Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -32 minutes ago
November brandstof prys November 2026 Geert -55 minutes ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -6 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -7 hours ago
Rona November 2026 Johann L -7 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago

neef Herman se Kalahari vakansie

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek open sommer namens my vriend Herman hierdie gesprek. Ek sien in my dagboek dat hulle binnekort, 30 April vertrek op 'n lekker uittog Kgalagadi toe.

Ons sal die gesprek fyn dophou vir terugvoer en mooi fotos. Mag julle dit verskriklik geniet.  

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 24/04/2023 - 08:55

Dankie Wessel. Op die stadium nie veel te rapporteer nie, maar ons is nou in die pylvak sover voorbereidnig aangaan.

More gaan ouma Von haar laaste shopping doen, oa moet Giepie nog n warm kombers kry, die kennels se heaters se sy is treurig...

Dan vat ek die ou Vrydag kennels toe, ouma doen die inpakwerk, als... selfs die tassies insit mag oupa nie doen nie.. hy prop glo net in. Ai tog, my talente is blykbaar treurig met die aksie.

Saterdag oggend 29ste, nie later as 9uur nie, is ons in die pad. Vir die dag 500km tot by Prieska waar ons by Riverview Lodge oornag.

Sondag oggend 30 April nog n verdere 500km tot by 2 Rivieren, en dan begin ons Kalahari Kuier.

Lekkerrrrr..

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 24/04/2023 - 10:51

... gee gou bietjie weer inligting oor jou tydjie in Kgalagadi. Afgesien van 30 April, waar is julle die res van die tyd tuis?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 24/04/2023 - 11:49

Die bespreking is gedoen deur agentskap, en hulle het probeer om naby ons wenslys  te bly. Die was egter nie heeltemal moontlik nie, omrede van die kampies het net 4 hutte, en om n plek te kry vir n spesifieke dag is bitter moeilik. So het sy die besprekings gemaak die oggend waar dit beskikbaar word , en van daar elke dag gekyk wat is beskikbaar om so na moontlik n sinvolle toer te bespreek. Van die bespreking mag dalk eienaardig voorkom, maar, jy moet  by Nossob inboek on na Gharagab te gaan asook Bitterpan . Dit is die rede dat daar agtereenvolgende Nossob besprekings is. By Twee rivieren meld jy aan vir Urikaruus.

So hier is dit in daaglikse volgorde.

30 April Twee rivieren... 1en 2 Mei  Nossob... 3Mei Gharagab..4 en 5 Mei Nossob... 6en 7 Mei Bitterpan... 8 Mei kalahari tented camp...  9en 10 Mei Mata Mata... 11 en 12 Mei Twee rivieren...13 Mei Urikaruus...

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 24/04/2023 - 12:28

... in 2007, toe ons die wildernis-kampie "ding" gedoen het, 2 nagte elk by Twee Rivieren, Nossob, Grootkolk, Nossob, Kalahari Tented Camp (KTC), Urikaruus (slegs 1 aand) & Kielie Krankie oorgebly. Maar ons is reguit van KTC af na Urikaruus. Dalk het hulle al die inboekprosedure vir Urikaruus en Kielie Krankie reeds met ons aankoms by Twee Rivieren afgehandel - weet nie, kan nie onthou nie.

Maar watter lekker vooruitsig wat julle het. Ek sou ook graag Gharagab en Bitterpan wou doen, maar ek is 4x4-loos.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/04/2023 - 13:19

Middag Herman

Net ingeval julle al vergeet het, in Mei-maand begin die temeperature in die oggend nogal laag.

Tydens ons toer daar in Mei 2021 het dit begin op -3C, en dan vinnig warm geword. Sommer gou was dit 28C en selfs warmer.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 25/04/2023 - 16:30

Ken die wereld se koue eerstehands....

Ons het een jaar in Junie daar aangegaan op pad Namibie toe. Die Jerrykanne met water het heeltemal solied gevries op die dakrak. Ek doen ook nie goed in die koue nie, so stel thermal onderklere maak die lewe heel skaflik, en n sub zero slaapsak saam, net vir ingeval. En Natuuurlik die ou staatmaker OBS. Die was n tent trip op pad noorde toe.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/04/2023 - 06:38

Gegroet Herman en beterhelfte

Ek hoop julle is op en aan die gang. Julle moet wikkel met laaste take, Yvonne moet klaar pak vandag, WANT môre oggend is net 1 slaap vêr.

Veilig ry en geniet die vakansie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 28/04/2023 - 20:17

Hello al die maters.

Ons is gepak, Giep in die kennels, meat pie gravy en chips van die dorp gebring.

Voel soos n seuntjie wat op n Voortrekker kamp gaan. Basies n jaar gelede was ons Herfsblaar saamtrek, en die laaste glimlag op my gesig.

Nou ja, ek verstaan by Nossob is n data voucher beskikbaar. Tot dan, geniet die Forum en al die goeie mense wat hier kuier.

Groetnis.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 28/04/2023 - 20:27

Geniet dit wat voorlê Neef. Ek gun julle die wegbreek.

Giepie okay vir die kennels? Ons laaste ou hondjie, 'n foxterrier, kon maar net nie aanpas in die kennels nie. Gelukkig later fantastiese mense gevind by wie sy altyd kon gaan bly.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 05/05/2023 - 07:14

Ek twyfel of hulle data-kaarte daar sal hê, want daar's nie eens sein nie. Sal maar 'n satelietfoon daar moet gebruik. En Neef is een van daai manne - as hy met vakansie is, f@# die ander mense. Ek is van gedagte jy gaan eers van die ou hoor as hy tuis is.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 09/05/2023 - 21:10

Hello Maters. Vandag by Mata Mata aangekom en n data papiertjie gekry, net om te loer of ouma se katte nog OK is. Ja, ons het so China kameratjie, met n ronde koppie wat vir als loer en fotos bêre wat gebeur by die huis.

Ai tog toe sien ek van Willem.... voel wragtig soos n ou pâl wat verkas het, terrible.

Elk geval, ons geniet die trip. F?k ons timing was sleg met die paaie.. die sinkplaat sandpaaie op hul heel beste, dit rillll en trilll deur die hele lyf. Arme Cruiser het seker n sak vol moere en washers afgeskud.

Park is baie uiteenlopend tov veld. Areas het onlangs reen gekry, lower groen, ander nie en pure dorre woestyn. Ons het seker 90 % van al die paaie gery, en teen Sondag glo ek elke kilometer van die totale routes.

Groetnis.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/05/2023 - 05:57

Dis goed om van julle te hoor, maar sleg om van die sinkplaat te hoor. Na ons besoek verlede maand het ek gedink hulle het uiteindelik die onderhoud van die paaie reggekry. Ons het amper niks sinkplaat gekry nie. Tydens ons vorige besoeke het dit gevoel soos wat Oom Neef hier bo beskryf. 
 

Nietemin, ek hoop julle geniet dit en sien pragtige wild. 
 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/05/2023 - 07:59

.....het jy nou sowaar in jou opgewondenheid skoon vergeet om die bande af te blaas na 1.6bar??

Moenie bekommer oor skud, as die spieeltjies afval, onthou die gesegde----wat agter is, is nie meer belangrik nie. Dis volgens GP-bestuurders se handleiding.

Geniet die vakansie verder, skud skud so..

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 16/05/2023 - 07:32

Hello maters. Dit was sommer n baie aangename toer deur die rooi sand van die Kalahari. Wilderniskampies uitstekend, hoofkampe puik. Eienaardig het Twee Riviern nie beurtkrag nie?

Klagtes is net die paaie, mense dit was bitter rof en skud jou kar letterlik in sy maai, Het n Prado teengekom wat se voorste buffer soos n stuk lap in die wind gewapper het. Op pad na Nossob n Jokkiewiel opgetel, die eienaar was baie gelukkig om dit terug tekry. Was maklik om te sien wie se waentjie staan op n paar klippe. Die se buurman het sy boks wyn verloor, daar was n reeks gate in die pad wat vol fyn stof was, en waneer jy dit tref, raak als "airborne" en jy word omhul in n hengse stofwolk. Wildehont sal die stofgate ken , in Botswana is hul folop. Ons ken dit as fesh-fesh.

Waneer die trekkers die paaie gesleep het, pragtig vir 2 dae, dan is die sinkplaat weer terug, en word daagliks net dieper uitgetrap. Die rede is beslis die wat om duistere redes vinnig ry, jy sien hulle van ver aankom met n helse gepaardgaande stofwolk.

Dan sal ek nie maklik weer die grootpad van hier Noord ry nie. Vanaf Grobblershoop tot by Upington is seker die vuilste paar honderd kilometer wat soos een lang asgat lyk van die besoedeling. Maak die omie regtig naar.

Die veld het gewissel van kaal woestyn tot loergroen met gras tot by vensterhoogte agv verspreide donderbuie onlangs daar. Wild kort ons baie gesien, maar Luiperd ,Bruin Hiena en van die kleiner, soos Slender Mongoose, het ons ontwyk. Roof voels was ook redelik goed en ander geveerdes maak goed op vir die lang ure in die kar.

Nou ja, goed om tuis te wees, gaan die Aga aansteekdie week, dit is vrek-koud hier onder die Swartberg.

Gaan binnekort bepreek vir volgende jaar. 3 aande Nossob, Riverside Cabin, 3 aande Gharagab wilderniskamp, en 3 aande Mata Mata Riverside Cabin. By Mata was daar 3 Leeu mannetjies in n geskil betroke vroeg oggend. Die aarde het gebeef van die gebrul.

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus