Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -2 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -2 hours ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -3 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -5 hours ago

April - Algemene gesels

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek begin hierdie onderwerp ten einde 'n foto te plaas van ons forum se eie Neil Diamond - ala Servaas Verster. Maurits het my gevra om die foto namens hom te plaas. Hy kan self verder kommentaar lewer. Servaas is links op die foto. Ek ken hom en sy beter helfte, Martie, vanaf hulle Nedbank, Kleinmond-dae.

Servaas

More almal. Goed om van jou te hoor Harry. Dankie vir die deel van die goeie nuus.

Hi Johan/Lapskag, julle gaan Jeffreys geniet. Veilig ry en sterkte met die trekkery.

My skoonma is gister oggend oorlede en is ons op die oomblik besig met reelings vir die begrafnis. Nie baie aangenaam nie en om almal in Vryheid te kry en te akkommodeer is nogal 'n logistieke nagmerrie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 17/04/2023 - 15:14

Sterkte Servaas, dra asb my meegevoel aan die geliefdes oor.

Harry, baie lekker om weer van jou te sien, moenie so stil raak nie, geluk met die nuwe liefde. Mens is nie gebou vir allen wees nie.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 18/04/2023 - 06:06

Sterkte Servaas, dink aan julle in die tyd. Dit is nooit lekker nie. 

Geniet julle dag met 'n koppie boere troos. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/04/2023 - 07:24

Môre vriende

O gaats, kan 'n baba 'n huishouding regeer. Ek het al vergeet alles wentel om die kleintjie. Gelukkig is die ouers "hands on" 

Nou gaan ek nog die fout maak om met regeerder Pilansberg toe te gaan. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 18/04/2023 - 07:43

Môre Wessel en almal wat hier kom kuier, geniet jul dag.

Wessel dit klink mos baie lekker, my kleinseuns het albei op twee maande hul eerste inwydings kamp gehad, hulle is nou albei gesoute kampeerders en kan nie wag vir kamp nieyes

Nou gaan ek nog die fout maak om met regeerder Pilansberg toe te gaan. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 18/04/2023 - 08:29

Geniet daai regeerder Wessel. Ek verlang na die dae toe my kleinkinders nog klein was en oupa hulle "hero" was. Nou't die selfone en Playstation oupa se "hero" posisie ingeneem.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 18/04/2023 - 09:25

Ek verlang na die dae toe my kleinkinders nog klein was en oupa hulle "hero" was. Nou't die selfone en Playstation oupa se "hero" posisie ingeneem.

Selfde hier Chris, selfs Wijan. ☹  Miskien moet ons ook verander in 'n selfoon "game" 🤔.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/04/2023 - 06:31

..... die aanskoulikste Hilux advertensie wat ek lanklaas gesien gesien het.

Ek moet nou rondborstig erken, of is dit prontuit, dis vir my 'n riem onder die belt, bedoel hart, dat die dingetjie die ongerepte en naakte ongetemde wêreld aanpak met so min ondersteuning.

Baie duidelik is daai Hilux se suspensie nie verhard nie, daarom pak sy maar effentjies met die skrapse kleertjies.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 20/04/2023 - 07:08

Goeie môre vriende, Wessel al wat ek kon sien was 'n pragtige donker bril aan 'n nog mooier wit hanger, om 'n lyfie wat soos sterre skitter, weet nie van 'n Hilux niewink

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 20/04/2023 - 08:01

Pragtige goud bruin strande met die Kaapse koue waters. 🤔

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 20/04/2023 - 08:47

.... mooi bly maar mooi. Selfs die Hilux, landskap- en seetonele is ook nie sleg nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/04/2023 - 09:20

Ek moet nou rondborstig erken, of is dit prontuit, dis vir my 'n riem onder die belt, bedoel hart, dat die dingetjie die ongerepte en naakte ongetemde wêreld aanpak met so min ondersteuning.

Hoe sê die Engelse; If you’ve got it flaunt it. Of my vertaling; wees nie bang om te laat uithang.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 20/04/2023 - 09:48

Het ook gaan loer....

Eienaardig dat die lyfskote meer aandag en tyd geniet is as die omgewing, pad, Hilux en die strandstukkies . Miskien is die teikenmark gefokus op rusbankreisigers.

Moet noem, ek mis nogals die dae toe die sambreelmeisies langs die Moto Gp motorfietse gestaan het. Dit was hulle werk, net soos modelle vir fotos poseer in klein stukkies, Maar toe is besluit dit is nie aanvaarbaar nie. Skoon simpel en lagwekkend die standaarde. So as die standaarde deur die bank gehadhaaf word, moet die girl se plasings verwyder word as onwelvoeglik. En dit is nie regtig nodig nie........

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 20/04/2023 - 11:51

dis vir my 'n riem onder die belt, dat die dingetjie die ongerepte en naakte ongetemde wêreld aanpak met so min ondersteuning.

Wessel, jy het seker 'n tikfout gemaak  -  die " 'n" hierbo moes nie daar gewees het nie.  Lees die sin nou weer maar sonder die " 'n"

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus