Ons gaan die lang naweek van 17 tot 21 Maart die jaar na Jabuweni oord naby Nylstroon kamp, my kleinseun gaan op 'n rugby kamp daar, en oupa-hulle gaan saam.
Op die internet lyk dit baie mooi, dit gaan my eerste besoek daar wees.
Jabuweni
Gaan sommer die kaart hier op die eerste inset plaas.

Willem.....
Môre vriend
..... skuif daai leesbril reg, Johann seg mos, Nylstroom in sy inleiding.![]()
Ek het ook gesukkel met hulle webblad. Ek kon nie agterkom of dit normaalweg oop en beskikbaar is Wessel, Willem en Geert nie.
Bogenoemde sommer forum verdraaiing vir spreekwoord---Piet, Paul en Klaas. .
Weddel ...
..... skuif daai leesbril reg, Johann seg mos, Nylstroom in sy inleiding.
Ja sal moet ![]()
Het gesien dit is daar anderkant Warmbad.

Jubaweni
Nou ja, ons tyd het aangebreek vir die kamp.
Penta is gewas en gereed, vandag gou die vars produkte (bederfbare) inpak en dan more oggend so 08:00 se kant wil ek hier ry.
Kleinseun ry saam met sy span maats met die skool se bus en speel sy eerste wedstryd al reeds 15:00, ons hoop om betyds te wees, als hang af van die verkeer op 'n Vrydag (lang naweek?) op daai R59 en dan die N1 tot by Kranskop tol hek.
als hang af van die verkeer…
als hang af van die verkeer op 'n Vrydag (lang naweek?) op daai R59 en dan die N1 tot by Kranskop tol hek.
Sterkte met daai verkeer. Eerder jy as ek.
Ons ry môreoggend so om en by 4:30, rigting Kaap. Kan nie meer wag nie. Behoort so 17:00 by Dwarswegstrand te wees. Nee, ek sleep net my Venter en nie karavaan.
Môre Hennie, julle moet…
Môre Hennie, julle moet veilig sleep, o nee jy sleep mos nie, geniet Dwarsweg.
Dankie, ons sal.
Padkaart na Jubaweni-oord
Dankie Willem vir die plasing van 'n padkaart na hierdie (vir my) onbekende oord.
Dit sal eintlik baie gaaf wees as so 'n kaart altyd geplaas kan word sodat lesers op die forum kan sien waar hang ons ouens uit.
Middag Len, as ek daar kom…
Middag Len, as ek daar kom en hulle het kaarte, sal ek dit hier plaas. Het wel al 'n e-pos vir Admin gestuur om te vra dat die oord gelys word, vir gradering ens.
Dit is ook vir ons 'n onbekende plek, sien baie daarna uit om dit te gaan ervaar. Volgens google is dit so 50 km van Nylstroom af. As jy links draai van die Kranskop af rit na Nylstroom, moet jy nou regs draai na Jabuweni, dan met die R33, dan met die R516 na hulle, lyk my dit 8s oos van Nylstroom.
Lekker bosveld
Ek het grootgeword teen die noordelike hange van die Magaliesberg toe daar nog ape, bobbejane en dassies was. Die bosveld begin eintlik daar, en ons het selfs neushoringvoëls in ons tuin gekry van tyd tot tyd. Ek sou wat wou gee vir ‘n langnaweek in die bosveld, maar ek sien net so uit na Jongensfontein. Geniet julle naweek en die sport Johann. En ry veilig!





Jubaweni oord ...
Lyk goed 👍🏻
Sien hulle sê in Limpopo, naby watter dorp ?