Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -4 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -9 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -15 hours ago

Opspoor (tracking) stelsels

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Nie heeltemal kampverwant nie maar darem probeer ons almal ons voertuie diefwerend maak! My dogter het verlede week haar Figo ingeruil op 'n nuwe Suzuki Ignis. Die Figo het 'n Netstar eenheid ingehad maar tans kyk ons bietjie rond na wat beskikbaar is op die mark. Ek het jare lank Tracker stelsels in my voertuie gehad so het ondervinding van beide (en tot op datum geensins beindruk met Netstar nie) Van die lot het Suzuki aanbeveel om vir die Beame te gaan omrede dit geensins direk aan die voertuig se bedrading gekoppel word nie maw geen kans dat 'n slegte tegnikus die voertuig elektronika kan beskadig nie. Maar om die spul by Beame sover te kry om eerstens hulle telefone te antwoord en na 'n halfuur se gesukkel reken "Customer Care" hulle het geen benul wat die gedoente kos nie en ook nie waar die naaste installeerder aan my is nie, "but I'll put you through to Sales sir!" Na 'n paar probeerslae steeds geen sukses nie. Nou wonder mens wat dan gaan gebeur as die voertuig gesteel word? Ek het ook goed wat minder vlyend is oor die ander spelers soos CTrack en Matrix raakgelees. Ek is seker van julle forumlede het ook een of ander gedoente in julle voertuie...wat sou julle aanbeveel, en hoekom?

Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/04/2023 - 14:59

....'n Tracker stelsel.

Genadiglik nog nie nodig gewees dat hulle Grompie moet opspoor nie, dus kan ek nie hulle diens na behore evalueer nie.

Hulle het my nogal laat weet dat Grompie verlede jaar in Hermanus staan. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 12/04/2023 - 14:59

Ek het al vir paar jaar Beame op my kar. Ek het dit via my versekering laat insit, dan kry jy groot korting op maandelikse premie. Soos jy noem is dit n losstaande eenheid wat op homself funksioneer sonder om van kar se battery te neem. Jy kry n App op jou foon waar jy kan monitor of battery lewe nog sterk is. Ek het 1ste Beame reeds November 2019 ingesit en krag wys steeds voldoende. Omdat ek deur versekering werk, het ek nog nie baie te doen gehad met Beame se customer care nie, maar die handjie vol keer wat ek met hulle te doen gehad het, was dit soos jy dit ervaar het....nie baie beindruk nie. Ek kan nie sê Beame is die beste nie, want ek het nog nie die ander maatskappye se produkte gebruik nie. Glo hulle almal sal in dieselfde klas val....sou een pateties wees, sou versekering nie hul produk aanvaar het op hul polis nie

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 12/04/2023 - 15:41

‘n Kennis wat ‘n groot Landrover entoesias was, het toe GPS uitgekom het gesê jy het nie een nodig as jy ‘n Landrover ry nie. As jy verdwaal draai jy net om en volg die oliespoor terug. 

0

Ek het my my Ranger in 2019 met 'n Tracker wat vooraf deur die handelaar geinstaleer is gekoop en dus dit geaktifeer. Vlieg voorentoe na Desember 2022 waar my Ranger gesteel word en Tracker kon hom nie opspoor nie. Seker ook maar goed so want ek glo nie hy sou meer dieselfde wees nie.

Noe toe ek my nuwe Ranger kry in Februarie 2023 word ek meegedeel deur my versekeraar dat ek 'n Matrix stelsel moet instaleer wat 'n Beame insluit, dus 2 stelsels van een maatskappy. Ek het op hulle web-werf gegaan by "Contact US" en boodskap gestuur. Hulle het my geskakel benne 'n redelike tyd en gereel om die stelsel te installeer. Redelik pyn loos.

So volgens wat ek vertel is werk die Beame op 'n ander vrekwensie as die normale stelsel wat dit blykbaar moeilker maak om te "Jam" wanneer die vortuig gesteel sou word.

Vir my persoonlik instaleer ek die goed vir net 2 redes; die verseker vereis dit en ek kan my voertuig trek in regte tyd, en indien my vrou my nodig sou kry kan ek presies sien waar die motor, en hopenlik sy is.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 13/04/2023 - 15:55

Ek het hom ook in, die goedkoop een R69 dink ek, jy moet hulle bel as jou voertuig gesteel word.  Jy kan hom nie deurlopend volg nie, miskien die duurder een ? 🤷🏼‍♂️

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 13/04/2023 - 16:25

Dankie vir die insette...laat asb maar nog kom! My dogter se Figo (wat saam met Ma se voertuig 'n Netstar eenheid in het) gister gekanselleer. My ondervinding met hulle was nie te wonderlik nie. Hulle inbel sentrum het 'n agtergrond geraas wat erg is, gepraat en geskreeu van mense, toe ek die dametjie vra of dit nodig is want ek kan haar skaars hoor, reken sy dis maar hoe dit is, "its an open call centre sir" wat dit ook al beteken. Kom egter baie baie onprofessioneel oor. Maar minstens is die Figo nou gekanselleer....behalwe die SMS met kansellasie verwysings no. het nooit by my uitgekom nie, pas weer gebel (en weer die geraas moes verduur), glo weer gestuur en steeds niks nie maar darem ook die keer mondelings gekry. Wat Beame aanbetref (hulle is deel van dieselfde firma wat Matrix doen, MIXTelematics), steeds geen plesier van hulle oproep sentrum nie, selfs hulle keuse van "my voertuig is gesteel" probeer, en ook GEEN antwoord nie-dit beteken sekerlik dat sou jou voertuig wel gesteel word dit maar 'n "mog't troffe" proses is of jy die spul aan die beweeg kan kry? Tans is die Beame dus van my lys af (en daarmee saam ook Matrix). Netstar is 'n "miskien" (my ervaring met hulle toe my vorige Ranger in 2018 gesteel is was nie te wonderlik nie....die Netstar eenheid 300m verder langs die pad opgetel, Netstar was nutteloos tydens die hele gedoente). Tans het my nuwe bakkie Tracker in saam met 'n transponder of twee (tevore altyd goeie diens gekry van hulle af) maar nog nooit 'n diefstal ervaing met hulle stelsel gehad nie - was wel 'n klompie jare terug in hulle beheerkamer en kon sien hoe hulle 'n gesteelde voertuig opspoor. Terloops die versekering gee 'n reuse R5 afslag met teenoor sonder 'n opspoor eenheid! Maar soos Jacques sê is die belangriker rede vir so 'n stelsel dat mens die voertuig intyds kan volg sou my dogter ons nodig kry eerder as om die voertuig te probeer terugkry. Beame het blykbaar nie so 'n funksie nie?

0

Ja Grootwind jy is reg. Die Beame wys nie die voertuig op die "App" in regte tyd nie. Dit is blykbaar van dat dit ander vrekwensie gebruik en nie van sel tegnologie nie (Dit is hoe ek dit verstaan). Ongelukkig word die Rangers nou, soos Hilux as hoe risiko beskou en kon ek nie my nuwe Ranger verseker sonder die twee stelsels nie.

Jammer om te hoor van jou ondervinding met Matrix, myne was redelik pynloos.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus