Terwyl die forum-gesprekke nou dooier as dood is, kom ons gesels 'n bietjie oor die minder populêre onderwerpe waarvan een is skottelgoed.
Ek was g'n skottelgoed tuis nie, maar op vakansie is dit my job en ek put nogal vreugde daaruit om na 'n ete die skottelgoed aan te pak en dit af te handel - dit gee my nogal self-tevredenheid as dit afgehandel is, alles op hul plek gebêre is en alles mooi netjies opgeruim is.
Ek het egter 'n paar vereistes :-
- Die skottelgoed wat gewas moet word, moet nie in die wasbak opgestapel wees nie - dit maak my sommer moerig.
- Die skottelgoed moet aan die linkerkant van die wasbak gepak word op 'n tafel of staan-skinkborde
- Daar moet vuurwarm water wees en voldoende Sunlite-seep
- Ek was met 'n skottelgoed skuursponsie en houer (kyk foto hieronder). As dit nie beskikbaar is nie was ek nie skottelgoed nie.
- Die skottelgoed-wasbak en rak moet by die tent of afdak wees, ek was nie by die ablusie nie
- Ek was soos in 'n produksielyn, van links na regs - vuil skottelgoed, een vir een vanaf die tafel aan my linkerkant, gewas in die wasbak met die skuursponsie en op die droograk aan die regterkant en daarna afdroog tot op 'n tafel aan die regterkant. Dan word alles gebêre en netjies opgeruim.
- Alle skottelgoed word gewas voor dit slapenstyd is - beslis nie môreoggend nie
Ek wil nou nie verwaand wees nie, maar ek dink dit moet lekker wees om met my getroud te wees !

My storie is amper dieselfde…
My storie is amper dieselfde as Len se produksie lyn. Was ook net skottelgoed wanneer ons kamp in die tent of onder spesiale afdakkie.
Verskil is ek was potte en braaier by die skottelwas plek by die kampe. Al lekker stories gedeel met mede wassers so terwyl ons was.
Skottelgoed was
Skottelgoed was as ons kamp is my job, en ek hou daarvan. Omdat Jurgie knap is, sal ons die binne opwas gebruik vir koppies en glase uitspoel. Vir die res, word dit in ń plastiek kommetjie gepak met sponsie en seep in afdroog doek oor die arm gedrapeer, stap ek na die opwasplek toe.
Produksielyn. Palstiek skottel links neergesit. Linkerkantste bak vol seepwater, regterkanste bak met skoon water, droograk op regterkant. En so gaan die skoonste glase eerste gewas word, potte laaste. As n artikel klaar gewas is, draai ek die kraan so op n straaltjie oop, en spoel die seep af voordat dit in die regterkanste skoon water bak gedompel word, en dan droograk toe.
Afdroog, terug in die skottel terug. Ouma pak weg.
Ek geniet die skottelgoed was by oord se opwasgeriewe. Daar is meestal tyd vir n geselsie aanknoop.
Ek het hierdie werkie ook…
Ek het hierdie werkie ook aan myself toe geëien, maar so word daar geinteveer van ouma Nannie se kant. Vir my is die kosmaak en skottelgoed was maar 'n manier om te probeer bederf en dan ook dankie te sê vir dit wat vir my gedoen ward by die huis. Ook soos by Len is ek nie sterk op skottelgoedwasser by die huis nie, maar as dit moet is my hande nie rond nie en help dan. Ek is nou sommer lus en gaan kamp om te kan skottelgoed was.
Ek geniet dit om geselsies…
Ek geniet dit om geselsies aan te knoop met die ander "skottelgoedwassers" daar by die kampeerplek se opwas plekkies.
Ek en mammie ...
... doen dit meestal saam, hetsy by die huis of tydens kamp. Sy was gewoonlik en ek droog af.
Ons was graag by die karavaan as ons kamp, maar as daar nie 'n naby-geleë "gulley" is om van die waswater ontslae te raak nie, word dit maar by die kombuisgeriewe gedoen. My roosters en swartpot gaan was ek altyd by die kombuisgeriewe.
Ons laat staan maklik ons skottelgoed tot die volgende oggend. As ons kamp, sit ek die bak met skottelgoed in die bakkie tot die volgende oggend. Ons eet só laat in die aand (selde voor 20:30) - dan's ek al lekker gewyn en nie nog lus vir skottelgoed nie.
Sou ons vroegoggend 'n "game drive" gaan vat (bv in die wildtuin), word die skottelgoed weer in die karavaan gebêre totdat ons terugkom. Skottelgoedwas is meestal 'n oggendwerkie vir ons.
Nog iets wat ons waarskynlik anders doen as meeste kampeerders is om eers in die vroegmiddag te gaan stort. Dan's daar geen "rush" en die ablusies gewoonlik klaar skoongemaak.
Hier waar ons tans is, is daar twee vrouens wat die skottelgoedtaak hanteer. Ek maak omtrent elke tweede aand kos soos gisteraand se heel hoender in die lugbraaier, eergisteraand se kerrie-maalvleis vir die vetkoek en die vorige aand se macaroni-en-kaas. Ek voel dus nie so skuldig om nie my hande aan skottelgoed te slaan nie.
Die plakkers was ons skottelgoed
Soos ek altyd vir Salomien sê; hulle betaal nie huur nie so hulle moet werk. Dit sommer tong in die kies, ons leer ons kinders van kleins af dat hulle moet help. Ek gaan nie by die huis (of op vakansie) ook nog vir hulle werk nie. Ek doen dit reeds op kantoor. Die foto hier onder is verlede Julie by Tsendze nr 3 geneem. Ek het Chris Jnr se kop afgesny. Ek weet nie hoekom nie. Dalk maar na die skrikwekkende praatjie verlede Woensdag by ons kerk oor al die gevare van sosiale media.

Ons ook
As ons kamp, sit ek die bak met skottelgoed in die bakkie tot die volgende oggend. Ons eet só laat in die aand (selde voor 20:30) - dan's ek al lekker gewyn en nie nog lus vir skottelgoed nie.
Ons eet ook gewoonlik laat, en geniet vooraf iets wat gegis het. In die nasionale parke word skottelgoed dus ook die volgende dag gewas. By die see was ons soms in die aand, dit hang maar af. Ek sê ons, want ek was maar nog die rooster, potte en skerp messe. Die kinders was die res.
ChrisS................
...ek hou van daardie aanhak mandjie vir die skottelgoed-seep en ander gadgets - gaan dadelik begin soek vir een.
Skottelgoed was die volgende môre : hoe kry julle ouens geslaap met die gedagte van vuil skottelgoed wat nog wag ?
ChrisJnr : hy staan dan langs sy een plakkie - seker van pure konsentrasie !
PEP Home of die Sjinese
ek hou van daardie aanhak mandjie vir die skottelgoed-seep en ander gadgets - gaan dadelik begin soek vir een.
Ek dink Salomien het dit by PEP Home of die Sjinese gekry. Dit werk baie lekker. Dit hang aan die Kavango se stort se rakkie terwyl ons sleep.
Ek dink Chris Jnr se voet was dalk nat. Kyk hoe vuil is sy arm en bene van in die grond speel.
Ons het terloops ook ‘n produksielyn. Verlede jaar het ek of Salomien nog gehelp met die afspoel in ‘n bak wat langs my staan op die foto. Daarna gaan dit droograk toe en word afgedroog. Die jaar het die kinders beurte gemaak. Een was en die ander spoel af en droog af. Ek weet party mense droog sommer direk af uit die waswater uit, maar ek verkies om in warm skoon water die seep af te spoel. Dan is dit heeltemal skoon en droog dit vinniger af op die droograk voor dit vadoek toe gaan.
Voor Covid het die Rotel (afkorting vir Das rollende hotel) busse nog hier getoer. Ek het hulle meer as een keer in die wildtuin gekry. Die mense ry in die bus op sitplekke en slaap in sulke pigeon holes in die agterste helfte van die bus of sleepwa. Hulle maak saam kos en was saam op. Hulle gebruik egter nie vadoeke nie, so die mense wat nie was nie staan en waai eetgerei droog met ‘n stuk in elke hand. Dit was baie komieklik om te aanskou hoe almal so staan en flap asof hulle wil opstyg. Hier is ‘n foto van so bus.

Vrou
Lyk my ek is die enigste man hier wat nie skottelgoed was nie. My vrou was 90% van die tyd by die karavaan. Ek gaan haal gewoonlik die warm water by geriewe of ons gebruik die Minigeza. Sy het altyd gekla oor die reghoek Addis bakke wat te klein is. Ek het toe paar jaar terug hierdie gemaak soos op fotos. Die afdroog rakkie skroef aan tafel vas, so kan nie omval nie. Kan dieselfde hoogte stel as wasbak by die huis
Nog iets.........
ChrisS, toe ek julle skottelgoedrak met die een wasbak op jou foto hierbo sien, wonder ek of julle ook nie gewasde skottelgoed afspoel nie. Op my foto kan jy sien ons het net een wasbak en ek spoel ook nie die seepwater af nie. (Later meld jy egter julle spoel dit wel af). Ek onthou jare gelede met die destydse bekendstelling van Sunlight skottelgoedseep was een van hulle trotse verkooppunte dit is "drip dry" en hoef nie afgespoel te word nie. Na die "drip dry" vryf ek dit tog af met 'n vadoek voor dit gebêre word.
Geert, met so 'n netjiese skottelgoed tafel, wasbakke en droograk moet dit mos lekker wees om skottelgods te was - probeer dit gerus !





Daai produksielyn werk mooi…
Daai produksielyn werk mooi. Annatjie moet seker al die regte voorbereiding doen.
Ek was ook skottelgoed by die kamp en by die huis. Ons doen dit inteendeel as gesin saam. Myself, vroutjie en dogter.