Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -14 minutes ago
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -14 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -16 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -18 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago

Kampeer rondom Oudtshoorn

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Ek het so bietjie gegoogle oor oorde rondom Oudtshoorn. Ons wil moontlik oor kersfees daar kampeer vir paar aande.  Die beste reviews wat ek ek kon opspoor kom vanaf Kleinplaas in die dorp. Daar is egter 2 ander wat my oog trek volgens fotos, maar is maar huiwerig. Die een is Cango Mountain resort....dit lyk mooi daar, maar by navraag sê oord hulle maak nie kampeer besprekings nie, toegang is op 1st come 1st serve basis....sy sê daars altyd plek, hul was nog nooit vol nie {Dit laat my wonder hoekom nie} Dan die ander een is DE Hoek....dit lyk baie mooi daar, maar op hul website is daar fotos waar daar hordes tente per staanplek opgeslaan is met onder ander taxi's tussen in....kan net dink dis n lawaai en onaangenaam as dit so is. Is daar van julle wat al oor Kersfees hier kampeer het wat aanbeveling kan maak....selfs as daar iets anders is in omgewing, sal voorstel welkom wees

Wynand Venter

Tue, 07/02/2023 - 17:52

Vergeet van Cango Mountain Resort. En los maar De Hoek ook uit. Kleinplaas is "okay", maar Oppi Dam is 'n wenner. Laasgenoemde se staanplekke het elk hul eie privaat ablusies.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user VW

VW

Tue, 07/02/2023 - 19:15

Hallo

Jy kan gerus by Kleinplaas staan. Ons kampeer daar jaarliks oor Desember, altyd n wenner.

Oppi Dam ook baie nice, kyk na hom ook.

Oudtshoorn is n heerlike plek om te kampeer, lieflike weer, en baie sentraal teen George, Hartenbos, Mosselbaai.

Johan

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/02/2023 - 19:17

Jis mense, dis darem lekker om deel van die forum te wees. Kyk net hoe maklik leer ons van mekaar waar om te kampeer, en watter plekke om te vermy.

'n Aanbeveling van 'n forumlid is veel meer werd as 'n webblad van 'n oord.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/02/2023 - 19:20

Ek sal rondom Oudshoorn net kampeer in die winter. Ek kyk elke aand die weervoorspelling, en die somer temperature is meestal bo 30C.

Dis so jammer dat onse land, en veral Brits omgewing sulke lang warm somers het. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 08/02/2023 - 07:12

Neef Herman moet eintlik so 2 of 3  "plaasvibe" kampeerstaanplekke aanbring sodat ons nog 'n opsie het vir daardie omgewing.     Ek stel voor hy benaam dit "OuHoring" 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 08/02/2023 - 08:42

Ons het ook een Desember daar vir 'n paar dae gestaan, baie lekker maar die lokale volk kan besig raak om die swembad. (Wijan was toe nog klein)

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/02/2023 - 10:29

Môre Willem

.....teen ons Kaapse mense.? Ons is mos van nature vrolik, opgewek en oor vakansiedae so effe loslit. Dan hang ons lekker uit, uit die klere uit.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 08/02/2023 - 12:15

Wessel, niks teen dit nie 🤫🤔 net dit genoem want ek weet Geert het nie soos ek nog kind op skool nie. 👍🏻

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/02/2023 - 12:24

...ek weet almal het jou waarskuwing so tussen die lyne raakgelees, en kennis geneem.laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 13/02/2023 - 11:48

Baie dankie vir almal se terugvoering, waardeer. Ek sien Oudtshoorn en De Rust Tourism gaan ook op die karavaan skou einde Februarie in Midrand wees, sal daar ook met die mense gesels

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 18/03/2023 - 18:50

Net vir interesantheid. Ek lees afgelope week artikel oor skoonste lug in dorpe/stede in wêreld. Oudtshoorn was genoem as die plek met die skoonste lug in Suid Afrika.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/03/2023 - 20:00

skoon lug inasem as jy gewoond is aan 'n hoge swawel inhoud en sommer so 'n paar ander ongure gasse ook.

Oudshoorn se lug is sekerlik skoon omdat daar nie swaar industrië [?] en kragstasies is nie.

Ek verkies so 'n paar neutrone en langlewe elemente in my lug, veel eerder as Witbank se vuil besoedeling. laugh  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus