Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -20 minutes ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -34 minutes ago
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -42 minutes ago
Laat die Internasionale… Help met kamp beddens en… Voortrekker -46 minutes ago
Braai broodjie debat Kgalagadi Oktober 2026 Geert -51 minutes ago
Wonder ek nou.  Hoe lank… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -1 hour ago

Kruger Wildtuin roetes.

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Almal plaas hul gunsteling roetes en kampeer plekke in die wildtuin op hul gespreks lyne, wat ook reg is, maar ek sal graag op een plek wil sien wat wie verkies, en hoekom.

Dit kan dinge net baie makliker maak vir almal wat so iets wil beplan, sonder om so baie deur te blaai n te lees?

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/07/2023 - 12:18

Die S36 is in totaal, vanaf die suide tot waar dit aansluit by die H7 in die noorde, 71,6 km lank. Ek het al ‘n totaal van 368,4 km op die S36 afgelê – sommige dele minder en ander dele meer kere. Ek het byvoorbeeld slegs 3 keer die gedeelte tussen die S84- en S34-aansluitings gery. Maar ek het al 9 keer die gedeelte tussen die S126 en die H7 gery.

Die S36 word redelik hoog aangeskryf om swartwitpense te sien – alhoewel ek nog nie ‘n enkele swartwitpens op hierdie roete gesien het nie. Dan, soos Len sê t.o.v. Peter Betts en Paul beaam, is dit ‘n goeie roete vir jagluiperds. Weereens was ek nog nooit gelukkig om jagluiperds op hierdie roete te sien nie.

My persoonlike belewenis van die S36 is dat dit ‘n bo-gemiddelde pad is om leeus te sien (veral die noordelike deel tussen Muzandzeni en die H7. Dan sommer net ietsie anders, alhoewel heelwat mense hulle seker nie veel aan sulke diertjies skeel nie – dit is een van die paaie waar ek nog die meeste swartkwasmuishonde (slender mongoose) gesien het.

Andersins is my persoonlike belewenis dat dit ‘n heel goeie pad is om bo-gemiddelde “sightings” van blouwildebeeste, bontkwaggas, duikers, koedoes, rooijakkalse, steenbokke, waterbokke en witrenosters te ervaar.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 05/07/2023 - 12:56

Net so Len. Ons het tot een keer n' African luislang net buite die Muzandzeni picnic plek gekry.

Die pad het ook gewoonlik die slegste opervlak. Sinkplaat quadraad. Die Timbavati pad is party keer net so sleg.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/07/2023 - 13:00

Middag vriende

Ek het die jaar weer nie my bande afgeblaas in Kruger nie. Eintlik kan mens dit doen, want elke groot kampplek het pompe. Dit behoort die sinkplaat paaie effe sagter op die lyf te maak.

Almal doen dit in Kalahari, waarom nie in Kruger ook nie??

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 05/07/2023 - 13:10

Waaroital ons grond pad ry blaas ons af tot 1.7 bar. Kruger/Pilanesberg/Kgalagadie/Chobe/Moremi/Etosha etc.

In die Skeleton Kus by Torra Bay en Palmwag het ons moes af blaas tot 1.4 bar. Anders kom jou tande los.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/07/2023 - 14:19

Ek het dit nog nooit gedoen in Kruger nie, maar gaan beslis hierdie raat onthou en op die proef stel.

0
Pretoria

Geert

Wed, 05/07/2023 - 14:49

Waaroital ons grond pad ry blaas ons af tot 1.7 bar. Kruger/Pilanesberg/Kgalagadie/Chobe/Moremi/Etosha etc.

As jy dan tussen die kampe sleep in KNP, blaas jy dit weer op vir daai klein rukkie en lae spoed.....of los jy dit op 1.7?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/07/2023 - 15:35

...en hoor wat seg Paul. 

Ek dink ek sal maar oppomp, net om drakrag te kry.  Afblaas van bande is goeie tyd om 2 biere te drink

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 05/07/2023 - 16:02

Nee ek los dit op 1.7 in die park. Ek het in die begin dit elke keer opgeblaas waneer ons sleep maar dit is te veel van n' schlep en ek het bande druk monitors wat die temeratuur ook meet. Teen KNP spoed (40 of 50 km/h) en vir die kort afstande is daar geen verkil op die temperatuur van n' band wat op 1.7 of 2.5 bar is nie. Die son maak n' grooter verskil. Aan die son kant loop daardie twee bande n' bietjie warmer. Ek praat van 5 graade warmer.

Maar weereens as dit jou ongemaklik maak.... moet mens of nie af blaas nie of elke keer weer opblaas.

Ook bygesê, laer druk bande verminder die vorm van sinkplaat op die grond paaie. In die Kgalagadie versoek die bestuur dat jy jou voertuig se bande tot 1.60 afblaas en jou trailer tot 1.20 en woonwa 2.0.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 05/07/2023 - 16:08

.....is die grootste sonde bok met die vorm van sinkplaat. Dus laer druk bande en stadig ry sonder n' skokbreeker loose trailer op die grond paaie is die beste manier om sinkplaat vorming te verminder. Dit is ook die gemaklikste en rustig.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/07/2023 - 17:35

.... van wat Paul hierbo noem t.o.v. spoed op sinkplaatpaaie. Nou kry jy die jakkalse wat juis op sulke paaie vinniger ry ten einde die ritgemak te verbeter. Maar inderwaarheid dra hulle daartoe by dat die sinkplaat vererger.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 05/07/2023 - 17:36

Ek het well n' Land Cruizer in Namibie, Anib, naby Mariental, gesien wat na 1.4 bande die side walls begin loss kom. As jy teer pad bande op het wees versigtig.

Ek het BF's op met 80 000km (50 000 Exclusive sleep) and still going strong!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 06/07/2023 - 15:45

... op die forum, gee ek graag die volgende (waarskynlik vir baie, maar dalk almal wat hier kyk en lees) nuttelose inligting.

Die volgende pas waarskynlik nie by hierdie gesprekslyn nie. Met my rekords wat ek oor die jare gehou het van my wildbesigtigings in die wildtuin, het ek ‘n tabel opgestel van wildsoortewat ek per kamp-areas waargeneem het. Ek het die aantal van ‘n wildsoort gedeel deur die kilometers wat ek in elke area afgelê het. Laat ek myself net eers hier in die rede val. Soos by ‘n ander geleentheid genoem, het ek vir myself maksimum afstandsperke vasgestel. Ek wil binne 75 km weer terug wees by my kamp. Dit bring mee dat sekere roetes nie binne enige kamp-area val nie. Sommige roetes val weer binne meer as een kamp-area. Die Orpen/Maroela/Tamboti area het skaars 56 km se roetes as jy die genoemde 75 km kriteria gebruik. En daarteenoor beskik Letaba oor net meer as 283 km se roetes.

Ek gee nie syfers vir wildsoorte waarvan ek nog maar min gesien het nie – byvoorbeeld rooikatte, tierboskatte, swartrenosters ens.

Ek noem die betrokke diersoort (alfabeties) met die kamp daarnaas waar ek die “grootste konsentrasie” (volgens die formule hierbo genoem) oor my 37 jaar se rekordhouding gesien het:

Bastergemsbok (Mopani)

Blouwildebees (Satara)

Bontkwagga (Satara)

Bosbok (Shingwedzi)

Buffel (Sirheni)

Duiker (Punda Maria)

Eland (Mopani)

Grysbok (Punda Maria)

Hiëna (Olifants)

Jagluiperd (Krokodilbrug)

Kameelperd (Satara)

Klipspringer (Pretoriuskop)

Koedoe (Punda Maria)

Leeu (Biyamiti)

Luiperd (Shimuwini)

Njala (Punda Maria)

Olifant (Sirheni)

Ratel (Bateleur)

Rietbok (Onder-Sabie)

Rooibok (Biyamiti)

Rooijakkals (Orpen/Maroela)

Seekoei (Olifants)

Steenbok (Talamati)

Swartwitpens (Onder-Sabie)

Tsessebe (Tsendze)

Vlakvark (Krokodilbrug)

Waterbok (Shingwedzi)

Wildehond (Punda Maria)

Witrenoster (Berg-&-Dal/Malelane)

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 06/07/2023 - 18:13

Dankie vir die interessante inligting van die verspreiding van die onderskeie wildsoorte volgens julle ervaring.  Ek hou ongelukkig nie sulke gedetaileerde statistiek by nie, maar ek het tog 'n paar gevalle wat ek uit die hoof uit (en volgens my fotos) onthou.  Die meeste leeus wat ons nog altyd raakgeloop het was tussen Tshokwane en Satara en wildehonde in die ogewing van Skukuza, Orpen en 'n endjie weg van Phalaborwa-hek..  Jagluiperds kry ons altyd naby Krokodilbrug op die S28 en selfs by Pretoriuskop !  Die grootse klompie witrenosters bymekaar het ons op die grondpaadjie, die S11 tussen Pretoriuskop en Skukuza gekry.  Op die H10 tussen Ondersabie en Tshokwane en net noord van Shingwedzi het ons by meer as een geleentheid enorme troppe buffels gekry.

Wat ek probeer sê, na my mening is wildbesigtiging op verskeie plekke 'n moontlikheid met hier en daar miskien 'n konsentrasie op sekere plekke soos gekenmerk deur die trop-name wat vir leeus gegee word.  Ek weet byvoorbeeld ook van 'n trop wildehonde wat al vir jare tussen Orpen en Maroela te sien is.

Ons ken natuurlik nie die boskampies waar daar nie kampeerplek beskikbaar is nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/07/2023 - 19:27

Naand Chris B

Vertel hoe die statistiek tydverdryf begin het. Het jy van dag 1 af begin boekhou, of het jy later besluit om so boek te hou van julle wildbesigtiging. 

Het jy oor die jare 'n variasie waargeneem, maw dat sekere wildsoorte uitsterf, of verhuis/trek??

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 06/07/2023 - 20:01

... dis 'n lang storie. Ek sal poog om môre te verduidelik hoe dit begin het.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 07/07/2023 - 11:42

.... vanoggend 'n WhatsApp vir my seun by Eiland Spa gestuur en gesê dat hulle die naweek se warmer weer geniet. Die koue front wat ons tans met stormsterk winde nader, slaan sy laaste kloue vanaf Maandag in die Laeveld in.

Ons assosieer Eiland Spa met lekker amper gelykstaande aan Kaapse somersweer in die winter. Maar ons het daar ook al vrekkoud gekry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus