Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Mei Algemene gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Die nuwe maand het blykbaar almal onverhoeds oorrompel. Die ervare en kundige "ouderlinge" is so besig dat die junior outjie nou maar die gespreklyn open.

Laat loop asb. met insette en saam gesels.

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 26/05/2023 - 09:26

Ons het ook deur die nag lekker reën gehad, weet nie hoeveel nie, maar vanoggend is dit 'n regte Bloem koue wat hier heers. Nog geen kamp planne by ons nie, net herstel en skoonmaak van die huis hier in J' baai. Die vorige eienaar en huurders het nie geken van skoonmaak en reg hou nie. Baie sleg, maar was ons keuse om te koop. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 26/05/2023 - 11:21

Sy wa staan by my huis want sy erf is hoegenaamd nie karavaanvriendelik nie. Ek neem dan die wa na hulle toe op 22 Junie om die laaste goedjies te pak.

Mooi so Chris, ons bederf maar almal ons kinders so.  My seun het twee vriende, een woon in die Paarl en die ander in Beaufort-wes en ons seun hier in Brackenfell.  Die vriend in die Paarl  verkoop twee groot antieke meubelstukke aan die een in die Beaufort-wes, maar die stukke moet vir twee maande iewers geberg word voordat vervoer na Beaufort-wes kan plaasvind.  My seun reken dis geen probleem nie, die meubels kan in sy ouers se spaarkamer gestoor word vir twee maande !  Natuurlik help ons maar graag die kinders.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 26/05/2023 - 11:41

Wessel, my swembad filtreerselsel het nie 'n multi-klep nie want ek gebruik ook nie 'n sandfilter nie.  My filteerder (of eerder die swembad s'n) is 'n soort van papierfilter (soos 'n kar se enjin en oliefilter) wat ek net skoonspuit en nie "back wash" nie.  Ek kan jou verseker dat elke bogrondse lasplek aan die suigkant tot binne-in die pomp is nagegaan en seëls vervang.  Ongelukkig bly net oor die ondergrondse pype vanaf die "wheir" tot naby die pomp  -  'n afstand van 25m, alles onder plaveisel ! Die swembadfirma sal heel waarskynlik 'n tydelike pyp bogronds lê vanaf die swembad tot by die pomp.  As dit die probleem oplos, lê die probleem iewers by die  ondergrondse pyp.  Om te voorkom dat 25m plaveisel opgelig word, sal begin word om eers net die plaveisel by die "wheir" oop te maak om by daardie las uit te kom (soos wat Herman aanbeveel waar sy probleem was).

"Alegemene gesels" is 'n lekker plek om oor ditjies en datjies te gesels eerder as om vir elke diverse onderwerp 'n gesprekslyn te open.  Die nadeel is, dit loop 'n bietjie deurmekaar.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 26/05/2023 - 17:24

So het die tyd aangebreek en sit ek nou hier op ORT lughawe en wag vir my vlug.  As alles op tyd loop behoort die vliegtuig teen 18:50 op te styg.  Dit is 'n bitter lange  tyd in die lug wat voorlê.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 30/05/2023 - 08:11

Toe ons tetuggekeer het van ons onlangse kort vakansie, was daar 58 mm reënwater in die meter. Donderdag het ek nog 30 mm gemeet en vanoggend weer 67 mm. M.a.w. 155 mm tot dusver vir Mei. En tog lyk dit asof dit nie die einde is nie. YR voorspel nog swaar reēn na vanaand se kant toe.

Die Kaapse winter begin belowend. Ek vertrou dit hou so aan en bewys die weerprofete, wat ondergemiddelde reën hierdie winter vir die Wes-Kaap voorspel, verkeerd.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 30/05/2023 - 12:39

Die Kaapse winter begin belowend. 

Hoe hou jou huidige solar in hierdie weer. Het jy toe die nuwe battery laat installeer. Ek is nuuskierig, want dit is ook my voorland as ons Kaap toe verhuis. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 30/05/2023 - 12:52

... nee, die addisionele battery is nog nie geïnstalleer nie.

Dit is egter amper té goed om te glo. Terwyl ek hier tik, het ons beurtkrag. Ek het slegs die TV en uiteraard dekordeerder aan - en dan die drie ys/vrieskaste. My omsetter se "app" wys dat ek tans slegs sowat 200W trek, maar die panele voorsien in die volle behoefte ten spyte dat dit swaar bewolk is en liggies reën.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 31/05/2023 - 05:33

... nee, die addisionele battery is nog nie geïnstalleer nie.

Dankie Chris. My gemiddeld deur die dag, as die geyser en swembadpomp nie aan is nie, is tussen 250w-450w. Dan is die radio aan, 2 dekodeerders is op bystand, 3 tv's op bystand, 3 yskaste en my vrieskas aan. My skootrekenaar en ekstra skerm ook aan. Indien ek net my privaat rekenaar aansit dan is dit ook omtrent 100w ekstra.

Die mis is ook lekker dik vanoggend en dit reën liggies hier by ons. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 31/05/2023 - 06:25

Dit is voorheen bespreek dat Eskom vra mense moet omsetters afskakel voor beurtkrag verby is om ‘n spike te voorkom wanneer krag aankom en almal se omsetters gelyk begin laai. Gistermiddag na amper vier ure se beurtkrag sny ons omsetter die voer na die huis omdat een battery te pap is. Salomien hulle los mos ligte aan so ver as wat hulle gaan deur die huis. Bedags ook. Dalk raak die een battery se effektiwiteit ook nie meer so goed nie ook. Dis gel batterye en ek weet nie of hulle elke keer vol laai tussen beurte nie. In elk geval, ek sit toe die omsetter af. Toe die krag weer aankom vergeet ek eers om dit weer aan te sit omdat ek besig was met kosmaak. Toe ek later onthou en daarheen stap, toe is die omsetter besig om die batterye te laai, ten spyte daarvan dat dit afgeskakel is. So daar gaan Eskom se teorie wat my omsetter betref…

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 31/05/2023 - 08:15

Ek het 'n verdere 47 mm vanoggend gemeet. M.a.w. ons het 114 mm sedert eergister gehad wat ons totaal vir Mei op 202 mm te staan bring. Die wêreld is sopnat en ek sal waarskynlik my tuin-ingenieur moet laat weet dat hy 'n afdag het môre, want ek weet wraggies nie wat ek hom in hierdie papnat tuin kan laat doen nie.

So van "sop"nat gepraat. Hier's 'n lekker pot sop aan die kook. Vanaand is dit weer soetes en sop in hierdie Kaapse winters-weer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 31/05/2023 - 09:06

................het ons darem die afgelope 24 uur 'n heerlike sagte 28mm reën gehad.  My tuinman kon darem die twee beddings en plant-potte gister in 'n tydperk van 3 ure verlos van onkruid en dit mooi netjies maak voor die reën begin het.  Daarna kon hy rustig, terwyl dit saggies reën, die Exclusive en my bagsie-sleepwaentjie (40 jaar oud en lyk nog spinternuut) in hul motorhuis was. Tyd heel goed spandeer.

Ek het mos vertel van my swembad wat lug iewers insuig wat tot gevolg het dat die Baracuda nie die spulletjie skoonvee nie.  Ek het 'n plaaslike swembadfirma hier gehad wat kom help foutsoek het en ongelukkig blyk dit dat daar tog iewers 'n lekplek in die ondergrondse "opsuig"-pyp is.  Net om 100% seker te maak, gaan hulle Saterdag 'n tydelike pyp vanaf die swembad, bogronds tot by die pomp koppel en dan toets of die lug-probleem uitgeskakel is. Om koste te bespaar het ons ooreengekom my tuinman sal die plaveisel teen die huis se muur oplig (± 20 meter) en 'n slootjie maak waarin 'n nuwe pyp vanaf die weir tot by die pomp gelê kan word.  Die ou , lekkende pyp word ontkoppel en ongestoord gelaat.  Dit alles sal nou binne die volgende twee weke moet gebeur voor ek weer hospitaal toe moet gaan. Ons vorder darem.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 31/05/2023 - 11:07

Durban het donderweer.............................laas nag belewe maar dit het nooit baie hard gereën nie.

Dit word nou koel hier met oggend temperature van so 14 grade C. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 31/05/2023 - 11:15

Wragties selfde soos suigpyp probleem wat ek gehad het.  My gevolgtrekking was ;Destyds toe bad gebou was, het die suigpyp in filling gelê, en alhoewel dit redelik kompakteer is, na paar jaar " gesettle" en so die elmboog onder spanning gesit totdat dit gekraak het. 

Vir wat gaan jy nou hospitaal toe. Hou jy van die treurige plek. Amper soos Chris oor wyn !!! ...Of dalk is dit nie ń goeie vergelyking nie. Is Wessel en skillies nader aan die kol. 

Dit sous hier... gaan nou kaggel aansteek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 31/05/2023 - 12:46

.... wat bedoel jy? Jy kan mos nie my liefde vir wyn vergelyk met hospitaalbesoeke nie.

Len - ek let nou eers op dat jy weer hospitaal toe gaan. Wat dit ookal behels - sterkte ou maat. Dit bly maar vir my ook, soos Neef sê, 'n treurige. Maar as dit 'n bydrae lewer tot beter gesondheid - dan's dit egter 'n wenner.

Ekself sien eerskomende Dinsdag 'n oogspesialis. Ek het 'n "gut feeling" dat dit dalk gaan uitloop op 'n katarak-operasie. Ek't skielik 'n "vaal" oog ontwikkel met allerhande swart strepies en patroontjies wat non-stop in my sig is. Oudword??? Ai, ai, ai.

Maar meer positiewe nuus - ek wil môre skakel om plek vir Mei 2024 in Shingwedzi te bespreek. Of dié voorgenome besoek wel uiteindelik sal realiseer - wel, tyd sal leer.

Geniet jou kaggel Neef. Ek wens ek't 'n kaggel gehad. Maar by gebrek daaraan moet die gasverwarmer maar sy ding doen. Ongelukkig net nie dieselfde atmosfeer as 'n kaggel nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 31/05/2023 - 21:18

Herman / ChrisB, ja hospitaal is maar weer my voorland. Die drie kankertoetse wat ek sedert Januarie laat doen het dui aldrie daarop dat kanker weer iewers in my buik posgevat het, weet nog net nie presies waar spesifiek nie.  Ek gaan eersdaags vir 'n PET-CT scan om te probeer bepaal waar sit hierdie kanallie.  My chirurg het vir die eerste keer in die 12 jaar van my kanker probleme die hulp van 'n onkoloog ingeroep. My GP sê die rede daarvoor is heelwaarskynlik dat daar nie veel plek oor is vir nog snywerk aan my spysverteringkanaal nie.  Dikderm is weg en van my dunderm is net 3m oor.

Maar nog is dit het einde niet.  Vandag gediagnoseer met gordelroos (shingles) agter my linkeroog en bo-op my kop aan die linkerkant.  Mensig maar dis 'n geweldige pynlike storie. Op die oomblik is daar nog nie ontsteekte uitslag nie, maar die "geweerskoot" pyne wat net so twee sekondes duur, is baie erg.  Elke pyn kom sonder waarskuwing, soms kort op mekaar en ander weer verder uitmekaar.

Wat 'n treurmare !

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 01/06/2023 - 06:45

Die gordelroos raak nou vreeslik algemeen. Vir jare net gehoor daarvan maar die afgelope tyd weet ek van n handvol naby familie en vriende. Eienaardig is almal senior burgers. Wonder of dit te doene het met verswakte immuniteit?

Vasbyt Len. Die PET-CT gaan Wessel weer heel opgewonde maak. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 01/06/2023 - 07:48

Gordelroos klink na ‘n verskriklike kwaal. Mag dit gou opklaar. Mag die onkoloog ook die kanker opspoor en dit verwyder kry. Sterkte!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus