Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Julie Algemeen Gesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Hier staan ons aan die begin van 2de helfde van die jaar. Julie is in Gauteng nie een van my gunsteling maande nie agv koue en kort dae, maar wat daarvoor opmaak is Julie gewoonlik ons kuiermaand in die KNP wasrna ons altyd baie uitsien....amper soos n kind uitsien na Kersfees

Dit raak seker tyd om n nuwe KNP boek aan te skaf, want ou een val uitmekaar, maar hierdie een kyk so lekker al die jare dat ek hom maar vanoggend so bietjie TLC gaan gee en fix.. Ek weet nie watter jaar ons hom gekoop het nie.....moontlik 2010? Ek plaas foto van gids in comments, want stelsel wil dit nie by oorspronklike plasing laai nie

Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/07/2023 - 11:57

....'n nuwe boek en hou daardie ene vir nostalgie.

Jis, joune is nog lekker in afrikaans, maar daar het soveel paaie en info bygekom dat 'n nuwe padkaart ook voordele het.

Daar is tot 1-rigting paaie ook deesdae.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/07/2023 - 12:04

Herman het gesê dat ek wel staaltjies mag deel uit my prulle jeug op Stellenbosch. Ek is seker julle het ook staaltjies en stories uit julle studente dae wat skoon genoeg is om hier te deel.

Wel in my dae was daar 'n reëling genaamd koffieklas. As die dosent 5minute of meer laat is, loop almal en gaan drink koffie. So doen ons toe een oggend, maar let nie op die dosent se tas is voor op die podium nie. Die volgende dag seg die dosent dat as sy tas in die klas is, is dit net so goed asof hy daar is. Dus, die volgende oggend toe die dosent instap, staan die klas vol van die studente se tasse,,,

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/07/2023 - 13:15

Middag Geert, jy moet nou 'n gesprek begin oor julle komende Kruger vakansie. Waar julle bespreek is, en dan elke dag se lekkerlees mededelings.

Ek geniet dit om so saam met almal te toer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 01/07/2023 - 13:59

Wanneer ek 'n nuwe Wildtuin-kaartboek koop, bewaar ek die oues.

Elke uitgawe van Honeyguide Publications (SANParke se verskaffer jare al) publiseer die uitgawedatum op die agterkant van die voorblad, regs-onder in die hoek.  My huidige een wat ons gebruik is gedateer April 2017 en die vorige een Julie 2005.  Dan het ek nog 'n soortgelyke kaart-boek gedateer Februarie 2021 deur Andy & Lorrain Tinker.  Al hierdie boeke is in Afrikaans.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 02/07/2023 - 07:09

Middag Geert, jy moet nou 'n gesprek begin oor julle komende Kruger vakansie.

Sal so maak

publiseer die uitgawedatum op die agterkant van die voorblad, regs-onder in die hoek

Ek het geloer, maar kan steeds nie datum vind nie, maar glo dit was 2010 

joune is nog lekker in afrikaans,

Is daar nie meer Afrikaanse padkaarte beskikbaar nie?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/07/2023 - 07:32

Môre Geert

Ek het nie spesifiek gaan soek in KNP winkels nie, maar so met die verbyloop by die rakke, kon ek nie ene sien nie. My eie , nie te oud nie, is reeds in engels..

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/07/2023 - 09:21

Jy was seker lanklaas in die KrugerNP. Die "gids" of dan padkaart boek is eintlik veel meer as net padkaarte. Daar is veel meer info in as net die padinligting. 

Party van ons sukkel met die "King's royal english", veral as dit by verdomde voëlname komlaughMens se moedertaal rol mos soveel makliker van die tong af. Even for people with english as mother tongue

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 02/07/2023 - 17:46

My broer tans in KNP....moes vanoggend eers n ruk in teerpad staan om parkeerplek by Afsaal te kry.....en tie nog n lang ruk vir n oop tafel

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/07/2023 - 17:50

Dankie tog ek kan buite skoolvakansies gaan. Daar is geen manier dat ek so lank wag vir parkering en 'n tafel.

Dan nog wag vir kos ook boonop, aikona

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 02/07/2023 - 18:56

...............kaartboeke is albei in Afrikaans.  Bo-aan is duidelik gedruk "Afrikaans".  Toe ek gekoop het was daar identiese boeke, maar in Duits.

Afsaal in skoolvakansies : Ek is eweneens baie bly ons kan buite skoolvakansies Wildtuin toe gaan want ek is nie 'n ou wat sommer in 'n tou staan en wag om bedien te word nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 02/07/2023 - 19:21

Lyk my Krokodilbrug is n populere ingang vir dagbesoekers. Sien op website dat as jy nie vooraf bespreek het nie gaan jy nie vroeg kan inkom vir volgende paar dae nie Hulle neem besprekings van 400 vir eerste 2 ure nadat hek oopgemaak het. Dis natuurlik al daai lodges in omgewing. Ek het nie daai geduld om elke dag in sulke rye te staan nie. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 03/07/2023 - 11:07

Goeiemôre!   Ons was gedurende laas week en die naweek bietjie Zaagkuilsdrift toe om my swaer se dogtertjie se 1ste verjaardagpartytjie te hou.     Ons het die laaities sommer daar gelos vir die res van die skoolvakansie en ek en vroulief het alleen teruggekom huistoe om aan te gaan met werk ens.    

Nou sien ek hier is glad nie water hier by ons nie.  Klink vir my dit is groot gedeeltes van Gauteng wat daaronder lei!   

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 04/07/2023 - 06:36

Goeie more almal,.

Het enige iemand die video gesien wat gistermiddag op sosiale media versprei is rakende die aanranding op die N1 naby Fourways. Ek sien dit is vanoggend ook hoofnuus op Netwerk24. Weereens bloulig voertuie wat betrokke was en die insittendes van 'n private voertuig erg aangerand. Die mense is geskop en hulle het op die een se kop ook getrap.

Hulle kom weg met moord.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/07/2023 - 07:15

Nounet daarna gekyk. Wonder wat het aanleiding daartoe gegee. 

Dit lyk of die persone wat aangerand word almal van die minderheids bevolkingsgroepe is. Dit het natuurlik die situasie vererger. 

Selfs die hooggeagte in sy snyerspak-klere neem deel aan die aanranding.

Wat kan mens sê---ons leef in 'n bose mafia-staat. Ek is banger vir die gepeupel van die gereg, as vir die skelms. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 04/07/2023 - 08:04

As ek daai 2 ouens was wat aangerand is, sou ek dankbaar wees ek leef nog met so n klomp wilde wapens om my....lyk of bloulig manne gou trigger happy kan raak

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 04/07/2023 - 09:04

Goeiemôre.  Eish, ons is nogsteeds sonder water.     Die munisipalieteit probeer water kanne voorsien maar kan onmoontlik nie byhou met die behoeftes nie.      Gelukkig het ons vriende hier naby wat 'n boorgat het om kanne vol te maak sodat ons darem die toilette kan spoel en skottelgoed was.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 04/07/2023 - 09:20

Ek hoor die manne wat die aanranding gedoen het is van die ministrieele lyfwagte. Glo bekend daarvoor dat hulle hardhandig optree. Die 2 jonges moes iets gedoen het om die klomp se moer te roer, maar die is darem te erg. Hulle gaan verseker op betaalde verlof gesit word terwyl die saak ondersoek word. Kan dalk lank neem.....

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus