6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -13 seconds ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -19 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -49 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -8 hours ago

Pad en roete inligting

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.

Groete

Hi Len. Dit bring nou herrineringe by my op. Ek het die Sprite 400 gehad en hom gesleep en Ford Escort 1.6. Was daardie Anglia 'n 1200 of 'n 1000 cc?

Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/04/2023 - 11:40

..... was daai Fordjies net sulke swak slepers soos die Territory's en Rangers deesdaedevil

Vaalpark

Johann L

Tue, 04/04/2023 - 13:09

Middag Wessel, ek het in 2019 die Du Toitskloof pas, plus nog so paar ander ook met die Penta, en soos Len, breuk ek ook nie my kop oor passe nie.

Vat dit rustig en geniet die uitsig.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/04/2023 - 15:12

Middag Johann

Ek is gewoond aan du Toitskloof, maar my beterhelfte is erg senuagtig vir passe, en met my agter die pedale.

Hier in die 80 jare het ek saam met skoolmaat met groot trok kaas gery van Bonnievale af, Kaapstad toe. Daai dae was die Hugenote tonnel nie daar nie. Dan, sodra ons van Worcester se kant, deur die klein tonneltjie was, het die trok teen n slakkepas begin beweeg. Kwalik nodig gehad om ratte te wissel, en berg-op nie remme nodig nie. Dan het die kosblikke en koffieflesse uitgekom, en die groot eet feesmaal begin. Teen die tyd wat ons bo oor gaan en begin sak, was ons klaar en kon die remtrap en ratte wissel,al die aandag kry. 

Drie ander passe van vergange se dae was Grootrivier, Bloukrans en van Stadens tussen Knysna en Port Elizabeth. Hulle was rillers op hulle dae. 

Len, en ander, het julle daar 'n woonwa gesleep???

Vaalpark

Johann L

Tue, 04/04/2023 - 15:49

Ek is baie lief om passe te ry, dit is waar mens die mooiste uitsig kry.

Van Stadens het ek ook gesleep maar die N2 maak dit te maklik, my vroutjie is ook maar effe skrikkerig vir passe, maar gee nie om as ons dit moet sleep nie. Sy sit net baie styf, in haar sitplek.wink

 

Pretoria

Geert

Tue, 04/04/2023 - 16:47

Ek is ook baie lief vir passe ry, maar vat hulle rustig aan. Ons het n klompie jaar terug by Oliviershoek pas daar by Little Switzerland opppad Drakensville afgery toe ek agterkom my inloop remme op my Swing werk nie meer nie.....paar washertjies gemaak, want daai karavaan druk meer as wat ek gedink het hy kon

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/04/2023 - 12:09

Servaas, dit was 'n 1200 cc model.  Dit was die heel laaste Anglia wat ek by Steyns Ford in Pretoria gekoop het  -  die hele vertoonlokaal by Steyns het volgestaan van die nuwe Ford Escourts wat die Anglia vervang het.

Wessel, van dié wat jy noem, nog net die Van Stadenspas gesleep.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/04/2023 - 16:27

Middag vriende

Dis nou die lojale mense wat hulle verwerdig om met ons afgetredenes te gesels.

Wie het onlangs die genoemde pad gery en/of gesleep. Sit so met my geliefkoosde tydverdryf, dis nou 'n padkaart boek, en  dit tref my dat dit moontlik 'n lekker alternatief kan wees oppad Jongensfontein toe, as ek van KarooNP vertrek.. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 28/04/2023 - 17:38

... ek sit nou nie met my padkaartboek voor my nie en kan nie onthou watter roete is die R323 nie. Wat ek wel kan sê is dat die pad vanaf Ladismith na Riversdal, via die Garciaspas goed is - 'n smaller, maar goeie teerpad al die pad en nogals mooi in die pas.

Vanaf Laingsburg is dit grootliks gruispad deur Seweweekspoort. Laasgenoemde is egter prentjiemooi en as jy dit nog nooit gery het nie, skuld jy jouself om dit op jou wenslys te plaas en te doen. Met die Kavango kan jy seker maar gruispad ry.

Dit was deel van my "joints" waar ek gewerk het toe ek nog by die destydse Droëvrugteraad was. Tussen Laingsburg en die poort is 'n gedeelte bekend as Vleiland waar heelwat vrugte verbou word.

Van Laingsburg af is die eerste gedeelte teerpad, al langs die Buffelsrivier. Die Floriskraaldam, in die Buffelsrivier, voorsien water vir besproeiing in Vleiland.

Diê pad sluit aan by die R62 naby Zoar. Heng, ek kry sommer lus om self weer 'n slag daar te gaan ry.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/04/2023 - 17:50

Naand Chris B

Dankie, ek praat juis van die teerpad van Laingsburg na Riversdal. Ek sien nou dat my padkaart boek 'n stuk teerpad mis tussen laingsburg en Ladismith. Volgens google maps is dit teerpad al die pad tot in Riversdal, en nie oor Ladismith nie.

Ek het laasjaar Meiringspoort gery tot by Dwarswegstrand, daarom het ek lus vir 'n ander roete. 

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/04/2023 - 20:15

...ek moes meer kere gekyk het op Google maps. Ek kyk toe naby Lainsburg en weer nader aan R62, maar nie tussen in nie. so kyk ek die 40km grondpad deel totaal mis.

ai tog, so baie opsies. Dalk Calitzdorp om by Bo-plaas om, Ladismith en dan af na Riversdal. 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 28/04/2023 - 20:23

Wessel, dit is nie nodig om skrikkerig  te wees vir die stuk pad nie. Sewe weeks poort is mooi en die moeite werd. die stuk Grondpad tot by Laingsburg is beter as jou provinsie se hoofroetes,  of so dink ek.

Elk geval, as jy daar vashaak, is ek net net klipgooi weg. En dit glo ek nie sal gebeur nie.

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 30/04/2023 - 19:16

Naand Hennie

Ek moet Saterdag in Northcliff omgewing van Gordon weg wees. Ek wil hoor hoe is die paaie in julle omgewing. Ek ry gewoonlik as volg;

Brits met R512 totdat ek regs wegdraai om op M5 Beyers Naude verlenging te kom,

dan met N14 tot by Tarlton verkeerslig, en links af na M47, Hendrik Potgieter,

al die pad tot ek by Gordon weg kom, links 

Gewoonlik Bloemfontein toe draai ek daar regs, sodra ek oor die N1 is.

Is enige van die genoemde paaie onrybaar, verspoel Februarie, en moet ek dit liewer vermy??

 

 

 

Brackenfell

HennieBo

Mon, 01/05/2023 - 07:23

dan met N14 tot by Tarlton verkeerslig, en links af na M47, Hendrik Potgieter,

Hallo Wessel, ongelukkig is die pad in die omgewing van Ruimsig op Hendrik Potgieter gesluit. Jy kan wel op Hendrik Potgieter ry tot by die groot Decofurn Warehouse , links draai, en dan die detour bordjies volg. Ek sal dit nie aanraai as jy nie die area goed ken nie. Die Decofurn robot is net na die groot Doreen/Peter  weg kruising op Hendrik Potgieter.

Die alternatief is om reguit aan te ry met die N14 oor die berg, en dan of Robert Broom af te draai of om nog aan te ry tot by Voortrekkerweg (Ontdekkersweg) en dan rigting Roodepoort te ry. 

Vra maar as jy meer inligting benodig.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/05/2023 - 08:09

Môre Hennie

Ek het twee seniors by my, en hulle kinders het ook voorstelle gemaak. Nou weet jy mos, ouers luisters vir hulle kinders [60jr] en die voorstel was as volg;

Ry maar met R512 of M5 tot by N1, dan tot by Gordonweg afrit. 

Ek wou net bevestig waar die werklike probleem is, nou weet ek om Hendrik Potgieter te vermy. 

Dankie 

Brackenfell

HennieBo

Mon, 01/05/2023 - 08:15

Ry maar met R512 of M5 tot by N1,

Geen probleem. Wees maar net versigtig vir die area op Beyers Naude by die kruising van Peter road. Die Zandspruit "squatercamp" teenaan die pad. Daar is baie keer "iets" aan die gang. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/05/2023 - 08:29

Hennie, dis darem maar sleg deesdae dat mens so veiligste roete moet uitsoek. My kinders, dogter inkluis het menige kere maar alleen met Beyers Naude, RAU toe gery. Dit was tot 2011 en toe al was Zandspruit omgewing 'n risiko.

Nou het jy maar net bevestig om liewer met R512 te ry.

Brackenfell

HennieBo

Mon, 01/05/2023 - 08:58

Hennie, dis darem maar sleg deesdae dat mens so veiligste roete moet uitsoek.

Ja, dit is maar ons lot hier in bobbejaansberg. Die wille weste. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/05/2023 - 09:41

.... soos Jak de Priester sing. Ons het weliswaar ook in die Wes-Kaap 'n probleem of twee van tyd tot tyd, maar dit gebeur grootliks in die Kaapstad Metro-omgewing. Ons ouens in die Wes-Kaapse platteland is dit grootliks gespaar, alhoewel 'n probleempie ook soms opduik.

En ons paaie is grootliks slaggatvry. En ons het baie wyn.

Wessel - kom jy onder andere huis soek as jy binnekort diékant toe kom?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/05/2023 - 10:22

...nou krap jy aan 'n sensitiewe senuwee. Die groot probleem is dat Marie damwater in die are gekry het. laugh Ek bly skoon met gereelde rooiwyn inname, om vlakke hoog te hou. 

Glo my, gereelde kussingkonferensies word gehou.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus