Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto van ablusieblok Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Geert -2 hours ago
Canyon... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -17 hours ago

ORANIA - deur Voortrekker

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kom ek toe op so 'n paar foto's af van ons oornag kamp by Orania, oppad ooskus toe.

Dit was net vir een nag, ons het deurgedruk vroeg die oggend vannaf Pretoria, een nag in Orania en toe Knysna toe die volgende dag.   

Baie aangename en heerlike opsie.  Om deur die dorpie te ry oppad kamp plek toe  is ook interressant.

Lees my Orania Resensie hier:   Orania deur Voortrekker

FREDA: Ons het vroeër die maand met mense gesels wat by Orania gekamp het.   Hulle het net goeie dinge te sê gehad daaroor.  Colin wil hê ons moet volgende jaar soontoe gaan.  Dit lyk baie mooi op jou foto's Voortrekker.

 

Pretoria

Geert

Mon, 06/02/2023 - 21:32

Ek het vanoggend met die mense by Op die Oewer karavaanpark in Orania gepraat oor n paar dae wat ons daar wou staan gedurende Desember. Die dame het gesê dat hulle so baie skade aan karavaanpark gedeelte gekry het op 16 Desember. Sy sê die karavaanpark is "verwoes" en daar is  nie sprake dat hulle dit weer gaan herstel tot n karavaanpark nie. Ek het eers gedink dit was seker die riviervlak wat so hoog opgestoot het, maar sy het gepraat van erge wind. Hulle verwys mense na karavaanpark langsaan

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/02/2023 - 06:10

Ek wou ook daar gaan staan verlede jaar, gedurende Meimaand.. 

Aan die oewer was toe al verklein na net 5 staanplekke. Die oord word herontwikkel tot hotel en oornaghuisies. Die ander oord is blykbaar NIE aan te bevele nie.

'n Beter keuse is om by Van der Kloof oord te gaan staan. Ek het daar bespreek, baie gawe mense, maar toe nooit daar uitgekom na my voet-ongeluk nie.

River side by Ritchie is nog 'n oord vir oorweging as 'n oorstaanplek.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/02/2023 - 07:46

Môre vriende

Ek het gou gaan naslaan op die forum, die plek waar ek sou oorstaan verlede jaar is SANDGAT. Johan [Lapskag] het dit vir my aanbeveel.

0
Pretoria

Geert

Tue, 07/02/2023 - 08:33

Die plek is presies langsaan....hulle praat van net n bruggie oorstap tussen die 2 plekke. Vluytjeskraal Rivierpark is die naam

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 08/02/2023 - 22:19

Daai karavaan pasrk langs Die oewer lyyk soos 'n plakkers kamp, wil nie eers betaal word om daar te gaan kamp nie

 Het ander dag daar gestop om te kyk, gehawend is 'n mooi naam vir daai plek. Besoek eerder Sandgat so paar km vandaar. 

0
Pretoria

Geert

Tue, 14/03/2023 - 09:22

Ek het vroeer die maand met die mense by Oewerpark gesels wat my verwys het na langsaan....Vluytjieskraal Rivierpark, oor die toestand van die park wat lyk soos n plakkerskap. Sy het genoem dat al die permanente kampeerders daar verwyder is....sy erken dat dit nie aantreklik gelyk het nie, en dat die oord nou baie netjies lyk....sy het gesê sy kan die park nou met ope hart vir enige iemand aanbeveel. Ons gaan nou Desember paar dae daar inloer

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 14/03/2023 - 12:58

Ek sal graag jou terugvoer wil hoor nadat julle daar was. Ons was 'n hele paar jaar gelede by Aan-die-Oewer vir een aand - en was heel beïndruk. Die ablusies was ouerig en bietjie afgeleef, maar skoon.

Ons het ook oorkant die draad gaan loer, maar dit het maar beroerd voorgekom. Ek's bly om te verneem dat iets aan die situasie gedoen word.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/04/2023 - 13:58

.....'n woonwapark meer daar nie.

Ek dink dat Aan die oewer rerig nie meer 'n woonwapark het nie. Sien my inset op 7 Feb 2023.

0
Pretoria

Geert

Wed, 05/04/2023 - 13:58

Ek het al by paar brouerye gaan inloer, onder andere in Dinokeng en in Drakensberge....die set-up lyk altyd baie aantreklik en gesellig, maar die bier is vir my gewoonlik vieslik. Hier naby my huis is ook n plek wat 6x verskillende biere brou.....jy kan dan n skinkbord bestel met klein glasies met al 6 biere wat jy kan proe.....die een was aakliger as die ander, het nie eers die laaste 2 gedrink nie. Ek moet by noem dat ek nie baie groot bier drinker is nie....as ek n bier moet drink is dit n Black Label of n Corona. Ek het self n paar jaar terug vir my n home brewery kit gekoop waar jy 20 liter bier maak....was nice om te maak, maar weereens, daai smaak was vieslik

0
Pretoria

Geert

Wed, 05/04/2023 - 14:04

Wessel. Ek gaan by daai kampeerplek langs Aan die Oewer kampeer Desember. Hulle het vir my fotos gestuur van die plek, dit lyk nou heel nice. Aan die oewer bestaan nie meer as gevolg van sterk winde 16 Desember 2022 wat bome omgewaai het en die plek beskadig het. Daar is nie sprake dat hulle karavaan park weer gaan oopmaak nie

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/04/2023 - 14:28

.... alhoewel ek ook nie 'n groot bierdrinker is nie, kon geen "craft" bier nog my smaakkliere "tickle" nie. My seun het my al verskeie "gevoer", maar gee my maar 'n bier soos ek dit ken - hetsy Castle, Castle Lite, Hansa ens. Dalk is ek maar ongekultiveerd, maar 'n Pale Ale, Wheat Beer, Blond Beer ens. smaak vir my maar k@kkerig.

Maar terug na die onderwerp. Hier staan ons een nag oor by Orania se Aan-die-Oewer op 5 Mei 2017:

Orania

Rêrig jammer dat hulle nie meer kampeerplek het nie. Maar dit is andersins 'n baie netjiese oord.

Orania

0
Pretoria

Geert

Wed, 05/04/2023 - 14:50

ChrisB. Daai bome het blykbaar almal omgewaai. Die dame by ontvangs sê vir my daar is niks meer groot bome nie. Hulle het blykbaar nou weer n klomp bome geplant, maar gaan natuurlik weer jare neem om vir ons kampeerders skaduwee  te gee.....dis nou te sê as hulle in die toekoms dit weer oopmaak vir kampeer wat hulle op die oomblik sê nie gaan gebeur nie

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/04/2023 - 15:52

Die bier proe het ek net genoem omdat hulle dit vertel in die video, self glad nie meer (lankal) 'n bier liefheber.

Dit is jammer dat hulle mense ondet wan indrukke sit want die een was baie onlangs geplaas. ☹

.

Ek het nou vir hulle gevra. 🤷🏼‍♂️

.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/04/2023 - 15:57

Middag Willem

Hulle skep nie 'n wanindruk nie. Hulle sê net niks van woonwapark nie, dus het hulle nie meer ene nie.

Onthou, hulle het vir Geert ook na naasliggende plek verwys. Vir my het hulle reguit gesê dat hulle nie meer staanplekke het nie.

0
Pretoria

Geert

Wed, 05/04/2023 - 22:50

Willem. Ek sien die Orania Beweging verwys na vloedskade en dat hulle nog hoog en droog staan, maar skade is gedoen deur wind. Ek het op 2x geleenthede gebel....eers vroeg in Februarie, toe deel die dame by Aan die Oewer my deel dat die kampeer terein verwoes is deur wind en dat hulle dit nie meer gaan herstel tot n karavaanpark nie. Ek het haar toe weer gekontak later in Maart met die hoop datdaar ander nuus was rakende kamp terein dat hulle tog gaan oop maak, maar weereens het die dame gesê: Nee. Sy het toe genoem dat hulle nuwe bome daar geplant het, maar daar is geen sprake van her-open van karavaan park nie.....weereens het sy genoem dat Fluytjieskraal langsaan die enigste kamp opsie in Orania nou is. 

Ook per epos genoem dat karavaanpark verwoes is op 06 Februarie 2023

Dankie vir die video link Willem, was lekker om te kyk.....maak my meer lus om te gaan kuier daar. Ek sal graag daai 7km met bande op rivier wil doen 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 06/04/2023 - 07:53

Geert, dit is soos ek dit het van jou vorige terugvoer.  Ek het nou jou inset vir hulle gestuur en gevra vir beter / regte terugvoering.  Kom ons kyk wat sê hulle nou. 🤞🏻

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus