Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Parlementêre chaos

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on

Gegewe die gebrek aan kamp-geselsonderwerpe, kan ons miskien die pot 'n bietjie roer deur te gesels oor Donderdagaand se chaos in die Kaapstad Stadsaal wat goedgunstiglik deur die DA-beheerde Stadsraad tot die regering se beskikking gestel is.  Die DA-primier en die DA-burgemeester het trots die geleentheid bygewoon waar die pragtige stadsaal en netjiese omgewing gepryk het vir die Staatsrede  -  'n toonbeeld van uitnemendheid.

Teen hierdie tyd is dit ou nuus wat gebeur het en wat ons land tot skande strek, gebeeldsend oor die hele wêreld om vir ons sirkus te lag.

Sonder om polities 'n persoonlike mening uit te spreek oor die inhoud van die Staatsrede, hier is my indruk van die chaotiese gebeure :-

  • Dis fantasties dat die Speaker sekerheidpersoneel en die polisie ingeroep het om die ongedissiplineerde belhamels, hardhandig uit die gebou te verwyder - beskaafde mense tree nie so op nie.  Die EFF verteenwoordig 'n druppel in die bevolkings-emmer en kan nie die res van die bevolking ontneem van 'n demokratiese reg om na 'n Staatsrede (of jy daarmee saamstem of nie) te luister nie.
  • My (weer eens) grootste teleurstelling was John Steenhuisen van die DA se kritiek deur middel van " 'n punt van orde"  op  die Speaker wat die sekerheidspersoneel en die polisie ingeroep het.  Ai tog, hierdie man is 'n verleentheid vir die DA en ek hoop dr Phalatsi (voormalige burgemeester van Johannesburg) gaan hom binnekort vervang.
  • Ek behoort aan geen politieke party nie, maar dr Groenewald van dieVF Plus het my beïindruk deur die Speaker en die sekerheidspersoneel geluk te wens met hul uitboenderende optrede.

Nouja, ek het my sê gesê.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/02/2023 - 06:21

absolute skande. Soos gister al vermeld, ek kon net 'n kwartier daarna kyk. Groot was my verbasing toe ek 'n uur later weer inskakel en die ordelike staatsrede sien.

1] Ek respekteer die Speaker vir haar kalm, ferm optrede. Wel, sy was voorbereid en vooraf gewaarsku dat die rooi keppies beplan het om ontwrigting te saai.

2] Die DA-leier het my werklik verbaas met sy gatkruip houding en punt van orde. Ek wonder wat hy wou bereik.

3] Ek het nie die sirkus volledig gevolg nie, dus weet ek nie wanneer Dr Groenewald sy opmerking van ondersteuning aan die Speaker gemaak het nie. Ek stem egter heelhartig met hom saam. Die openlike tarting, barbaarse oprede van die rooi babamussies moet in die bek geruk word.

Wat my egter bekommer, is die feit dat die sogenaamde reëlboek van parlementêre optrede, ruimte skep vir sulke optredes. Daar moet met 'n staatsrede GEEN punte van orde toegelaat word nie. Daar mag wel tyd toegelaat word vir vrae, na die tyd. Die hele prosessie maak wel daarvoor voorsiening. 

Dis hoog tyd dat dissipline en orde terugkeer in die land. Hier verwys ek na 'n ingryping en staak van, openbare betogings wat hand uitruk, en my vrye vreedsame beweging op openbare paaie aan bande lê.   

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 11/02/2023 - 08:22

Never gonna happen🤺🤼🤸‍♀️

Dis hoog tyd dat dissipline en orde terugkeer in die land. Hier verwys ek na 'n ingryping en staak van, openbare betogings wat hand uitruk, en my vrye vreedsame beweging op openbare paaie aan bande lê.   

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 11/02/2023 - 11:42

 Stem saam met Len dat Steenhuis vervang moet word met Dr. Phalatsi. Dan sal die DA groei en baie beter doen en hopelik is al die ko-alisies nie nodig nie.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 12/02/2023 - 11:19

Ek het genoeg "chaos" Woensdag aand tot nou gehad en gelukkig is daar geen TV in ICU nie. 👏🏻👍🏻

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 13/02/2023 - 07:40

Dink wat Donderdag aand duidelik gewys het is dat die land nou op die glibberige afdraande oppad piesang republiek toe is met min hoop vir 'n omkeer? Oros mannetjie wys al vir 'n klompie jare dat hy en sy bende eintlik geen beleid van enige aard het nie. Al wat hy het om aan te bied is geweld en chaos...en met die Gautengse ANC onder Lesufi wat nou saam met hom in die bed wil klim lyk dit maar donker vir Gauteng. Met John van die Desparate Alliance (soos Pollux na hulle verwys) se dinge na Donderdag weet ek nie of ek weer vir hulle sal stem nie. Ek begin glo dat hulle enigste bietjie talent met die vermoeë om te kan regeer in die W Kaap is, selfs daar is daar duidelik groter wordende krake te bespeur. Die DA in die Gautengse metro's regeer basies net so vrot as die ANC voor hulle....duidelik dat hier bo maar bitter min talent is om dit om te keer. Ek sou nie veel hoop op die ex-Johannesburg burgermeester as moontlike nuwe DA leier plaas nie, verstaan uit media berigte dat sy geweldig ambisieus is en dit voorspel gewoonlik groot probleme vorentoe. In tussentyd sit ons nog met 'n prez wat al te veel aan Piet "Promises" Koornhof herinner, baie beloftes en geen aksie nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/02/2023 - 07:47

Môre 

Jy vat my nou vêr terug in die verlede in. Piet Promise Koornhof en sy beloftes. O ja, die man het mos ook 'n regte WP oorstoot drie gedruk, as ek reg onthou. O wat 'n skande op die "vlekkelose" NP.

Nou het jy so mismoedig, ek gaan staan sommer buite en reen nat.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 13/02/2023 - 08:02

Hier is nog 'n stukkie "positiewe" nuus...Die Business Day van 9 Februarie se redaksionele artikel opskrif:

EDITORIAL: SA is uninvestable right now, but that can change

Ek het dit eerstehands dat van die groot mynhuise in die land heelwat projekte "on hold" geplaas het as deel van hulle voorspelling dat ons oppad is na 'n groot weredwye resessie...darem positief dat baie van die projekte (nog nie) gekanselleer is nie, en slegs vir nou water trap en dat ons nie alleen is wat dit aanbetref nie, behalwe dat die soort ding ons gewoonlik baie harder slaan as ander lande. Sien Wessel, ek is ook (baie bietjie!) positiefwink 

 

 

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 13/02/2023 - 11:43

Sou die rooi pette aan bewind kom sal die land vinnig tot stilstand kom en niks meer oorbly nie hulle bou niks op nie breek net af 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus