Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -2 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -3 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -4 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -4 hours ago

Totsiens Halfloaf

Pretoria
Submitted by Slowstrike on
Forums

Ons het voor verlede week gaan kamp by Dube vir oulaas met ons reuse karevaan wat nou sy doel gedien het en moet plek maak vir `n ander. Die ander een is al gekoop en 2 keer gebruik maar sal eersdaags die enigste een op die werf oorwees.

Het die Scout nuut gekoop in 2006 vir R63 900. Al wat ek bygevoeg het oor die jare was 2 grondseile ,neuskombers add a room en `n klein afdakkie agter vir wat ook al soms `n opwasplek meestal iewers waaronder die hout droogbly en die wasgoed droograak. Gereeld gediens en geseël 2 mall nuwe bande (ouderdom nie kilo`s nie) en inloopskokbreker vervang. In al die jare was die wiellaers nooit "gediens"of vervang nie en is volgens my en die persoon wat altyd aan my karevaan gewerk het nog in perfekte toestand. Dus is ek een van daai wat ook nie glo om elke x kilos die goed te laat pak/diens nie. Ek doen dit dan nooit op my ander voertuie nie.

Wou hom 2 jaar gelede al ingeruil het maar dit het toe nie gebeur nie aangesien ek privaat by iemand die "nuwe" karevaan gekoop het. Die karevaan sou na die kinders toe maar aangesien hulle landuit is moet hy nou maar gaan.

Bure se skoondogter wat vir my die nuwe wa gekry het het aangebied om die Scout the verkoop. Al voorwaarde was ek moes gaan kamp alles opslaan en fotos van alles neem.Die nuwe koper gaan R115 000 vir hom betaal. Ek drink nie eers meer regtig nie maar het my nugter geskrik. Na al die plesier van al die jare kry ek goeie geld terug vir

 

`n ou ding. Wys jou net as jy `n karevaan oppas sal jy altyd jou geld terugkry.

 

.

.

.

.

Pretoria

Slowstrike

Wed, 21/06/2023 - 18:46

Sekelik die kleinste wa met 2 dubbelbeddens. Daar is `n paar te koop vir tussen R90 000 en R135 000. verstommend. Ons slaap of het altyd op die uitslaan bed want daar is `n venster wat ooprits dan kan ek lekker lê en uitkyk buitentoe en koel in die somer. 

Ek het die geheim van in harmonie kamp opslaan gevind en sal van nou af altyd dit so doen. Dalk net die mond ook toeplak

.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/06/2023 - 19:37

....dat;

1]waens hulle waarde behou. Versekering maatskappye moet dit ook in ag neem

2] wiellaers met 17jaar diens. dit wys jou net, dat daai vervang storie 'n mite en foefie is. Of, dalk was jy maar net gelukkig. 

Nuwe wa-----wys en vertel mens!!!!

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 20:02

................interessant wees om te sien waarmee het julle Halfloaf vervang.  Nog iets, gewoonlik gaan 'n mens kleiner as jy oud word, maar in julle geval gaan julle groter  -  verduidelik asseblief.

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 21/06/2023 - 20:16

Nuut nee wat nuwe waens is onbekostigbaar. Vir my was dit `n nuwe tweedehandse een.

My hart veloor op `n Penta maar soos gewoonlik wen die happy wife happy life gesegde. Badkamer moes hy hê en toe word dit `n Exclusive GS 2016. Gelukkig het ek darm die 3.2 Ford om hom te kan sleep. Het na so baie gaan kyk maar moet sê die donker kaste in sommige modelle het ons glad nie aangestaan nie ek het sommer benoud geraak daar binne. Die een het `n ligte en donker grys afwerking wat heelwat beter en meer ons smaak is.

Ek wens ons het by die besluit gekom toe Willem sy wa wou verkoop daai was nou `n netjiese opset met alles wat oop en toemaak en sou my minder gekos het as die een met feitlik niks ekstras nie. Spyt kom te laat maar dan soos my pa altyd gesê het elke ding op Sy tyd. 

Enigste elstras is `n aircon (gelukkig agter op sy eie raam nes ek dit verkies) en `n awning wat altyd gebruik was deur die vorige eienaar. Geen movers nie sal dit moet opsit ek reverse soos `n krap. Al die tente is splinternuut net 2 keer gebruik. 

Ons bly in `n pypsteel erf en ek het nog nie eers probeer om hom hier in te kry nie en sal ook nie voor die movers op is nie. Omdraai hier in die agterplaas gaan `n uitdaging wees. Staan tans by my ousus se woning so 2km van my af onder `n dak met 3 kante wat toe is. Dink amper om hom daar te los vir eers want ons huis is ook in die mark en einde Oktober is my aftree datum.

Ewiks movers word volgende week geinstalleer deur CJ Aircons hulle kom doen dit by jou perseel. Sal dan `n paar fotos neem..

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 21/06/2023 - 20:30

Oom Len..

Wil vir `n paar jaar lankstaan/toer ding doen en rustige aftree plek soek. Ek woon al my hele lewe lank in Pretoria en dinge hier is so aan die agteruitgaan en na 40 jaar se werk soek ons rustigheid en hier sal mens dit nooit kry nie.

Die groter is maar vir die badkamer/toilet maar ek is seker my vrou dink dis vir meer pakplek vir daai hordes skoene en klere smiley. Gelukkig hoef ek nie `n ander sleepvoertuig te koop nie anders sou dit heel moontlik die penta gewees het wat volgens my perfek was maar nou ja ek is mos nie `n bang man nie ek praat meer net nie teë nie.

Wessel

Ja die Scout was virseker vir waarde maar dit was vasgepen op R90 000 dit is die maks wat Carasure wou toestaan met die laaste oorsig van die polis.

Die wiellaers was regtig nie aan geraak nie en soos jy sê dalk was ek net gelukkig. Kon dalk anders gewees het sou ek deur `n paar potholes was maar sover was ek nog gelukkig met die karevane nooit enige skade aan hulle nie. Karre dis nou `n ander storie te veel ongelukke na my sin selfs al was nie een van hulle agv my toedoen of nalatigheid nie daar was ek nog altyd minder gelukkig.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/06/2023 - 21:38

............Dit is na my mening 'n wonderlike wa, heerlik om te sleep en nog lekkerder om mee te gaan vakansie hou, of soos in julle geval, die lankstaan ding te doen.  Jy gaan nog vir Mammie baie dankie sê vir haar slim keuse.  En daardie lugversorger is net mooi op die beste plek geïnstalleer.

Stem saam oor die "movers"  -  dis 'n moet vir die groot wa, veral met sy vier wiele.  Dit maak die lewe met 'n groot karavaan net soveel makliker.  Ek het nouwel die ingevoerde PowrTouch maar die Suid-Afrikaanse Ewiks word hoog aangeskryf, veral vir naverkoopdiens en 'n kwaliteit produk.

Onthou om vir ons fotos te neem met julle volgende wegbreek.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/06/2023 - 07:10

Môre SS

met julle aankoop. Ek hoop julle gaan daarmee gelukkig wees. Julle kan dit mettertyd aanpas en toerus na jou vrou se sin.smiley 

Is die idee dat julle gaan swerf vir 'n ruk soos nomade, en 'n rustige aftreedorp soek. Dan moet julle wyd gaan swerf, tot onder in die omgewing van DA-land. Dalk in die omgewing van die Klein Karoo [R62 roete] as julle van droë warm klimaat hou. Anders swerf af na die omgewing van Stanford, Kleinmond ensovoorts.

Ek gaan September blomme kyk in Namakwaland en sommer 'n gevoel kry. Ek beny mense wat kans sien om huispenne op te trek en te verhuis. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 22/06/2023 - 07:23

Versus die Scout gaan dit mos voel julle het nou regtigwaar 'n huis op wiele. Geniet hom.

Ou Wessel kan darem soms 'n sinvolle bydrae maak 😊 Kleinmond!!!

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 22/06/2023 - 08:35

Dankie vir die gelukwense maar my bankbalans voel nie so gelukkig nie. Ek gaan eerder hulp nodig hê as daai tent opgeslaan moet word.

Darm kry ek `n derde van die koopsom terug as die Scout saterdag vertrek na sy nuwe huis. Blykbaar `n jong paartjie wat hom koop. Ek hoop hulle gaan net so lekker met hom kamp.

Wessel

Ja rondtoer is die plan en staan vir maksimum 2-3 maande op `n plek ek sien die pensioners kaartjie het sy voordele.

Ons het 2 erwe om van te kies een in Glentana ek sal graag daar wil gaan bly maar o magtig die huise wat om ons erf staangemaak is maak my bang. Nie een van die bure sal hou van my idee van `n aftree huisie nie en dit sal lyk soos `n molshoop teen tafelberg. Ek het geen begeerte of nut vir so reuse huis nie. Snaaks toe ons begin soek vir bouers net om `'n idee te kry van boukostes ens het die oproepe ook begin kom van agente wat kopers het vir die grond.

Die ander erf is in Paradysstrand. Bo op `n bult in `n cul de sac so daar sal altyd 'n see uitsig wees. Hierdie erf was `n geskenk van skoonpa wat vir elke dogter 'n erf daar gekoop het nadat skoonma oorlede is. Ons moes net die oordrag betaal het en snaaks genoeg van die 6 ja ses dogters het net 3 besluit om die erwe te hou. Sal dalk hier opeindig.

Chris

Die "huis"gedeelte maak my bang. My vrou dink klaar sy gaan al daai hordes klere en skoene saamsleep daar is mos baie plek. Ek glo darm sy sal anders daaroor dink as ons op die pad is.

Ek het weereens gesien hoe ontspanne en gelukkig die langstaners is by Dube. Almal vertel dit is die beste besluit ooit en ek hoop dit is vir ons ook so ervaring.

Ek besef egter dit gaan tot 'n einde moet kom en dan moet daar maar weer in 'huis ingetrek word solank dit nie `n aftree oord vol klakouse is nie wink

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/06/2023 - 09:13

Môre SS

As ek moet kies, sal dit Paradysstrand wees. Bloot omdat dit bo-op ,n bult is.

Ek het van daai erwe by Glentana tot by GrootBrak so gekyk, doer onder in die dale!!! As hulle die WesKaapse se reen moet kry, het daardie huise groot moeilikheid. Ek sien ook houthuise is mode daar, wonder net wat kos die kontinue onderhoud daarvan. 

Ek sal eerder klein klinkersteen huisie, met teëldak en ge-anodiseerde Alluminium rame verkies. Wat seg ons kundige vriend, neef Herman.???

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 23/06/2023 - 20:52

Hout konstrukie het plek waar dit moeilik en te duur raak vir konvensioneel. Hout is duurder as bakstene /m2 agv komponentkoste. Ek vewys nie na bekostigbare strukture nie, daar is ek nie op datum nie, maar die bokant van die mark se klient.  Hout vir die klas afwerking en kwaliteit sal bokant R15-20k/m2 wees. Konvensioneel dalk effe minder op n toeganklike erf, maar dan waar baie grondwerke nodig is, en toegang beperk styg die kostes skerp.

Dit is goedkoper om n 20+ jaar oue huis te koop, en te verbeter, binne perke natuurlik. Maar as jou sakke bult, en jou arms kom by, is daar niks lekkerder as om pasgemaakte huis te bou nie.

Wessel, aluminium is duursaam, maar daar waar die seesproei dit bykom, roes dit ook maar weg. Staal rame is nie n opsie hier nie, hout is die ander keuse.

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 24/06/2023 - 06:34

Wessel, ek het op jou navraag reageer , en die gesprek heeltemal besoedel!!!.

Lees dit, gaan netnou delete, of Anton of wie ook al, kan dit verwyder , asb

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 24/06/2023 - 07:10

Môre vriend

Dankie vir insiggewende inligting. Dalk moet jy dit juis nie delete nie, Slowstrike en ander mag dit ook as uiters waardevol beskou.

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sat, 24/06/2023 - 08:00

Baie geluk met die Exclusive........,...................miskien kamp  ons mekaar raak, want ons  jaarlange toer begin Augustus. Vir dieselfde rede het ons die Classique gekoop. Het ook alles verkoop en kop staan Jeffreysbaai -  Knysna omgewing toe. 

Net soos julle wil ons ook so klein as moontlik bou/koop en plan is om daardie omgewing te kamp en besluit te neem. Dit is die plan maar miskien besluit ons oppad daarheen dalk anders. 

Eintlik lekker om nie gebonde te voel nie. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 24/06/2023 - 08:42

Magties, om sulke persente aan te skaf, en te kan regverdig, is puik gedoen. Die nuwe wa gaan sekerlik op n stadium hierdie kant toe kom, dan kry ons mekaar in die Karoo NP.

As dit nie was vir die swetterjoel diere nie, het ek beslis ook so skuif oorweeg. Sal wat wou gee om n laaang toer te maak.  Reg rondom, kruis en dwars.....

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus