Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -6 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -11 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -17 hours ago

April - Algemene gesels

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek begin hierdie onderwerp ten einde 'n foto te plaas van ons forum se eie Neil Diamond - ala Servaas Verster. Maurits het my gevra om die foto namens hom te plaas. Hy kan self verder kommentaar lewer. Servaas is links op die foto. Ek ken hom en sy beter helfte, Martie, vanaf hulle Nedbank, Kleinmond-dae.

Servaas

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 15/04/2023 - 19:50

.........ek het gewonder hoe lank gaan daardie wegbly-uit-Kruger Wildtuin hou en daar gebeur dit toe !  Baie bly vir julle onthalwe dat daar nou weer 'n besoekie op die horison is.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 15/04/2023 - 20:41

Ag lekker....sien sommer reeds uit na die vertellinge en beplannings te volg. Eendag as ek sonder karavaan moet gaan na KNP sal ek sterk oorweeg om gebruik te maak van die tenthuise, maar nie in enige kamp nie. N Tipiese een sal wees soos Skukuza sin....ons het in 2018 n keer gebruik gemaak van een, was absoluut heerlik gewees. Mens glamp eintlik met die aircon, yskas en vaste beddens, maar geniet steeds die geselligheid van kampeer omdat dit in kamp terein is en mens dieselfde ablusies deel. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 15/04/2023 - 21:00

Ons twee is ook lekker toegerus vir tentkamp, en geniet dit baie. Maar ouma het na die laaste tentkamp trip voet neergesit en sy is klaar met die matras op die grond.  Opstaan vanaf die posisie is nie meer gemaklik nie. Hoe daar n katel ingepak kan word.....Strecher is nie die oplossing nie, my lyf werk nie met die op n hoop le nie.

Ek gaan nog een trip met Jurgie doen Kruger toe, al is dit nou oor 2 of 3 jaar, en gaan kuier kuier die pad aanpak. Die keer dalk Ooskaap kus en dan Natal deur, Swaziland, maak dit tel.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 16/04/2023 - 06:42

Goeiemôre!   Jinne dit is lekker om te weet ek is nie die enigste een hier rond wat hou van 'n eenvoudige tent kamp nie.  Ek het al begin uit voel tussen al julle slepers smiley   

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 16/04/2023 - 07:34

.... ons afblaasmatras is een van daardie hoës. As dit opgeblaas is staan dit net so hoog soos 'n gewone dubbelbed. Maar ondervinding het geleer dat jy 'n "back-up" saamneem. Ek sal waarskynlik my seun s'n ook saamneem. In die verlede het ek my twee (werklike) OU kampbedjies saamgeneem as "back-up". En met ons laaste tentkamp in Berg-&-Dal moes ons noodwendig op die kampbedjies terugval toe die afblaasmatras reeds die eerste nag sy naam gestand gedoen het. Dit was inderwaarheid kampbedjies wat ons vir die kinders gebruik het. Dit was 'n pyniging om die nagte om te kry.

Ek het my toe voorgeneem om nooit weer 'n afblaasmatras te koop nie en ek wil ook nie op 'n kampbed slaap nie. Hierdie ou 120 kg lyf is nie vir 'n kampbed bedoel nie. Maar die einde van verlede jaar het ek toe wel 'n nuwe afblaasmatras gekoop - wat ons gebruik het toe ons saam met my seun-hulle vir 3 dae by Kwaggaskloofdam in ons tent gekamp het. Jy gaan lê en staan net so gemaklik van op van daardie hoë matras af soos jou bed by die huis.

Intussen wonder ek of ons nie dalk slegs in een kamp vir die volle tydperk gaan staan nie. Maar indien wel, watter een? Ek is nie toegerus om vir 3 weke in Tsendze te bly nie. Watter ander kamp is vir my die lekkerste om te kamp - al's in ag genome (terrein, netheid, verskeidenheid van paaie, goeie wildarea ens)? Op hierdie stadium kom Shingwedzi pal in my kop op. Maar daar is tyd tot 1 Junie om daaroor te besin.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/04/2023 - 08:17

....watter kamp die keuse gaan wees. 

Wat van rukkie [3 dae?] in Tsendze en dan die res van die tyd in jou voorkeur kamp.

Dalk moet jy 'n spesifieke gespreklyn skep vir die Kruger-tent avontuur.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/04/2023 - 11:36

Middag vriende

Ek gaan heel moontlik effe stil taak die week, nie omdat ek gewip, of iets dergeliks is nie. My kinders kom kuier uit Dubai uit, 10maande baba en al. Ek het hulle laas gesien met die groot Covid inperking, 2020??   

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 16/04/2023 - 12:01

Goeie More Aan Almal

Het besluit om weer vandag hier in te loer.

Was baie lanklaar hier.

Al die bekendes is nog hier sien ek.

Gaan darem weer die naweek wat kom kamp. Het meer begin kamp saam met motorhome klub, so ek kamp darem elke maand, Behoort nou aan die Vrystaat tak van die motothome klub. Die streek is nie so groot nie.

Het ook weer nuwe liefde gevind, wat darem saam met my kamp.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 16/04/2023 - 12:30

Lekker om jou weer hier in ons geledere te sien. Nuwe liefde? Kom, kom, kom - vertel bietjie meer.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 16/04/2023 - 22:31

Goeie dag almal, ek kan die nuus met julle deel na 'n paar maande se gewag. Dit is noou amptelik dat ek en Nellie Bloemfontein gaan verlaat en ons ons gaan hervestig in Jeffreysbaai. Ons sal nog gaan kamp van daar, maar gaan nie meer koekies en koeksisters doen nie. Sal probeer om nog besig te bly as ons nie gaan kamp nie, anders sal ek maar moet gaan golf speel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/04/2023 - 06:44

Môre Johan

Dit gaan omtrent 'n groot verandering wees. Van Fochville[?], af na Bloemfontein, en nou Jeffreys toe.

Ek hoop julle gaan die see omgewing geniet. Daar is so bai e mooi oorde daar rond, naby Addo, Baviaanskloof, BergZebra, en dan al die kusoorde.

Hou ons tog op hoogte van die trekkery, en nesskrop daar onder.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 17/04/2023 - 07:53

.... jy en Nellie beweeg al hoe nader aan die beskawing. 😇 Die volgende stap is seker Wes-Kaap toe? Wie gaan dan nou saam met my en Ralie brekfis eet in Bloemfontein se Wimpy as ons daar verbyry?

Ek is saam met julle bly dat dinge vir die verhuising Jeffreys toe nou in plek geval het. Wanneer voorsien julle om te trek?

Gaan jy nou 'n bietjie nader aan Karoo Nas Park wees vir 'n koffietjie of selfs 'n "brunch" by Doornhoek piekniekplek?

Karoo

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 17/04/2023 - 07:54

Die koekies bly in Bloemfontein, is net ons wat skyf. Die plan is om Maandag die 24ste al te ry met die nodigste en dan die karavaan te kom haal. Die res van ons goete kom saam ouste dogter se trek middel Mei. Hopelik sal ons ook weer binnekort kan gaan kamp. 

Nellie reken ook dat 'n kamp met ons tent kan werk sou ons wildtuin toe gaan soos wat ander hier beplan. Tyd sal leer wat vorentoe gaan gebeur. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 17/04/2023 - 09:48

Voor ek 14 jaar gelede afgetree het, het ons op weeksdae gewerk.  Dit lyk vir my tans werk dit nie so nie, maar tog klink dit lekker.  Heerlike blok waar julle (alweer !) kamp, maar geniet dit  -  dit moet lekkerder wees as in Worcester tussen die klomp slange.

Oom Len, ek kry 24 dae verlof ‘n jaar. Ek beplan my verlof ‘n jaar vooruit, dis nou behalwe vir kleiner gebeurlikhede hier en daar. Die afgelope naweek was so gebeurlikheid. Oor die algemeen gebruik ek my verlof vir twee langerige toere per jaar (een Kruger wildtuin toe in die Julie skoolvakansie en een see toe in Desember). Hierdie jaar het Kgalagadi in April bygekom, maar dit het net vyf dae se verlof gekos. Verder gebruik ek rondom langnaweke ‘n dag om die naweek nog bietjie te rek. 
 

Ons weet al lank van die afgelope Saterdag se sportdag, maar ons en ons vriende wat saam was Kgalagadi toe, het besluit dis net te ver om te ry vir twee aande. Dan is mens basies net Saterdag daar, en die sport neem die helfte van die dag in beslag. Ek het die nag ryery Donderdag glad nie geniet nie, maar dit was lekker om Vrydag daar wakker te word - al was die weer maar so-so. 
 

Ons het Hartenbos geniet. Dis die eerste keer dat ons daar kampeer, en die E-blok is regtig lekker. Die ablusies is werklik netjies, maar om een of ander rede is daar nie warm water tydens beurtkrag nie. En ek het nog nooit so koud gekry as in die aande nie, veral Vrydagaand. Gewoonlik het die see ‘n matigende effek, maar dit was onplesierig koud buite en in die karavaan snags. 
 

Saterdag en gister het ons bedags lieflike weer geniet, en nadat ons opgepak het is ons eers met die kinders by die glygeute af voor ons by Delfino’s in Mosselbaai gaan eet het. Eg het ek op aangedring en lg die vrouens. In kombinasie het dit daartoe gelei dat ons eers 19:15 gestop het by die huis. Dit was minder prettig. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus