys.

Chris S: Jou waarneming oor die drank misbruik laat 'n effe wrang smaak in my mond.  Dis so jammer dat geleenthede wat werklik 'n goeie doel/saak ondersteun, deur indiwidue ontsier word, en dit 'n slegte etiket gee.

Dit wil voorkom of sulke gedrag deesdae, selfs onder my eie bevolkingsgroep, oral begin kop uitsteek.   

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 10/02/2023 - 05:44

Hier is ons Passat waarmee ons gery het. Ons span se naam was Star Wors. 

Was hierdie 5 silinder Passat. Op die agtergrond lyk dit nou 'n  Audi. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/02/2023 - 06:29

Môre Hennie

Nee man, kyk mooi dit is 'n Mercedes Benz in die agtergrond

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 10/02/2023 - 07:47

Vanoggend oppad werk toe gesien. Die omies is seker oppad na die George motorskou toe. Oom Neef is naby genoeg om ook daar te gaan inloer. 
 

A

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 10/02/2023 - 07:58

Dan moet die ryding karakter geggee word. Ek sien party is vol stickers geplak, 

Die Passat waarmee ons gery het was my vriend s’n en was in top kondisie. Hy het dit na die rally aan een van sy werknemers verkoop, maar wou dit nie opmors nie. Om dit te versier het ek ‘n stensil met ons Star Wors logo uit karton gesny. Ons het dit op die kar gespuitverf met verf wat kan afwas. Na die tyd het ek dit maklik met ‘n drukspuit afgewas. 
 

Ons het ook ‘n klomp snaakse prentjies en foto’s uitgedruk op gewone drukker papier, en met melk op die kar geplak. Dit werk soos ‘n bom, en haal maklik weer af sonder om merke en gom agter te laat. Ek het dit geleer uit tuisbrou. Dis ‘n maklike manier om etikette vir jou bottels te maak wat weer sonder gemors verwyder na die tyd

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 10/02/2023 - 08:08

Nee man, kyk mooi dit is 'n Mercedes Benz in die agtergrond

Vier van my vriend se vriende het saam op die rally gegaan met ou Mercedes 280’s. Hulle het twee van die karre gehuur by ‘n ou in die Kaap wat ‘n klomp van die goed het. Die een se skokbreker het deur die wiel boog (waaraan dit gemonteer was in daardie karre) gedruk aan die bokant,  op ‘n sinkplaat pad iewers tussen Middelpos en Sutherland. Ons het dit met ‘n stuk bloudraad wat aan ‘n ou heiningpaal  langs die pad gehang het vas gewoel, en hulle het die rally so voltooi. Gelukkig is die vriend saam met wie ek gery het ‘n werktuigkundige. Hy het ‘n paar ander manne wat langs die pad gaan staan het ook gehelp. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/02/2023 - 13:09

Middag Herman

Het jy vordering gemaak met die aanskaf van n voertuig vir die tydren??

Hoeveel keer in 'n jaar word die Nuts & Bolts aangebied?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 14/02/2023 - 14:11

Daar is nie n koorsagtige haas nie Wessel. Die regte voertuig sal sy verskyning maak, op sy tyd.

Daar is die "Bul run" ook, en ek is nie seker van hoe gereeld die rally is nie.Nutts and Bolts het 6 events vir die jaar waarvan twee net 1 dag events is, Jy kan opsoek deur Nutts and Bolts dates 2023 te tik op soekenjin.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus