Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -3 hours ago
Hael November 2026 Geert -3 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago

Pad en roete inligting

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.

Groete

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 01/05/2023 - 11:03

... wat sy saam met die damwater ingekry het. Dit besoedel glo jou brein. laugh

Maar noudat ek daaraan dink - drink jy dit nie ook reeds vir 'n paar jaar nie? Jou brein nog "okay"? Is jy seker? wink

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 01/05/2023 - 14:20

Semigreer ...

.... soos Jak de Priester sing. 

Chris, dit is ons plan. Ons wou net hierdie langnaweek verby gekry het. My huis se dak is ook nou weer geverf en ons sal seker nou ERNSTIG begin rondkyk. Ons wil kyk in die George omgewing dalk ook Worcester, aangesien ons naby 'n fasiliteit wil wees vir ons dogter. Sy kan nie by die huis sit saam die "oumense" nie. Moet wel kan sosialiseer met haar eie en sou ons iets oorkom moet sy daar kan inwoon. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/05/2023 - 15:07

Middag Hennie, julle is sekerlik goed ingelig waar sulke plekke is. George en Worcester verskil soos NAT en DROOG respektiewelik.

Hoe groot radius om die plekke soek julle. ??

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 01/05/2023 - 15:18

Middag Wessel, ja ons is 100% bewus van die klimaat verskil. Daar is egter meer plekke in Worcester waar hulle voorsiening maak vir die gestremdes. My hart voel dat ek maar George se kant toe moet gaan, maar tyd sal leer.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 01/05/2023 - 15:24

Nou nog net Wessel en Marie se koppe ook regkry. devil Dat 'n gebore en getoë Wes-Kapenaar (resorteer Bonnievale nog onder die Boland?- indien nie, baie amper) so vasgehaak kan word aan daardie Noorder-wêreld met al sy probleme. Hulle het nie meer kind of kraai wat hulle daarbo kan vasbind nie. Maar hulle verkies om te bly damwater drink. Hoe het ek dit met die Strydoms?

Tot Lapskag het nou-al amper in die beskawing geëindig deur Jeffreysbaai toe te trek - eers vanaf Fochville na Bloemfontein (daar waar dit volgens alle berigte ook nie baie "bright" gaan nie). Nou nog net die volgende skuif 'n bietjie meer wes.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/05/2023 - 16:01

Middag Chris B, Hennie en ander lesers

My gatkrulle  oor faktore maak my soektog effe moeilik;

koel weer, maar nie konstant nat nie,

Marie sit groot premie op " naby mediese fasiliteite"

verkieslik 'n aftree oord/kompleks met mediese ondersteuning

hoef nie groot te wees nie, maar daar moet plek vir woonwa wees, en ek mag dit in oord berg/staanmaak. Twee slaapkamer, 2 badkamer , 2 garages en afdak sal werk.

Dit is nou met laasgenoemde waar fondse inskop, want die verkoopmark in Brits is effe vrot. Pryse in plekke soos Montagu, Robertson byvoorbeeld is ook maar duur [>MR2.0]

 

 

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 01/05/2023 - 19:50

Jip, net soos Chris daar sê, ons is nou hier in J'baai. Gaan Woensdag my bakkie en waentjie haal in Bloem dan is ons ook ten volle by see. Eintlik het dit alles vinnig in die laaste 6 maande gebeur. Ons glo en vertrou dat ons dit hier gaan geniet. Maar in my hart bly ek 'n Vrystater wat ook van vis hou. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 01/05/2023 - 23:29

..............ons bly natuurlik hier in Kaapstad, maar nie teenaan die see nie.  Ons huis is in 'n kompleks, maar gaan in die klompie komende jare (dalk maande) dalk moet plek maak vir 'n kleiner plekkie in 'n aftree-oord met versorging fasiliteite. Met ons twee ou kranklikes is laasgenoemde 'n absolute vereiste. Sover kon ons nog nie soiets raakloop waar karavane ook welkom is nie.  Dus stel ek maar hierdie skuif nog uit.  Die enigste alternatief is om die karavaan maar te laat stoor, maar dit kos weer 'n arm en 'n been.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 02/05/2023 - 06:00

Len en ander, Ja dit is 'n probleem met die karavaan. Ek/ons het besluit as die karavaan dan moet gaan, dan is dit maar so. Verkieslik wil ek/ons nou die laaste keer trek.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Fri, 05/05/2023 - 11:50

Ons beplan Namibia toer eind 2024 en soek oorslaap plek naby kuruman. Redsands is toe oor desember. Ander alternatief is kimberly oor maar 200km verder

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/05/2023 - 12:40

Middag Ski

Dis nou 'n gatslag dat RS toe is. 

Jy sal maar moet soek deur Lekkerslaap of sulke soekenjins. Ek kan nie die plekke onthou nie, maar daar was wel kampeerplekke rondom Kuruman.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/06/2023 - 08:37

Hello Johann

Julle het omtrent gekamp die afgelope ruk.

Dankie vir jou terugvoer oor Magoebaskloof. As jy daar kon afry met 'n Penta agter jou bussie, dan behoort ek dit ook skotvry te maak.

Jy noem "afgaan na 2de rat", het dit te vinnig begin gaan teen die afdraendes.? Geen rokie uit die wa se remmedromme nie? Dalk was my Palma se inloopskokbreker net te pap toe ek daar af is, en rook getrek het.

Soos elders genoem, ek het maar weer Georges Valley gesleep tot in Tzaneen.   

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 29/06/2023 - 10:45

Wessel daar was geen oorverhitting op die remme nie, maar ek het meer die enjin se stukrag gebruik om lekker stadig teen die afdraendes te hou. (Afdraendes en skerp draaie loop nie lekker saam nie)

Die mede pad verbruikers was ook baie geduldig en geen oomblik het ek die gevoel gehad dat ek mense ophou nie. Plek-plek was daar ook motors voor my wat rustig was.

Die Penta se inloop skokbreker is nog splinter nuut, dalk was jou Palma sin nie so lekker nie?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/07/2023 - 14:34

Middag Hennie

Weet jy dalk of Hendrik Potgieter al herstel is?? Ek sleep volgende maand hier af op die N1, en dit bly steeds die lekkerste aansluiting by Gordonweg om van Brits af  op die N1 te kom.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 24/07/2023 - 05:33

Môre Wessel,

Die beplande datum vir die voltooiing van die projek is eers einde November. Dit blyk dat hulle op skedule is met dit. Ek weet die DA wykslid ook vandag weer die plek gaan besoek.

Ek het gisteroggend die "ompad" gery, en dié pad is ook nou al in 'n toestand/gehawend.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/07/2023 - 07:08

Môre Hennie, dankie vir jou inligting. 

Ek sal dan maar die R512 ry tot ek aansluit by die N1. Ek dink dit is veiliger as die M5 wat by plakkerskamp verby loop.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 24/07/2023 - 11:30

Wessel, ek het al voorheen ook so 'n aanbeveling gemaak. 

Hoekom ry jy nie net verby die Hendrik Potgieter kruising oor die berg en draai dan Robert Broom van die N14 af. Die pad sluit later aan by Christiaan de Wet en as jy regs opdraai is dit 'n entjie en jy is op Ontdekkersweg.

Alternatiewelik kan jy op die N14 verby die Robert Broom afrit ook ry, en omtrent 2km verder draai jy links in Voortrekkerweg (by Key West Winkelsentrum) wat later Ontdekkersweg word.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/08/2023 - 14:21

Middag vriende

Sit ek en wonder, wie gebruik wat as hulle 'n roete beplan, of bestudeer.

Ek is eintlik 'n padkaart voorstander, en met vakansies is my boek altyd in Grompie. Tog, help 'n GPS mens soms, veral met die voorafwaarskuwing, en selfs beeld van die baanuitleg.

Soms sukkel ek om die ding te programeer. Dalk is ek net te onnosel [tegnologie gestrem], maar partymaal kan ek nie byvoorbeeld 'n sekere woonwapark vind nie. Soms is mens gelukkig as plekke se fakture die volle straatadres gee, dan is dit maklik. Dit sal eintlik baie help as parke en woonwaparke/vakansieplekke hulle volle adres en/of GPS koordinate kan verskaf.

Dan sukkel ek soms om die instrument te dwing om 'n spesifieke pad te neem, of deur 'n dorp te ty. Byvoorbeeld, ek wil deur George ry, NIE deur Blanco NIE. 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 08/08/2023 - 15:43

............ek gebruik TOMTOM se route planner op my rekenaar om 'n reis te beplan.  Wanner ons reis, skakel ek die Pathfinder se ingeboude GPS aan om vir ons aan te dui hoe ver is dit na die volgende dorp en/of eindbestemming.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus