Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -2 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -2 hours ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -3 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -5 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Mei Algemene gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Die nuwe maand het blykbaar almal onverhoeds oorrompel. Die ervare en kundige "ouderlinge" is so besig dat die junior outjie nou maar die gespreklyn open.

Laat loop asb. met insette en saam gesels.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 17/05/2023 - 20:24

......  Presies waar is dit in KZN ?   Wat van 'n fototjie ?

Ns. As ek die woord "vergadering" hoor, kry ek nou nog na 14 jaar op pensioen, 'n holkol op my maag.  Baie bly ek is dit deesdae gespaar !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 17/05/2023 - 21:00

Ek wonder of daar fout is met my dat ek so 'n hekel het in tele-bemarking  -  ek is nou só gatvol vir hierdie verkope-tegniek dat ek slange kan vang.  Ek kry daagliks oproepe van mense wat eers verneem na my welstand en of hulle 'n minuut of twee van my tyd kan kry ?  As ek nee sê vra hulle beleefd om verskoning en sal dan later weer bel  -  iets wat ek natuurlik nie wil hê nie.  Blok ek die nommer bel die oproepsentrum se ander een van honderde nommers tog weer.  Hoe kry 'n mens hierdie aaklige gebruik afgeskud ?  Duisend eiendomsagente bel my weekliks of ek nie my huis wil verkoop nie en ek wil nie ongeskik wees nie, maar ek kan nie meer hierdie oproepe verdra nie ! Die arme konsultante doen tog net seker waarvoor hulle betaal word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 18/05/2023 - 05:52

Hoe kry 'n mens hierdie aaklige gebruik afgeskud ?

Installeer die Truecaller toepassing op oom se slimfoon. As iemand ‘n nommer as spam gelys het daarop sal dit oom waarsku, en dan antwoord mens eenvoudig nie. 
 

Op ‘n positiewe noot het ons lieflike, sagte, deurdringende reën gehad amper heel nag van 19:00 gisteraand af. Dis maar skaars hier in Worcester (reën) so dit was baie lekker.  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 18/05/2023 - 07:00

Môre Len

Net soos jy daar seg, die woord vergadering het net so 'n effek by my. Dit voel skielik of "the world dropped out of my bottom"

Hoe vertaal mens dit---- HKGK en vir die wat nie diensplig dedoen het nie, Hier Kom Groot k....k

Omtrent hoe ek tans oor Eskom, die boek en die aantygings uit alle hoeke voel.

0

More almal. Mooi dag hier by ons in Onrus vandag. Bietjie koelerig maar geen wind of reen nie.  Kinders kom bietjie kuier die naweek vanaf George om na hul pa te kom luister. Ons speel Saterdagaand by Gecko Bar in die nuwe hawe in Hermanus. Sien baie uit. Lekker naweek almal.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/05/2023 - 09:12

Môre Servaas

Vra is vry en weier daarby, maar

is jou musiek op you tube bereikbaar om na te luister?

Geniet julle kinders wat kom kuier. Ek het darem my oudste en gesin in April by my gehad. Oupa kon sy 1ste kleinkind darem probeer vashou. 

 

0

Nee ons musiek is nie op you-tube nie. Ons doen dit maar net vir ons plesier. Dis 'n lekker stokperdjie wat bietjie gegroei het en nou hou dit ons nogal besig.

Jy is gelukkig. Ek nog nie kleinkinners nie. Speel maar met my kinders se honde.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 19/05/2023 - 11:01

Ek vermoed die winterreën in die Weskaap het amptelik aangemeld.  Ons het die afgelope klompie dae kort-kort lekker buitjies reën gehad, in so 'n mate dat my munisipale stopkraan nou al vir twee weke toegedraai is want my drie reënwater-tenks voorsien ons van voldoende water vir huisgebruik, behalwe kook- en drinkwater wat ons koop. (Sjoe dit is 'n lang sin !)

Volgens YR se voorspelling kan ons oor die volgende klompie dae hier in Brackenfell 68mm reën verwag.  Ek weet dis nie naby die syfers wat die donderstorms daar in die noorde van die land oplewer nie, maar vir ons is dit baie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/05/2023 - 16:53

Middag vriendde

My suster, woonagtig in Bellville, vertel my dat daar bustoere is vir persone soos sy. Dis nou persone wat nie meer alleen kan reis tot in KrugerNP nie. 

Die toerbus vertrek op 'n gegewe tyd vanaf OR Tambo, en mens kan kies vir hoeveel dae jy wildtuin wil besoek. Twee etes is ingesluit by die koste.

Len, is dit 'n alternatief vir julle ook dalk??

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 21/05/2023 - 17:32

Len, is dit 'n alternatief vir julle ook dalk??

..................dalk oor 'n klompie jare eers.  Ek sukkel nog om te bepaal of my gekheid oor die Wildtuin gaan en of dit oor kamp in die Wildtuin gaan ? Ek vermoed egter dis laasgenoemde.  Die primêre doel is om nog twee of drie Wildtuin-kampe in te kry, maar net die tyd sal leer of dit moontlik gaan wees.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 22/05/2023 - 07:47

Ons het Saterdag via Porterville en Piketberg Dwarskersbos toe gery en gister teruggekom. Salomien se oudste suster het daar by ‘n skoolvriend gekuier. Saterdag was ‘n lieflike windstil dag al die pad van Worcester tot in Dwarskersbos, maar die effense bries daar was maar koud. Ons het ‘n heerlike beesstert pot gehad vir aandete, en lekker gekuier. Gisteroggend was dit mistig en dit het saggies gereën. Ons het met Bokkomlaan langs gery in Velddrif oppad huis toe. As julle dit nog nie gedoen het nie moet julle. Die Bergrivier wemel van voëls, en die ou geboutjies rond ‘n mooi prentjie af. Ons het die witpelikaan reg langs die pad gesien daar. 
 

A

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 22/05/2023 - 09:17

Môre kampvriende.

Vanoggend is dit n lieflike sonskyn oggend, en as die weervoorspelling reg is tot woensdag aand. Gister niks lekker nie, koud en nat, 8mm sagte reen.

Brisket potjie met kluitjies, heerlik, genoeg vir 2 dae.. Vandag begin met n skgeldprojek by een van die partners se huisies, vervang die ou staal vensters en deure met aluminium.

Wessel, ek hoop nie jy is vies oor my gekarring van die dorre Karoo nie! Hoe kan ek die geleentheid laat gly sonder bietjie terg.!!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/05/2023 - 09:38

Môre Herman, nee wat dit vra baie meer om my te laat vervies. Elke deel van die land is op sy manier mooi. 

Dinge wat my  kwaad maak, is dinge en instansies waaroor ek geen beheer het nie, en dan boonop voorskriftelik is. Soos byvoorbeeld, ek moet klompm dokumente voorberei en inhandig by 'n oorkoepelende instansie CSOS. Elke kompleks moet aan hulle behoort. Nou moet ek 'n jaarvergadering notule  in engels indien, en ons 6 eienaars is almal 100% afrikaanssprekend. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 22/05/2023 - 09:59

Dinge wat my  kwaad maak, is dinge en instansies waaroor ek geen beheer het nie, en dan boonop voorskriftelik is. 

......of Eskom wat nou sê ek moet my inverter eers aanskakel 'n ruk nadat die krag teruggekom het en nie dadelik nie.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 22/05/2023 - 10:35

......of Eskom wat nou sê ek moet my inverter eers aanskakel 'n ruk nadat die krag teruggekom het en nie dadelik nie.

Ek het dit ook gehoor gisteraand. Gelukkig met my nuwe opset, gebruik my batterye nie Eskom krag vir die laai daarvan nie, tensy ek dit self reguleer. My batterye word hoofsaaklik net vanaf die solar panele gelaai. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus