Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -58 minutes ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
die Burger.... Media24 se koerante en… Wessel Strydom -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) Goeie Hout -1 hour ago
Rapport Media24 se koerante en… Geert -1 hour ago
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago

My wa is vandag gebore

Alberton
Profile picture for user ski
Submitted by ski on
Forums

My wa se onderstel vandag gesny op waterjet so ons kan maar se wa is gebore

video
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/05/2023 - 13:39

Middag Nico

Baie netjies, jy kan lekker windgat wees gehoor.

Gee bietjie vir ons die afmetings en ensovoorts van die wa. Wat is alles binne in, hoofslaapkamer, badkamer, sitkamer, kombuis en toerusting ????

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Sun, 21/05/2023 - 15:20

Wa is klaar het so 40km gaan sleep en sleep soos droom. Die wa is 6.1 m lank 2.1 wyd 1.95 binne hoogte. Vol dubbelbed  voor kombuis kaste grrot yskas hangkas en sit bank met lekker groot badkamer met stort en toilet. Wa het 1461kg geweeg toe ons hom gerigestreer het maar het vet geword het aircon ingesit en een extra kas. Will hom weer gaan weeg as hy gepak en vol water tank het

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/05/2023 - 16:49

Nico, jy kan omtrent windgat wees met daai produk. 

Kan ons bestellings insit vir 'n kleiner weergawe wat 'n Hilux ook mag sleep??laugh

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 22/05/2023 - 05:33

Kan ons bestellings insit vir 'n kleiner weergawe wat 'n Hilux ook mag sleep?

Wessel, jy "loer" mos na 'n Mahindra, dan is dit mos nie 'n probleem nie.laugh

Ja, ek het al daai produk van Nico op die pad gesien een vrydag middag hier in die Wes Rand. Uniek en net een van sy soort. 

0
Potch
Profile picture for user TORA

TORA

Mon, 22/05/2023 - 09:32

Ek moet jou komplimenteer, dis beslis een van die beste DIY kampwaes wat ek nog gesien het. As mens self al soiet gebou het dan verstaan jy wat se inset dit dis, en om so prag Wa te bou is 'n groot prestasie. Ek hoop jy gaan baie jare se lekker kamp uit hom kry. 

My DIY-kampwa wil ek ook nou finaal verander grootliks a.g.v die ouderdom, mens se kragte neem met 'n spoed af hier van 70 af, so ek sal maar moet die kampwa aanpas want ek kan nie die ouderdom aanpas nie. 

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Sat, 03/06/2023 - 12:15

Ons hom laasnaweek getoes en baie gelukig met veandering. Het vandag nuwe trappie gebou die ou een was nou baie laag. Met die aste wat ek voorentoe en agter toe geskuif het is wa nou baie ligter op die bakkie agter. Sleep baie stabiel en slegte pad pla nie meer so baie nie. Nou volgende is om die wa te verf buite om.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 03/06/2023 - 16:56

Ek haal my hoed af. Om so projek aan te pak is een ding, om dit klaar te maak nog een, en om dan terug te staan, evalueer, aftakel en verbeter, is toewyding en deursettingsvermoë. Min manne het sulke skouers.

Mag ek vra wat jou agtergrond is Ski.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Thu, 23/01/2025 - 07:04

Hou die spasie dop in die volgende paar weke. Het my wa beskadig op toer deur Botswana en Namibia en assuransie het hom af geskryf. In process om terug te koop en gaan heeltemal herbou en suspension upgrade. Wou Al begin maar wag vir assuransie

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Mon, 27/01/2025 - 07:05

So die werk het begin op die wa. Ons het die agterkant uitvgehaal en begin on ye beplan.yskas SE nuwe plek is reg, nuwe yskas sal vandag af geleer word. Ons wag inspanning vir assuransie om uit te betaal om die Res te koop. Ook besig om voor te strip om bed oor te bou. Dan die week Al die beadings, checkerplate, geyser, handvatsels en dan die kompleet dak afhaal sodatbdie herbou en veranderinge kan begin.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 27/01/2025 - 07:28

Skuustog Ski. Wat het met jou wa gebeur dat versekering dit moes afskryf. Jy het dalk erens genoem, maar ek het seker nie raakgesien nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus