Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Scottburgh hier kom ons!

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Terwyl Wessel besig is om wilde atome in Oom Paul se tuin te soek raak dit seetyd vir oom woeste wind en vroulief...Scotties hier kom ons! Volgende Sondag 18de Junie vertrek ons weer KZN Suidkus toe vir ons jaarlikse maandlange wegvlug van die Gauteng koue af . Ons is geboek tot die 18de Julie maar sal seker rondom die 16de Julie terugry, beter op 'n Sondag met heelwat minder vragmotors op die pad. Volgende week is dit die laaste goed om die Fleetline reg te kry en pak. Soos gewoonlik (ons is maar "animals of habit") staan ons op #91, dis in Seewinde Laan reg op die strand. Ons bly maar seemense en verkies die tyd van die jaar, gewoonlik is die weer heel aangenaam met relatief min wind en reen, en ook nie miljuisende mense wat mens vertrap nie...as van die maters in die omgewing is maak gerus 'n draai! Diegene wat onlangs die N3/N2 van Gauteng af gery het KZN toe, ek hoor graag iets oor die pad toestand...ek aanvaar daai permanente padwerk voor en na Pietermaritzburg is steeds daar? 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 08/06/2023 - 12:48

Geniet dit Grootwind. Ek was een keer in Scottburgh (baie jare gelede), maar in 'n vakansiewoonstel. Ek was geel van jaloesie toe ek sien hoe die manne elwe (of "shad" soos hulle dit daar noem) vang en ek het geen hengelgerei saam met my nie.

Die volgende jaar wen ek toe 'n luukse naweek in Phinda Nyala danksy Getaway. Die prys was egter net vir twee persone. Ek kon toe reël om my twee kinders ook saam te neem, maar dit het my 'n arm en 'n been gekos. Daarom huur ek toe vir die res van ons vakansie 'n toegeruste karavaan in Widenham, by Unkomaas, wat redelik bekostigbaar was.

Daardie keer het ek voorbereid vir die elwe gegaan. Ek dink dit is wanneer my seun sy hengelmanie begin ontwikkel het. Hy was nog 'n klein mannetjie en pa het maar sy "tackle" aan sy nuut-gekoopte visstok en katrol hanteer. Ons het vanaf die karavaanpark sommer net oor die pad gestap tot by 'n lekker hengelplek. Ek het eers sy aas aangesit en hy't gegooi. Hy't 7 elwe op die wal gehad voordat ek die die eerste keer kon ingooi soos wat hy my besig gehou het met aas aansit en visse van die hoek afhaal. Toe ons toegelate kwota van 10 elwe vol was, is ons terug karavaan toe - vol verwagting vir die res van die tyd by Umkomaas. Dit was egter die laaste van ons hengelsukses.

Dus - as jy ook 'n hengelaar is, wens ek jou stywe lyne toe by Scottburgh.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 08/06/2023 - 14:37

...............baie aangename herinneringe van vakansies by Scottburgh tydens ons verblyf in Pretoria en Roodepoort - ons destydse tiener seun kon nie wegbly van die strand met sy paar meisies met hulle deurtrekker bikinis nie.  Deesdae is dit 'n algemene gesig op strande,

Ons het altyd gedurende die Junie/Jule skoolvakansie daar gekamp en die weer was altyd heerlik.

GW, ek is vol vertroue dat julle 'n heerlike vakansie gaan geniet.  Moenie vergeet om ons op hoogte te hou met fotos nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 08/06/2023 - 14:55

Shhhh.....Len, netnou hoor Ma hoekom die ou man so graag soontoe gaandevil

Nee Chris ek hou nie van die hengel ding nie, oorlede skoonpa het hard probeer om my te oortuig dat dit lekker is maar uiteindelik het hy moed opgegee...smiley

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 08/06/2023 - 16:30

ons destydse tiener seun kon nie wegbly van die strand met sy paar meisies met hulle deurtrekker bikinis nie.  

Gelukkige knaap! Was hulle die seun s’n of die strand s’n?  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 09/06/2023 - 12:14

Geniet die voorbereidings en vooruitsig na ‘n matige maand langs die see. Dit is darem lekker in die winter aan die Suidkus. Ons het altyd na die Gunston 500 gaan kyk in Durban en is snaaks aangekyk deur die plaaslike mense met hulle langmoue wanneer ons swem. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sat, 17/06/2023 - 17:12

Die Fleetline is gepak en reg getrek om net more oggend 5 uur te haak, dan vat ons die langpad Scottburgh toe! More aand slaap ons met die gedruis van die golwe in ons ore, vir 'n hele maand lank! Dinsdag het ek ook die Ranger bietjie bederf met 'n nuwe stel Good Year Wrangle All Terrains, hoop hulle is beter as die Wrangler All Weathers wat maar skaars 34000 km gegee het. Kon Bridgestone Duelers vir R1k die stel goedkoper kry maar die 4x4 forum manne reken die is 'n magneet vir pap wiele. Maar nou ja, trokkie is ook nou gelukkig en reg vir die pad. En ek verstaan dat die sardiens die jaar reeds vroeg loop, hoop ons is die keer gelukkig om die spul te kan sien, gegewe die vorige klompie jare is daar nie sardiens innie see nie, net in blikkieslaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 17/06/2023 - 17:34

Ek wil nie in 'n bande-debat betrokke raak nie, maar ek het oor etlike jare die grootste respek vir Bridgestone Duelers opgebou. Ek het nou Dunlops op - net omdat ek dit verniet gekry het. Maar hulle sal moet uithaal en wys om die Duelers te kom. Dalk bewys die Dunlops my skeptisisme nog verkeerd.

Ek haal met gemak 100k km uit my Duelers, maar my enigste stel Wranglers wat ek opgehad het, kon nie by 40k km kom nie.

Maar terug na jou rede vir opgewondenheid - geniet julle tydjie mater.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 17/06/2023 - 17:48

..............maandlange "wegbrekie" na Scotties, GW.  Ons het wonderlike herinneringe van vakansies jare gelede daar, voor ons Kapenaars geword het !

Moenie fotos vir ons tuisblyers vergeet nie !

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 18/06/2023 - 09:25

Geniet dit! Dit bly maar ‘n nadeel van die Wes-Kaap se see. Selfs in Desember kan dit te koud wees (die water) al is mens by Grootbrak. En solank mens nie hoogsomer in Natal is nie, is die sub-tropiese klimaat heel aangenaam. Veral die matige winter. Na die afgelope vier dae se storms skyn die son darem vandag hier, maar die maksimum is net 11 grade. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 18/06/2023 - 11:39

....heeldag na bikini-meisies kyk, sand in jou klere hê, as jy tussen olifante en buffels kan vasgekeer weesdevil

Grootwind : Bridgestones Duelers trek seker net op Rangers papwiele aan. Ek het nog nooit 'n papwiel gehad met myne nie, behalwe soms as ek vuilgoedgate[stortingsterrein] toe was. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 18/06/2023 - 12:25

 .... wat ek ooit met 'n Dueler gehad het, was 'n paar jaar gelede by Punda Maria - toegeskryf aan 'n dakskroef waaroor ek tot vandag nog wonder waarvandaan dit gekom het. Maar nietemin watter soort band dit was, reken ek dat ek met veiligheid kan sê dat ek beswaarlik 5 papwiele oor my hele bestuurs-leeftyd gehad het. 

Vir die wis en die onwis ry ek maar 'n band-herstel "kit" saam in my voertuie. Die keer in Punda het dit handig te pas gekom.

Nou hoe de demmit kan 'n mens nou Grootwind se vakansiedraad so kom opneuk. Jammer GW - solank jy net jou maand by die see terdeë geniet.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 21/06/2023 - 15:06

Ons was verlede jaar Desember daar vanaf die 23ste tot en met die 2e Jan. Vrou kinders en kleinkinders lekker gevakansie terwyl ek feitlik elke dag moes gaan werk op `n perseel wat my werkgewer "goedgunstiglik"beskikbaar gemaak het. Kon darm so dag of 3 saam hulle deurbring die res was maar kuier in die aand.

Een ding wat ek daar opgemerk het is die Checkers se sixty 60  aflewering. Daai scootertjies was heeldag in en uit die kamterrein om aflewerings te maak. So maklik en gerieflik volgens almal maar al wat ek kan onthou is hoe dit my irreteer het die klomp scooters met ouens in kersvader pakkies.... Die kleinkinders het dit geniet

Geniet dit

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 21/06/2023 - 15:22

Sondag afgery hiernatoe, die N3 was verbasend stil, byna geen vragmotors nie. Kamp opgeslaan Maandagoggend en sit nou en "werk" terwyl ek vir die see  kyk! (Met 'n Germaanse bruisdrankie byderhand!) Tans meestal ouer mense met heelwat oop plekke, sal seker effe besiger raak sodra die skole Vrydag sluit....sal maar moet sien hoe dit dan gaan. Sal fouties stuur een of ander tyd....

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 21/06/2023 - 17:04

.... iets wat destyds (ek praat van die laat 80's) opgeval het van Scottburgh se karavaanpark was die feit dat daar geen heining aan die seekant was nie. Enigeen kon van die strand se kant af die park betree. Is dit nog so? Indien wel klink dit vir my of ek dalk maar skrikkerig sal wees met ons liewe land se misdaadsituasie. Of is daar ander sekuriteits-maatreëls van toepassing.

Ek onthou van die miniatuur treintjie wat daar was waarop ons saam met ons kinders gery het. Bestaan dit nog?

Geniet daai bruisdrankie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 21/06/2023 - 18:05

Daai oop strandfront is presies nog net so oop...ons wa staan basies teen daai oop strandfront. Dis juis waarvan ons hou. Staan al baie jare lank elke jaar hierdie tyd op staanplek 91. Nog NOOIT enige voorvalle of diefstal ervaar nie, daar is darem 'n "roving" wag of twee wat veral op die area fokus. En dan ry daar 'n paar keer per nag 'n polisie voertuig deur die park. Jare ge;lede het ons nie eers die wa se deur gesluit nie, maar deesdae sluit ons die deur darem snags. Het ook 'n klein alarm in die tent wat ons binne die wa waarsku as iemand die tent betree (of "be-sluip" seker meer gepas!). Die strandfront het deesdae ook vloed ligte wat die spulletjie belig (behalwe tydens beurtkrag natuurlik). Die treintjie se spoor het 'n klompie jare terug met die groot storms weggespoel en is nooit weer herbou nie....nogal jammer daaroor

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/07/2023 - 09:07

Môre vriend

Julle behoort mos al terug by die huis te wees, of hoe. 

Ek aanvaar julle het die seevakansie geniet, maar waarom so stil? Hou die werk of skoonmaak van kamptoerusting jou besig?

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 28/07/2023 - 14:34

Yip, al 2 weke terug. Effe dol gegaan, toe ons besig was om op te pak soos beplan kom die nuus deur dat Skoonma oorlede is, so laas week was begrafnis reel, die week inhaal met kontrakte waarmee ek besig is. Sa een of ander tyd terugvoer gee oor die maand by die see.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus