Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -1 hour ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -13 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago

Mei Algemene gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Die nuwe maand het blykbaar almal onverhoeds oorrompel. Die ervare en kundige "ouderlinge" is so besig dat die junior outjie nou maar die gespreklyn open.

Laat loop asb. met insette en saam gesels.

Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 12/05/2023 - 10:56

Die Rand se val lyk nou soos wat dit in die 1980's gelyk het, vryval met geen sigbare stop punt nie. Sit nou reeds rondom 19.47 in die VSA Dollar. Ons regering verstaan klaarblyklik nie wat hulle besig is om te doen nie...dink dit begin nou redelik seker raak dat ons uit AGOA uitgeskop gaan word en daarmee saam is sowat R400b se besigheid (vlgs Bloomberg) in sy dinges in. Sien ons het ook vanoggend die Londonse Financial Times se voorblad (in 'n negatiewe sin gehaal), AngloGold Ashanti het ook aangekondig dat hulle die mpy se primere aandele beurs "listing" uit Johannesburg buiteland toe skuif...verwag nog meer groter mpy'e om dieselfde te doen. Hierdie ding gaan sekerlik ook beteken dat goedere wat Jan Alleman direk raak soos voedsel, medisyne, en wat nog, deur die dak geprys gaan word. Persoonlik verwag ek ook dat die VSA, VK en EU sekondere sanksies teen ons kan toepas (hoop van harte ek is verkeerd). Kom 2024, word daar weer ten gunste van 'n T-hemp en kospakkie gestem...(en ons kan mos alles reg "jippo" dmv 'n kommissie van ondersoek...)

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/05/2023 - 07:45

Môre Johan, ek hoop dat jy die forum sal geniet en heerlik gaan meedoen aan gesels oor alles en kampeer.

Ek is seker dat Len, ook woonagtig in Brackenfell, nie meer so alleen gaan voel by die forum nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/05/2023 - 13:38

.... welkom en gesels saam. Met daai ervaring van 77 jare het jy beslis baie om met ons te deel. 

0
Uvongo KZN

Oupa Piet

Sat, 13/05/2023 - 14:26

Baie dankie Wessel. Ek vertrou ek sal maklik kan inskakel. Ek en Susan was ywerige kampeerders sedert 1974 tot drie jaar gelede toe ek moes vaarwel roep en my Fleetline verkoop weens gesondheidsredes. Die kampeerlewe bly egter in jou bloed en alhoewel ons nie meer kan kampeer nie bly ons steeds in hart en siel kampeer geselsers. Baie lede hier sal my nog onthou van die ou Weg Sleep dae. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 13/05/2023 - 15:50

Welkom Piet.....................bly jy het hier kom gesels. Ons Natalers is maar aan die dun kant hier. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/05/2023 - 12:17

Middag Thys

Welkom hier op die forum. Moet net nie skrik vir die absolute doodsheid wat tans heers nie, dis naweek. Gewoonlik word die insette lewendiger deur die week, en vakansietye.

Gesels saam, werk deur die onderskeie punte op die webblad, neem deel aan die aktiewe onderwerpe, of skep ene, vertel van kampplekke wat 'n indruk gemaak het ensovoorts.

As jy vashak op die webblad, vra gerus en jy sal gehelp word.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/05/2023 - 12:28

....word wakker, al julle rakkers.

Ek sal maar die weermag uitdrukking so effe versag. Waar is almal, dis doodstil, kruip julle Kapenaars weg vir die koue nat weer.

1] Ek sien die temperature is laag daar by Bergkwagga N.park, wonder wat maak die Bouchers

2] Herman het laar weet hulle skud nog lekker en geniet hulle letterlik gate uit. Hy tel nou-al ander ouens se karparte op vir tydkorting.

3] Shaun is seker besig om te kyk wat kan hy nog toevoeg aan sy Ranger, of hy is reeds in die boendoes.

4] Nico bou so woonwa dat hy skoon vergeet om ons ophoogte te hou.

5] Len ????? dalk moet ek nie spekuleer nie. 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 14/05/2023 - 14:00

En ek (nuwe Kaapenaar) maak 'n potjie om vrou lief te bederf. Sy het malva poeding gemaak en saam alles het ons 'n KWV geniet wat van Len afgekom het. Dalk sal die weer ons toelaat om 'n draai op die strand te gaan maak. 

0
Uvongo KZN

Oupa Piet

Sun, 14/05/2023 - 15:53

Ons het tot vanoggend vir die afgelope 24 uur 230 mm reen hier in Uvongo gehad. Natal is lekker nat. Dit lyk of dit nou opgeklaar het. 

Ek en Susan het n lekker gebraaide ribbetjie met roosterkoek vir middagete , en moedersdag, gehad en ek sit nou hier op die stoep vir die gladde blou see en kyk. Hoe geseend kan ons wees.

Ek verneem vanoggend van my broer daar in PE se wereld dat hulle ook lekker reen gehad het,selfs in die Kouga se opvangsgebied. Baie dankbaar vir hulle wat nou al 7 jaar onder n geweldige droogte gepaard gegaan het. Kom ons hoop en bid hulle word geseen met nog om hulle damme vol te maak.

Dankie aan almal vir die verwelkoming hier op die forum. Soos ek reeds gese het sal baie my onthou (PietG) van die ou wegsleepforum. Die ou lewe het daarna met my ook n paar draaie gemaak maar gelukkig ,deur die Groot Meester se genade, oorleef ons nog alhoewel daar nie meer sprake van kampeer is nie. Ek bewonder elke keer nog vir Lennie wat met dieselfde omstandighede en siekte as ek spook en nog sy woonwa van die Kaap tot in die Wildtuin sleep. Die strawwe behandeling het maar my "turbo" geblaas. Ek is ook dankbaar om te sien dat Frans ook na al die jare nog vasbyt. Sterkte aan julle ook met die ou nare siekte. Ek en Lennie is dieselfde ouderdom en ek is bly om te sien sy kragte hou nog so sterk. Geniet julle middag en aand.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/05/2023 - 15:56

Middag Johan

Ek aanvaar jou vrou hou van potjiekoslaugh

Wees tog versigtig op die strand, moenie te diep in die water gaan nie. Blykbaar is die haaie skielik baie happerig daar. Glo te doene met 'n vreemde reuk waaraan hulle nie gewoond is nie. Die mariene bioloë is amper seker dit ruik na mieliestronke, of iets nuuts eetbaar van die Vrystaat af.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/05/2023 - 16:02

Middag Piet

Griet maar 230mm is bleddie baie water.

Ek sou veel lekkerder saam met jou ge eet het aan ribbetjie en roosterkoek, as aan Johan se potjie.

Dis nou bloot gebaseer op my eet voorkeure. Ek eet lekker aan 'n pot gestoofde kos, maar het nie die tyd om 'n pot te prut op kole nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 14/05/2023 - 16:36

Goeie middag Piet (PietG/OupaPiet) !

Sommer baie lekker om weer van jou te hoor !  Ja, die jare stap aan en ek kan nie glo dat ek 'n jaar gelede laas in die Exclusive in die Kruger Wildtuin geslaap het nie  -  om presies te wees vandag 'n jaar gelede was ons in Ondersabie.  Ek hou maar duim vas dat ons twee oues van dae tog weer in Mei 2024 Wildtuin toe kan sleep.  Op die oomblik voel ek uitstekend, maar daar het weer iewers in my lyf kanker begin tekens van lewe toon, maar ons weet nog nie presies waar nie.  My annerhelfte het haar skouer gebreek en moet nog 'n skouervervanging ondergaan, maar sy weier op die oomblik 'n operasie voor my kanker-storie nie aangespreek is nie  -  sy is bang ons lê albei gelyktydig in die hospitaal !

Mooi loop !

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 14/05/2023 - 19:46

Die skaap potjie was heerlik gewees dankie Wessel. Rib en roosterkoek sal op 'n volgende slag gedoen word. 

Ek en die haaie het 'n ooreenkoms, ek pla hom nie en hy los my uit, dit is eintlik die Vaalies wat oortree en net maak soos hulle wil. Lekker sappige happie van die lekker lewe daar in Tvl. 

Die weer het ons toegelaat om net te gaan sit en kyk vir die see, 'n bietjie koud en effens winderig gewees. Bly maar 'n belewenis om net so vir die see te sit en kyk en te bewonder. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 14/05/2023 - 20:35

... is darem maar donners lekker. Veral daardie kuier so om die pot. 'n Skaapskenkelpotjie, of 'n kerrie-hoenderpotjie, of 'n kerriebone-potjie (met varkskenkels), of 'n oxtailpotjie (as jy baie kuiertyd om die pot/vuur verlang), of 'n afvalpotjie ....

Demmit - hoekom het ek nie my pot saamgebring nie.

Wessel - ek kom agter jy's lekker vol stront met jou kos.🙂

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/05/2023 - 06:36

....volgens Marie is ek blykbaar vol bollie as dit by kos kom. laugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 17/05/2023 - 19:50

Ek kamp vannaand hier by Battlefields karavaanpark.   Moes vanoggend deuskiet Kranskop toe vir 'n vergadering en môreoggend nog een naby Newcastle.

Hoekom B&B as 'n mens kan kamp! smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus