Ek het oor die jare heen my eie braaier saamgery waarop ek my vleisie en ander goed braai. Dit het die voordeel dat jy die braaier op enige plek wat vir jou die gerieflikste is kan plaas en dat jy nie gedwing word om iewers op 'n ingeboude braai jou ding te doen nie. Dit het ook die voordeel dat jy jou braaier ken en dat jou kole altyd net reg is volgens jou smaak. Die nadeel is dit neem heelwat plek op en moet in- en uigepak word.
Soos wat die jare aanstap en die kragte minder word, het ek al meer en meer die braaier tuis gelaat en die oord se braaier-fasiliteit gebruik. Veral in die Wildtuin waar ons by meer as een ruskamp kampeer, het hierdie gebruik nou al die reël geword.
Ek mis tog soms my eie braaier, maar hoe maak jy ?
Hier is my eie braaier waar ons by Tsendze kamp - by Tsendze is die ingeboude braaiers te naby aan die bosse tussen staanplekke
En hier braai ons saam met vriende by Maroela in die Kruger Wildtuin op 'n ingeboude braai :-

Hier is ons by Stormsrivier se ingeboude braai :
Meeste tyd oord braaiers
Ons gebruik meer oord se braaiers as my eie braaier. Die meeste oorde se braaiers is baie nice. Ek moet eerlik sê ek het baie lanklaas by n oord gekamp waar braaiers onplesierige toestand was. Ons sal wel eie braaier gebruik as braaier vas of ingebou is en op verkeerde plek staan. Maar ons braaier is altyd in die karavaan....gaan oral saam. Ons het n 47cm stainless steel braaier in Ballito gekoop en pas mooi in n Cadac skottelbraai sak. Hy is lekker laag....ek hou van sit en braai
Berdien het
So vier jaar terug het Berdien vir my n klein braaier gekoop wat opslaan en sy eie sak het 4 tjops en n stuk wors kan jy braai op hom toe ons die selfde jaar by Natalia gaan kamp het sien ons toe hulle het geen braaiers meer op kamp terrein nie behalwe by swembad en hulle groot lapa skuins oor oord se ingang verder gebruik ons meestal oorde se braaiers
Ander opsie wat ek oorweeg het
Ander braaier wat ek oorweeg het voor ek die ronde een gekoop het, was hierdie een op foto. Ook lekker klein en maklik om op te slaan
Ek het so mini Weber wat ek…
Ek het so mini Weber wat ek saamry lekker klein net groot genoeg vir so 6 stukkies watookal. gebruik seker net 10 brikkette.
Ek gebruik ook maar die braaiers wat beskikbaar is maar vat altyd `n stainless steel toeknyp rooster waarin ek my vleis sit. Baie roosters is maar gehawend en dan word dit `n probleem.
Baie roosters is maar…
Baie roosters is maar gehawend en dan word dit `n probleem.
Stem saam. Dis erger as "toon jam" wat geen vuur skoonbrand nie. Ek gebruik ook maar my eie stainless steel rooster wat skoon is as ek braai.
Geert dis hy
Ek het net so een presies Geert hy werk lekke vir ons twee
Ek het ook een soos Geert. …
Ek het ook een soos Geert. Destyds by makro gekoop en hy werk baie goed.
Maar hy was te groot vir die "kamp sonder sleep" idee en toe het ek 'n baie kompakte ammo boks braaier aangeskaf. GO Beyond Gear


Anton netjies
Braai sal daar gebraai word of hoe Anton netjiese braai daai
Ligte gereedskap
Ek gebruik oorde se braaiplekke. Vir plekke soos Dwarswegstrand waar dit net ‘n vuurmaakplek is het ek een van die staanders hier onder. So kan my vlekvrye staal rooster op verskillende hoogtes geplaas word afhangend van wat ek braai.

Waar die oord nie ‘n vuur maak plek of braaier het nie gebruik ek een van die goedkoop (en ligte) braaiertjies wat PnP verkoop. Dit is permanent in die Kavango. Ek het nie plek of lus vir die ekstra gewig van ‘n groter braaier nie.

Manyane
By Manyane in Pilanesberg is daar op baie staanplekke vierkantige gate in die grond met concrete uitgelê. Dan is daar staal bars wat mens oor die kole kan skuif en jou rooster daar bo-op sit. Dis vir my n lekker tipe braai vir die omgewing waarin mens kamp {Bos}....om so lekker op die "grond" n kuier vuur te kan maak en braai sonder om as-kolle agter te laat vir volgende kampeerders.
Manyane
By Manyane in Pilanesberg is daar op baie staanplekke vierkantige gate in die grond met concrete uitgelê. Dan is daar staal bars wat mens oor die kole kan skuif en jou rooster daar bo-op sit. Dis vir my n lekker tipe braai vir die omgewing waarin mens kamp {Bos}....om so lekker op die "grond" n kuier vuur te kan maak en braai sonder om as-kolle agter te laat vir volgende kampeerders.
Hier is hoe daai vierkantige braaiers/boma lyk
Interessant...............
.............eerste keer dat ek soiets sien Geert.
die braaier
Ek het al te veel kere 'n slegte braaier by 'n kampplek getref. Op verkeerde plek, of hoogte kan nie stel nie, of rooster lyk net of jare laas skoongemaak/gebrand is. Daarom ry ek my eie braaier saam, klein, hoogte verstelbaar en lekker rand sodat hitte nie wegwaai nie.
Boonop ry ek ook 'n gasbottel en braaier saam, net ingeval die weer sleg is. Dit kan veilig onder sytent gebruik word. Alles word maar op Grompie gelaai. Ongelukkig is die klein liggewig braaiers net te klein om iets warm te hou, terwyl nog iets goedgaar gemaak moet word.
Wie onthou die?
Mens kon lank gelede die braaiers wat in die Kruger wildtuin is koop in die winkels in die park. My pa het een gekoop waarvoor hy langer bene wou aansit maar nooit het nie. Ek het dit geërf en braai vandag daarop.

Kruger se braaiers
Ek het net my Fleetline nuut gekoop, toe sleep ons Kruger toe, en 1ste aand is in Skukuza. Ek maak so 'n wye links draai om naby 'n ablusieblok te staan. So voel ek my Astra wil nie meer die wa beweeg nie.
Klim uit en gaan kyk wat fout is. Ek druk toe die regterkant van Fleetline teen so 'n ingeplante braaier. Die sny regdeur die Alluminium wand, deur die isolasie-laag tot amper deur die hout aan binnekant. Van voor af, tot omtrent in die middel van die wa.
Daardie ongeluk het ons geleer dat almal uitklim en help kyk vir sulke gevare.
Ek gaan behalwe vir my braaier wat ek saamry, ook die staander, soos in Chris S se inset aanskaf. Dit kan ek dan tesame met my eie rooster by die park se vuurmaakplek gebruik.
ChrisS................,
..................ek het so 30 jaar terug netso 'n braaier gekoop in Tzaneen by 'n plek wat ook destyds die Kruger Wildtuin van braaiers voorsien het. Myne kan die bene afskroef, die rooster uitskuif en die paal skroef ook los - alles om vervoer moontlik te maak. Ek het nog myne maar gebruik dit nie meer nie omdat ons 'n binne-braai het.
Binne braai
Toe ons hierheen getrek het was dit vir ons baie vreemd dat daar ‘n binne braai in die huis se sitkamer is. Ons het egter vinnig agtergekom dat al die huise ‘n binne braai het, en mens nie in die deel van die Wes-Kaap sonder een kan wees nie.
Ons huis het ‘n braaiplek op die stoep ook, maar as dit ‘n mooi dag is, is dit lekker om die ou Veldbraai onder ‘n boom te sit en met kampstoele rondom te sit. Dan voel dit asof ons kampeer en die kinders speel heerlik in die agterplaas.
Die model haal ook uit mekaar, maar sal te swaar wees om saam te ry. Dis egter ‘n lekker sentimentele item wat ek by my pa geërf het, en gelukkig het ek nie die blik oopmaker ervaring gehad wat Wessel gehad het daarmee nie.
Voorkeure vir braaier
Sonder om Len se Hartenbos gesprek verder te besoedel met braaier gesels, praat ek sommer hier.
Hierbo in die gesprek is 'n hele paar goeie braaier voorbeelde. Ek verkies vir kampeer doeleindes ene wat kompak is. Dit MOET hoogte verstelbaar wees, en boonop netnet groot genoeg om 'n bak terselftertyd warm te hou. Kyk na die insette van Geert [8/09/23] en Wildehont [11/9/23]
Ek het sommer by die kooperasie sulke lekker groot swaardiens plastiek sakke gekoop, waarin die braaier vervoer word. Jy kry die sakke in verskillende groottes.
Geweet hier is so gesprekslyn
Dankie Wessel, ek het geweet hier is so gesprekslyn maar het nie vanoggend voor werk tyd gehad om daarna te soek nie. Verskoning aan Oom Len vir die besoedeling van sy Hartenbos gesprekslyn.
Ek het gaan kyk na die een waarvan Geert laat weet het wat lyk soos die een wat hy hier bo geplaas het. Saam met verskeping gaan dit dieselfde kos as die Campmaster by Builders. Lg is van effe dikker plaat (1,2mm vs 0,8mm) en kom met ‘n dra sak.
Dalk moet ek net die draadborsel waarmee ek oorde se roosters afborsel nadat ek dit skoongebrand het deur my agterent trek om van die jeuk ontslae te raak en by my braaihulpbronne hou wat ek bietjie meer as ‘n jaar gelede hierbo geplaas het.





As die paklplek nie n…
As die paklplek nie n probleem is nie, kan mens seker n braai saamry, maar die plekke waar ons kamp se ingeboude braaiplekke is heel aanvaarbaar. Die toetknyprooster gaan saam, met die braaitools in n krat.
Wat nie lekker is nie, ek het nou die naam ontgaan, is so 50km buite Upington n oorslaap-plek. Daar is so eiland gebou is met 4 braaiplekke in n kring, wat 4 staanplekke rondom dit deel. Om met wildvreemdes net so by die deur in te val nie my manier nie.