Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -7 minutes ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -13 hours ago

Swak deelname aan forum-onderwerpe

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is versigtig om hierdie saak aan te roer, want ek mag dalk as 'n regte ou klakous gebrandmerk word.

Ek wonder tog soms hoekom neem ek en 'n handjievol vriende nog deel as die gesels vervelig is, soos Johann Lock onlangs opgemerk het dat die gesprekke hom nie meer interesseer nie.

Allerhande redes vir swak deelname is al geopper van Covid-19 tot ekonomiese druk wat kampering moeilik maak, skoolvakansies, langnaweke ens.

Een ding wat ek opgemerk het is die gesprekslyn "Alemene gesels" waar oor verskillende ditjies en datjies (probeer) gepraat word.  Aanvanklik het ek gedink dis 'n goeie idee, maar ek vermoed die meerderheid lesers gaan kyk nie eers daar waaroor daar gesels word nie.  

Dit lyk vir my om die aandag van lesers aan te trek, moet 'n mense eerder 'n nuwe onderwerp skep sodat lesers dadelik aangetrek word onder die lys van "Alle Onderwerpe"

Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/06/2023 - 20:10

..... 'n gesprekslyn oor 'n onderwerp. Dit maak die latere soektog net soveel makliker. Byvoorbeeld, die gesels oor toilette/porta's kan dalk 'n volledige gesprek met eie onderwerp titel regverdig. 

Ek val ook in die strik om sommer met 'n los idee te begin onder "Algemene gesels". Dan loop daai gesprek lank, wat in my oë dan eerder 'n onderwerp regverdig het. 

Dis mos maar hoe kommunikasie werk, of nie???

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 21/06/2023 - 10:32

Die maandelikse Algemene Gesels draad is geneig om vas te haak op 'n enkele onderwerp wat eerder 'n eie draad verg. Dalk , dis die groter probleem,  slegs 'n handvol mense is aktief op die forum, seker so 6 mense of so? Dit maak ongelukkig die forum vervelig. Ekself vind ek neem al hoe minder deel. Wonder net of dit nie ook te make het met die beperkte verskeidenheid wat "kamp" bied? Tong in die kies...hoeveel kan mens nou eintlik gesels oor tentpenne inslaan! Ook opvallend is dat daar maar min tent kampeerders deelneem (en dit behoort tog die groter deel van die kamp bevolking te wees?). Die sakie is ook nie net beperk tot hierdie forum nie, loer so af en toe wat by CP ene aangaan, en daar is dit ook maar dieselfde...

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 21/06/2023 - 10:53

Soos ek al tevore genoem het, kom ek agter daar is lede wat kieskeurig is met wie hul gesels en dan word daar gekla dat dit stil is. Ek begin ook maar minder hier gesels want dit voel soms of jy met jouself praat. Ek het onlangs ook paar kamp ervaring gedeel, maar niemand reageer nie, gesels liewer oor ditjies en datjes op algemene draad as wat hulle saam gesels oor kampeer sake waaroor forum eintlik gaan. Sommige lede plaas nie wers fotos of terugvoering van ervaring nie  maar word gesmeek om fotos en ervarings te deel, maar ander deel ervarings, maar word net geignoreer. Onlangs het ek Olifants River Lodge besoek....die enigste wat bietjie belangstelling getoon het was Willem. Ook die besoek aan Wagondrift onlangs....daar is eintlik GEEN belangstelling gewees nie....ek en Anton wat ook daar was het maar basies met mekaar daar gesels....kon dit seker ook maar net via WhatsApp gedoen het. Vandaar het ek ook geen resensie van Wagondrift hier gedoen nie....sien nie nut daarvan in nie..

Dis maar hoe ek dit sien. Bygesê, anderkant gaan dit ook nie veel beter nie

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 10:55

.................ek stem saam, die forum-geselsers raak al hoe minder, maar ek verskil oor die tentpen-inslaan storie. Ek dink die forum gaan onder andere, maar nie alleenlik  oor jou kampopset en kamp- en sleeptoerusting nie.  Bygesê, ek geniet dit om na die verskillende keuses van kampvriende te kyk hoe en waarmee hulle hul kampervarings geniet.  Van karavane tot "motorhomes", boswaens, kampsleepwaens, daktente en "canopy"-karavane agter-op bakkies.  En dan see-vakansies (bitter min in die laaste tyd), bos- en wildtuin vakansies en ook ander tipe oorde soos byvoorbeeld Eiland, Buffelspoort en Scottburgh.

Wat ek van die forum geniet is om terugvoering (en veral fotos) te kry van die kampervarings by die verskeie kamp- en vakansie-oorde, waar ookal in die land.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/06/2023 - 10:58

hoeveel kan mens nou eintlik gesels oor tentpenne inslaan! 

Die onderwerp het al sy eie gesprekslyn gehad. Ek wonder hoe gaan dit met Oom Arie. Hy is lyk my so besig met rokke jag dat hy nie meer hier uitkom nie.

Van die vorige gereelde geselsers is ook weg. Gees, Warren, en Harry is taamlik stil, Mnr Slot het sy m gepluk vir ons en natuurlik Willem wat afgesterf het. Ten minste is Mnr Boucher terug. Hy moet nou net lank genoeg ‘n bespreking hou om weer vir ons ‘n lekker toer storie te kom vertel.  

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 21/06/2023 - 11:37

Ekskuus as ek ook so 'n bietjie stil is. Kamp nie nou nie, help die dogter om hulle plekkie hier reg te kry, dit is as die wind jou toelaat om te kan werk. Ek lees baie hier, maar gesels min. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/06/2023 - 12:18

Middag Geert

Ek twyfel of ek deel is van die lede wat kieskeurig is oor met wie hulle wil gesels, of dan repliek lewer. Ek is wel skuldig daaraan dat ek nie op alle onderwerpe reageer nie, maar dit is bloot omdat dit my nie prikkel nie.

Ek het ook al 'n gesprek begin, wat vinnig weens gebrek aan  belangstelling, 'n vinnige dood gesterf het. Ek aanvaar dit maar so, en neem dit nie persoonlik op nie. As studente het ons 'n uitdrukking gehad;

"bollie vraag--sit en bly stil"

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/06/2023 - 12:21

Grootwind, moet asb nie spot met opsies oor penne inslaan nie. Dit is 'n geweldige ernstige aktiwiteit wat groot omsigtigheid verg. Boonop moet mens ook 'n volledige veiligheids ondersoek doen, risiko bepaling voltooi, asook 'n omgewingsimpak studie voltooi.

Doen mens dit nie, sit jy soos ek met jou gat in die modder, en knip jou los met 'n kombuisskêr van die pen waaraan jy gehak het.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 21/06/2023 - 12:24

Sedert ons ophou kamp het (as gevolg van kwale, skete en ander siektes!) het ek minder begin kommentaar lewer, omdat ek nie daarvan hou om net op enige onderwerp net 'n duimpie te wys, of sommer net onbenullige tussenwerpsel in te gooi.

As jy op die CP forum sou kyk, kry baie sulke nikseggende plasings, wat die tellingmetertjie opjaag, en dis beslis nie my idee van gesprekvoering nie.

Ek het daar ongeveer 10/12 jaar gelede baie plasings gemaak met betrekking tot sleep hulpmiddels, asook wat die Chargemaster aanbetref. Het redelik baie PDF formaat inligtingstukke gehad.

Sedert ek nie meer daar mag deelneem (ek was destyds saam met oorlede Willem afgegooi) , het ek nog baie gereeld e-posse gekry (nou nog minstens 2 na 3 per maand) wat vra vir die inligtingstukke, wat ek dan met graagte deel.

Op Kampforum het ek werklik niks by te dra wat kampverwant is nie, en sou dan eerder waar ek kan vir iemand wat siek is, en ek kontakbesonderhede het, boodskap per e-posm of whatsapp stuur.

Ons lewe het verander  in daaglikse stryd om net uit die bed te kom!!!! en dagtakies te verrig!!!, maar ons kla nie. Is nou in die proses om op te pak/op te ruim na 49 jaar in huis, om na 'n plek te verhuis in "soort van aftree of afskaal- oord", waar die erf en blyplek baie kleiner is, met minder werk aan verbonde.

Ek lees darem elke dag so hier en daar op die forum, maar as ons niks werklik kan bydra tot plasings wat kampverwant is, is dit dan maar so.

Vir die wat kampe het wat voorlê, geniet dit !!!!!

Groete

NS: ek het 2 of 3 keer aangeteken om hier te reageer, maar elke keer maar net gedink dat ek nie werklik die  regte woorde/verskoning  het nie!!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 21/06/2023 - 12:31

Frans dankie vir die inloer.   EK glo die afskaal gaan vir julle dinge baie makliker maak.  Stuur groete daar.

PS.  Onthou ek nou hoe ek en Frans "daardie jare" deur nag gestoei het om spammers van Kampforum af te hou  laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/06/2023 - 12:33

Middag Frans

Ons gaan almal moontlik die fase van afskaal, en selfs ophou kampeer bereik. 

Goeie maar tog 'n ogie hier, en waar moontlik deel jou ervaring en kundigheid oor 'n onderwerp. Almal kan deel en leer by ander se lewens/kampeer lesse. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 12:47

Ons twee oues is aan hierdie kant min of meer in dieselfde bootjie (of eerder bed !), maar gelukkig nog nie oppad na 'n "soort van aftree-oord " nie.  Ek is op die oomblik perdfris en gesond en ons konsentreer nou op Annatjie se volledige skouervervanging wat voorlê.  Maar ai, die kamplewe kry ek nie afgeskud nie en daarom gesels ek in die tussentyd graag op die forum om in gedagte deel te wees van die ouens wat kan kamp.  En voeg daarby, my dae van oorsee reis is ook verby en daarom geniet ek Chris Kanselleer se vertellinge en fotos oor Romenië.

Maar alles is nog nie daarmee heen nie, ons gaan nog 'n paar kampe inkry voor ek my kampskoene gaan ophang.  Ons beplan om voor die einde van die jaar 'n paar dae te gaan kamp by Kleine Paradys naby Piketberg (so 135km van hier af) en dan hopelik in Mei 2024 weer Wildtuin toe.

Frans, ek stel voor : skep hier 'n nuwe gesprekslyn met 'n lys van daardie kampverwante inligtingstukke waaroor jy beskik.  Dalk is daar iets wat iemand prikkel om meer van te weet.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 21/06/2023 - 12:54

Frans, ek stel voor : skep hier 'n nuwe gesprekslyn met 'n lys van daardie kampverwante inligtingstukke waaroor jy beskik.  Dalk is daar iets wat iemand prikkel om meer van te weet.

 Goeie plan!

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Wed, 21/06/2023 - 13:08

So lees ek nou die manne se kommentaar en ja ek is self ook baie skuldig aan om nie meer te veel hier te gesels nie maar wanneer ek op n toer gaan of raad nodig het, gebruik ek Kampforum en nie Google nie.

Hier is te veel artikels met idees en oplossings en het nie google nodig nie, en wysheid kom met grysheid en nou wil n 20 jarige mannetjie n artikel gaan skryf op sy blog of op google oor hoe om tentpenne in te slaan maar het nog nooit gaan kamp nie.

Vandat oom Wessel en oom Willie gese het vat jou boor saam en boor jou gate in die grond en dan slaan jy jou pen in, verwyder ek nie die 8mm 400mm lange boorpunt en boormasjien uit my kamp trommel uit nie. Dit is sulke gesprekke wat ek altyd sal onthou.

En so sal ek self ook probeer om meer aktief te wees op die groep, so Het oom Wessel ook genoem 2 jaar terug al dat ek n rooftop tent moet kry en dit is net vanoggend weer geprikkel deur Voortrekker, sal maar n draad begin of op my vorige een gaan lees en weer vra wat is die manne se gevoel, ek wil nou ontslae raak van die Caravan canopy en ligter gaan.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 21/06/2023 - 13:42

Frans lekker om...,................................van jou te hoor en sterkte vir die pad wat ons almal eendag moet loop. 

Ouderdom is een van ons redes waarom ons die langpad vat voordat ons nie meer kan nie. 

Moet bieg dat ek nie antwoord as, soos Geert noem, daar oor sekere kampplekke verslag gedoen word nie. Veral as ek weet ek sal dit seker nooit besoek nie. Tog lees ek dit en het al vir mede kampeerders by kamplekke vertel dat die verslag hier genoem is en of dit goed of blyweg is. So Geert jy mors nie jou tyd nie en doen so voort.

Daar is tog vir my bydrae hier wat my belangstelling prikkel.

 

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 21/06/2023 - 15:17

Soms het mens iets om te sê en soms is dit beter om stil te bly. Ek lees graag almal se plasings maar dra maar min by.

Werk en ander omstandighede tyd ens het seker maar ook `n invloed. 

Geert. Jammer jy voel so uitgesluit of dan dat daar nie op jou plasings gereageer word nie. Ek glo darm nie die mense hier is so kleinlik nie. 

 

Groetnis

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 22:13

As 'n mens op ander sosiale media platforms kyk, dan is daar heelwat lankstaners wat daar gesels.  Die laaste lankstaner in ons midde was Koos Mol wat intussen in Nelspruit woonagtig is.  Dit sal baie lekker wees om van lankstaners te hoor waar hulle tans is, wat hulle alles doen en waarheen hulle volgende kampplek gaan wees.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 21/06/2023 - 22:44

Oom Arie was mos ‘n lankstaner. Maar laas toe ek van hom gelees het, het dit geklink of hy meer lê as staan. Hy het mos lêplekke geskrop by ryk weduwees. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 23/06/2023 - 07:31

Nee wat ek lê maar nog steeds orals rond, lê net nie meer so baie op die forum nie.

Kyk partyplekke lê maar net lekerder, en sagter om op te lê!

Ek jaag nie meer weduwees rond nie, hopeloos te veel moeite, en is hulle demanding!!! 

Ek het ń baie goeie vriendin, in haar middel veertigs, baie aantreklik, met ń lyfie wat skrik vir niks!! Ons is baie groot vriende, MAAR soos die engelse sê, " Friends with benefits" ons verkies dit albei so.

Ons het vreeslik baie in gemeen, albei lief vir die natuur en kamp. Sy her ń Cruiser V8 wat baie goed ingerig is vir bundu kamp, en ons maak nogal gereeld gebruik van die Cruisertjie.

Sy besit ń wildsplaad in die vêrre Noorde, ek ry nogals gereeld soontoe vir ń paar dae!

Sy kom ook gereeld vir ń naweek hier by my kuier Ongelukig hou haar plaas haar baie vas en kan sy nie te veel en ook nie vir lang tye weggaan nie!

Ons verstaan mekaar baie goed en erwag niks meer in ons verhouding nie! As die lus vir die byvoordeke te groot raak k9m ons maar bymekaar, ons is gelukig redelik naby aan mekaar, net si onder die 400 km!.

Ek het mos nou ń petmanente staanplek hier by Shammah Bosveld. Het vir my ń slerpwa gekoop, toegerus met , vries en yskas, lekker tent en groot baie stewige casibo. Alle stoele eetgerei ens klaar daarin gepak.

As die lus vir kamp my vang gooi ek net klere in, hak die wa en ry!!!

Groete vir almal daar en hou die kampvure hoog!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus