Sien dis deesdae n onderwerp wat geroer word wat reg is Myself probeer soveel inligting kry rondom die veiligheid van n oord of kamp plek waar ons wil kamp ek gesels met oord bestuur , kyk na resensies van oord en daarop maak ek n besluit. Maar bygese in vandag se lewe in RSA kan dit ook vinnig verander dat daar probleme hulle kop uitsteek Nou my mening is dat as daar regtig goeie in en uit toegang beheer is voel n mens gemakliker maar daar is n maar n ou moet ook maar peraat wees kyk wat om jou aangaan bere maar dit wat n versoeking kan wees dit self is nie lekke nie maar hoe anders Het weer by Eiland , De voetpadkloof, en n privaat oord gesien gedurende die nag is daar sekuriteit wat rondloop wat op self n ou meer gemaaklik maak Die vraag is ook dan is dit bullet proef nee as die ou nie sy werk doen deur die nag nie kan kwaat doeners nog steeds aanjaag Is daar n oplossing vir oord veiligheid my antwoord is oorde moet probeer om hulle veiligheid op te skerp deur middel van toegang beheer en stel nag skof groep aan wat deur jou oord beweeg en ja dit sal ook dan deurskemer na ons want kamp want kamp gaan duurder word omrede daai mense wat ons oppas betaal moet word . Is daar n ander manier laat weet wat jy dink mooi loop
Veilig?
Baie van ons rate n plek gou veilig as ons lekker gekamp het en niks oorgekom het nie. Gaan loer bietjie hoe maklik kan toegang verkry word by meeste van die oorde. Baie het net n draad heining buite, dan voel ons veilig....maar sal jy veilig voel by jou huis met skegs n draad heiningtjie? Mens is ook geneig om "veilig " te voel as kamp vol is, maar as jy alleen is besef mens soms eers die tekortkomminge wat jou laat veilig voel
Ek weet nie vir hoe lank nog nie, ....
.... maar in die ou dorpie waar ek woon het ons nie eens draadheinings om die huise nie. Ons huise is oop aan die straatkant - weining huise te sien met enige vorm van omheining aan straatkant. Dit sommer terloops na aanleiding van Geert se inset hierbo.
Toe ons November by Dibiki was ('n puik oord in vele opsigte), wat 'n goeie gradering (5/5) kry vir sekuriteit op CPC se "ratings", het ek tot my verbasing gesien dat daar slegs 'n 6 voet "vibracrete" heining om die oord is. Slegs 'n outomatiese hek, waarvoor jy 'n "remote" kry was die ander sekuriteitsmaatreël. Ons het geen sekuriteitspersoneel opgelet nie - ek sê nie dat daar nie was nie. Ons het by geleentheid mense (wat maar verdag voorgekom het) anderkant die grensheining reg agter ons karavaan gehoor en gesien loop. My "rating" was egter 3/5 vir hierdie andersins puik oord se sekuriteit.
Ek reken ons is te veel op ons gemak by sommige kampe - veral dié wat op strande geleë is.
Hartenbos
Ek reken ons is te veel op ons gemak by sommige kampe - veral dié wat op strande geleë is.
Ek sien die algemene gevoel is dat SANPARKE en ATKV oorde veilig is. In 1996 kampeer ek en ‘n eks-meisie by Shingwedzi. Die oggend toe ons skuif Letaba toe, kry ons ‘n ontstoke bejaarde paartjie by Shingwedzi se kantoor. Destyds kon die hutte nog nie sluit nie, en toe die tannie in die middel van die mag wakker word staan ta langs die bed. Hy is toe vort met ‘n beursie. Die kampbestuur was baie ontsteld, en vas oortuig dat dit nie ‘n werknemer was nie. Toe ons later ry Letaba toe, stap ‘n swart man met siviele klere doodluiters langs die pad tussen die kampe. So iets sou ek deesdae kon verstaan verder Suid in die wildtuin. Maar ek en Salomien het ook een keer in 2013 ‘n swarte in helder klere oor die pad sien hardloop tussen Letaba en Tsendze. Toe ons by die plek kom waar hy oor gehardloop het was hy reeds buite sig in die bosse.
Ek het nog net een keer by Hartenbos kampeer April vanjaar. Die E-blok was redelik vol, want ons skool het ‘n sportdag gehad by Hartenbos laerskool die Saterdag. Die een oggend het een van ons skool se ma’s ‘n swarte met ‘n hoodie sien rondloop tussen die karavane en tente. Hy het nie gelyk of hy daar kampeer nie. Daar was wel ‘n bruin gesin wat ‘n hele ent verder kampeer het, maar hy was aan die ander kant van die ablusie van waar hulle gestaan het.
Moet my nou nie verkeerd verstaan met die noem van ras nie, ek bedoel nie alle swart mense is boewe nie. Dis maar net om die konteks te gee. En sluit aan by Mnr Boucher se mening wat ek hier bo aangehaal het. Hartenbos is redelik maklik toeganklik van die see se kant af. Veral die E-blok. En in Dibiki se rigting kan mens maklik te voet ontsnap na jy uit dieselfde rigting toegang gekry het.
Voetgangers in die wildtuin
Toe ons later ry Letaba toe, stap ‘n swart man met siviele klere doodluiters langs die pad tussen die kampe. So iets sou ek deesdae kon verstaan verder Suid in die wildtuin. Maar ek en Salomien het ook een keer in 2013 ‘n swarte in helder klere oor die pad sien hardloop tussen Letaba en Tsendze.
Ek dink dit was tydens ons voorlaaste kamp in Punda Maria, toe ons ook verdagte aktiwiteite opgelet het. Ons was die dag op pad Pafuri toe en het met die gruispad, wat verby Klopperfontein gaan, gery. Ons was net 'n entjie van die teerpad af (die ingangsroete na Punda) toe ons drie pare voetspore, waarvan twee pare maar kleinerig was (asof dit kinders s'n kon wees), in die pad opgelet het. 'n Paar kilometer verder het daar 'n rugsak langs die pad gelê. Ons het die spore tot kort duskant Klopperfontein opgelet. By 'n kremetartboom daar naby kon jy duidelik sien waar 'n voertuig omgedraai het - en dit was die punt waar die voetspore begin het. Ons het die afleiding gemaak dat dit die punt was waar die mense afgelaai is. Daar naby het ook 'n paar verslete skoene gelê.
Wildtuin voetgangers
Ek is oortuig dat verdagte voetgangers en voertuie in Kruger daar is om wild te roof, ingesluit renoster stroping. Hulle is nie daar om my koelkas, mikrogolf ens. te steel nie.
Laasgenoemde word gedoen deur persone wat met voertuig as dagbesoeker in kampterrein verdwaal terwyl ons wild kyk.
Die voetgangers ...
... waarna ek hierbo verwys was eerder Mosambiekers wat onwettig Suid-Afrika wou binnekom - my mening. Ek het dit maar net genoem na aanleiding van Chris WH se inset.
Opportuniste vs sindikate
Toe ek in toerisme gewerk het, het ons altyd ons gaste aanbeveel om nie versoeking te skep nie. Al is ‘n skoonmaker eerlik, en iemand los ‘n $100 noot op die bedkassie kan die versoeking dalk te veel raak.
As mens kampeer is jy ook ‘n toeris, en dieselfde geld. Natuurlik is daar baie eerlike mense. Nie een van ons sal ‘n Landcruiser 300 steel, al het die eienaar die sleutel daarin gelos en die deure en venster oop. Ons sal ook nie ‘n ander kampeerder se staanplek besoek as hulle nie daar is, en iets vat wat hulle laat rondlê het nie. Maar ons het dit ook nie nodig om dit te doen nie. Nie een van ons is bv ‘n enkel ma wat sukkel om haar drie kinders groot te kry op ‘n skoonmaker se salaris nie.
Dan is daar die ander spesie, en dis vir wie mens eintlik bang moet wees. Nie almal is noodwendig deel van ‘n sindikaat nie, maar werk bietjie soos een. Daar is mense wat gaan kampeer, en dan ander kampeerders besteel. Hoeveel van ons pak elke liewe dingetjie weg voor ons gaan slaap? Selfs in Kgalagadi waar die hiënas dalk kon moeilikheid maak het ons net die goed wat vir hulle aantreklik kon wees weggepak.
Dink bv aan ‘n Stanley glas of fles. Ek drink net uit my Stanley glas wanneer ons kampeer, en wanneer ek gaan slaap of uit die kamp gaan, staan dit gewoonlik op ‘n tafel of in die Kavango se oopslaan kombuis - wat oop bly. So glas kos ten minste R400. En so is alle kampeertoerusting duur en het herverkoop waarde.
Dan is daar nog die sindikate wat van buite af inkom. Ek het al vertel dat die wagte by Dwarswegstrand vir ons vertel het hoe boewe van George af ry, afgelaai word by Grootbrak en dan al die pad strand langs loop om TV’s uit die vakansie eenhede wat verhuur word deur die oord te steel buite seisoen. As hulle besluit om kampeerders te teiken gaan mens nie meer by sulke oorde wil staan nie.
See-vakansie-oorde se sekuriteit.
Alhoewel ons redelik veilig voel by ATKV se see-vakansie-oorde, kan 'n mens nooit te gerus wees nie - misdaad kom oral voor. Byvoorbeeld, by ATKV Hartenbos (Blok D) 'n jaar of wat gelede is daar heelwat kamptoerusting gesteel ten spyte daarvan dat toegangsbeheer (vanaf die binneland) en voetpatrollies plaasvind. Met 'n oop seefront en 'n baie groot kampeerarea kan sekuriteit nie oral bykom nie. In hierdie geval moet 'n ou maar jou waardevolle items goed beskerm. Omdat die oord (selfs buite spitstye)stampvol is, voel 'n mens persoonlik darem redelik veilig. By Onrus is die karavaanpark volledig omhein, selfs aan die seefront en toegang word beheer. Ten spyte hiervan vind diefstal tog nog plaas. By ATKV Natalia in KZN is die hele oord omhein en toegang na die seefront is slegs moontlik deur 'n hek wat deur sekuriteit bewaak word. By genoemde oorde kan diestal wel in uitsonderlike gevalle voorkom, maar roof-aanvalle op kampeerders is hoogs onwaarskynlik en daarom voel ek redelik veilig. Paraatheid en die wegsluit van waardevolle items bly maar die sleutel tot lekker kampeervakansie.





Wees uitsoekerig
Mens moet maar goeie oordeel aan die dag lê waar mens gaan kamp. Ek verlaat my BAIE op mede kampeerders se ervaring en aanbevelings.
Deesdae is oorde naby groot lokasies of dan plekke soos Attridgeville en Mogwase sekerlik 'n risiko. Tog het ek nog nooit bevrees gewees in Manyane nie, maar is ook bewus van insidente daar.
Ek voel die geruste in Sanpark oorde, asook Adventura oorde. Die jaar was ons darem nie alleen in die grote Aldam woonwapark nie. Mens voel effe onrustig so alleen, maar die oord is totaal afgesonderd van enige dorpe af.