Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -3 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -4 hours ago
Rona November 2026 Johann L -4 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -15 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -15 hours ago

Tandem sleep???

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van die foto wat Wildehond geplaas het op "Kavango raad", begin ek die gesprek. 

Ongeag die fabrikate ter sprake, hetsy die woonwa of sleepvoertuig, is die vraag;

wie van julle het al tandem gesleep, of doen dit steeds?

Indien wel, wat se hulpmiddels gebruik julle om dit veilig te doen;

1] kamera agter op die woonwa om sleepwaentjie dop te hou

2] vlaggies aan die sleepwaentjie om dit sigbaar te maak in die syspieels

3] ekstra hidrouliese remme op woonwa en sleepwaentjie

Ek kan my net indink hoe moeilik dit moet wees om van baan te verander, of voertuie verby te steek sonder hulpmiddels [1 en 2] hierbo.

Ek het al gesien hoe iemand 'n skiboot agter 'n woonwa gesleep het, en op 'n steil afdraende aan die swaai geraak het. Dit is nie 'n mooi gesig nie, veral omdat alles oor albei bane [2 rigting pad] rondswaai. Ek moes omtrent van die pad aftrek, om 'n ongeluk te voorkom.  

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 21/07/2023 - 14:32

Middag Wessel, met my seunuagtige bestuurs vermoe? Nooit, ek sal nie eers treintjie sleep van my huis tot in die dorp nie.

Maar daar is hele paar manne wat ek al gesien het wat dit doen.surprise

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 21/07/2023 - 14:53

Dis wat ek in Shingwedzi gesien het onlangs. Ek sal ook nie so trein wil sleep nie. Ek kan eintlik nie dink dis wettig nie. Die mense was darem van Limpopo, en het dus nie ver gery nie - dalk selfs net van Phalaborwa af.

A

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 21/07/2023 - 15:40

Hierdie is 'n lekker onderwerp met 10 antwoorde van 5 ouens waarmee niemand saamstem nie. Ek luister graag.

Vir my gaan dit baie oor die geaardheid en persoonlikheid van die sleper of bestuurder.  Sommige bekwame bestuurders kan rustig vinnige berekenbare besluite maak waar ander bestuurders soms geen besluit maak in 'n nood toestand nie.   Dit gaan hier oor State of Mind. 

Een bestuurder ry al sy hele lewe lang 4000 km per maand (50 000 km per jaar) en ander doen so 5000 per jaar.   Nou wie is die beste veiligste bestuurder?   Hoe bepaal jy dit?  Dan kom die ouderdom faktor ook in spel waar reaksie en konsentrasie 'n groot rol speel. 

Ek persoonlik sal twee keer dink en dan 'n veilige besluit maak.   Met so 'n kombinasie is gewig, gewigsplasing en spoed jou grootste vyand.   As jy as bestuurder die drie faktore goed kan beheer en elimineer kan jy 'n Tandem veilig sleep binne die wet. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 21/07/2023 - 15:58

Wessel---Op 'n tydperk in my werk was ek daagliks op die pad.  Ek het al ook tientalle kere gesien waar slepers in noodsituasie beland tydens sleep.   Party was sommer stupid en ander was nalatig en 'n handjie vol ongelukkig.

Ek kan wel ook noem dat ek duisende kere meer bestuurders gesien het wat die pad onveilig maak omdat hulle net slegte bestuurders is wat nie dink en padreels volg nie. Dan sleep hulle nie eers iets nie.   Ek wil ook nie op tone trap nie maar ouderdom speel ook hier 'n groot rol.   (met respek genoem)  Dan kom daar ook die drank faktor in wat minuuutliks op ons paaie gebeur wat dinge onveilig maak vir ander pad gebruikers.  Ongeldige gekoopte lisensie en weer stupid arrogante "ek weet alles" bestuurders is ook 'n groot probleem.  En so kan ek aangaan.

As ek 'n kaans sou vat dink ek dis onder 0.005% van tandem sleepers wat paaie onveilig maak vir ander gebruikers as ek regtig sien wat op ons paaie gebeur.  

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 21/07/2023 - 16:15

My vinnige antwoord is : ek sal dit nooit doen nie. Hoekom nie :-

  • Met net my karavaan gehak, kan ek nog agteruit stoot in die Wildtuin as olifante lol, maar nie met nog 'n tweede sleepding agterna nie.
  • Ek wonder hoekom is dit nodig ?  Watse goed moet daarin gelaai word as jy met vakansie gaan kamp wat nie in jou karavaan of sleepvoertuig gelaai kan word nie.
  • Ons kamp baie gerieflik met heelwat meer goed as wat die meeste kampeerders saam karwei en het wraggies nie nog 'n sleepwa ook nodig nie.
  • 'n Tweede sleepding verhoog onnodiglik die risiko om te sleep net verder
  • Die onderstel van 'n gewone karavaan is beslis nie doelgemaak om iets te sleep nie
0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/07/2023 - 16:31

Middag Len, almal geldige punte, veral die een oor agteruit stoot. Selfs buite die wildtuin, sonder olifante, is dit 'n moeilike aksie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/07/2023 - 08:39

Môre vriende

Serpioen raak 'n interresante punt aan, in watter mate is woonwaens in padongelukke betrokke. 

Uiteraard word statistiek direk bëivloed deur waarskynlikheid en populasie verhouding. Byvoorbeeld, hoeveel woonwaens is gedurende die kersvakansie op die pad, op 'n gegewe dag. Dan kom die vraag, hoeveel van daardie klein[?] persentasie, is 'n tandem kombinasie?

Ek mag verkeerd wees, maar ek is van mening dat woonwa-slepers oor die algemeen meer veiligheid ingestel is, as die normale bestuurder. Selfs ek sleep deesdae maar teen 104km/hr klok. Ry ek egter bloots, raak ek roekeloos, druk my hoedjie vas, en stoot ou Grompie op na 125km/h op die snelweg. 

Ouderdom speel seker 'n rol. Daarom word die jongmanne se premies gelaai, en dan op ons oudag, bestuur ons dalk weer oor versigtig, soos hierbo omskryf. 

Binne die yl reaksie op die gesprek moet ek aflei dat forumlede/lesers nie tandem sleep nie, of is my afleiding verkeerd.. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus