Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -11 minutes ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -13 hours ago

Desember 23/ Januarie 24 kampeervakansies

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Aan al die Kampforum-lesers : Dit sal lekker leesstof wees om te verneem van julle beplande Desember/Januarie kampvakansie.  Oorweeg gerus soos Jan Meyer om 'n afsonderlike draad te skep en ons tuisblyers sodoende saam te neem met die beplanning en later die werklike vakansie.  By voorbaat baie dankie.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 28/10/2023 - 06:12

Ons het ongelukkig geen kamp planne vir Des/Jan nie.

Ons het wel vir ouma en die 2 seuns 'n week se kamp bespreek by Weesgerus waar net hulle 3tjies 'n lekker avontuur kan hé.

Ouma het laasjaar saam met ons by Weesgerus gekamp en het dit baie geniet saam met haar kleinseuns.

Ek en mamma sal maar by die huis rustig wees vir die maand voor die ander 2 kleindogters hulle debut optrede lewer.

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 28/10/2023 - 07:42

Ons gaan ons jaarlikse Natalse seekus vakansie ruil vir n trip na die Tuinroete. Ons wil die Kerstydperk in Orania deurbring...wil graag ervaar hoe hulle dit doen oor daai tydperk...hoop daar gaan bymekaarkom geleenthede wees soos saam Kersliedere sing en so meer. Dan bied hulle ook Desembers band trippe op die rivier aan...jy huur n band en dryf dan met die Oranje rivier af vir ongeveer 7 og 8 km waar n voertuig jou dan weer oplaai en terugneem Orania toe. Dit hang af hoeveel dit gereen het en hoe sterk rivier loop....laas Desember was rivier in vloed

Verder is die plan om by Karoo Nationale park en Oudtshoorn te gaan inloer voor ons dan na see se kant toe gaan en opbeweeg tot laaste kamp wat Stormsrivier gaan wees . Daar wil ons Dwarswegstrandoord, Victoria baai, Buffelsbaai en Ebb en Flow besoek 

Dis al verskeie jare my droom om by Stormsrivier te gaan kampeer....dit gaan ons 1ste keer daar wees en sien geweldig uit

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/10/2023 - 08:03

Julle het 'n lekker vakansie wat wag, geniet dit.

Gaan julle by Sandgat bespreek vir kuier by Orania. Onthou die mense is ingestel op groet, waar jy beweeg, hetsy te voet of kar, daar word gewaai, gegroet en kop geknik.

Pak maar stormseil, stormtoue in vir Stormsrivier kampeerplek. Dis asemrowend mooi, veral om op rivier te gaan vaar, of stap. Ek sal jou aanraai om te vra oor die heersende winde se rigting, voordat jy die wa staanmaak. Moontlik is daar ander wat jou meer info hieromtrent kan gee. 

Deel met ons jou toerplan betreffende roetes en oorslaapplekke. Dalk moet jy by Reyneckepark by Bloemfontein oorslaap oppad Orania of KarooNP toe.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 28/10/2023 - 12:52

Ons gaan weer Dwarswegstrand toe, maar hierdie keer vir die tweede blok van 27 Desember af en ons bly twee aande langer om 8 Januarie terug te kom. Die keer kon ons nie staanplek 30 kry met die lieflike see uitsig nie. Ons moet dus ongeveer 20m verder stap strand toe, maar ons behoort die wind gespaar te bly wat saam met die uitsig kom party dae. Ek spaar ook aansienlik op die verblyf - amper R5000. Dit behoort die petrol te dek. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/10/2023 - 16:14

Middag Chris, waar kom die besparing in, omdat jy daai verskriklike ent verder moet stap, of is die 2de blok tyd, goedkoper.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 28/10/2023 - 17:30

Die staanplekke met see uitsig is aansienlik duurder. Basies die eerste drie rye, selfs die anderkant die pad. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 28/10/2023 - 18:55

Stormsrivier : Pragtige kampterrein, maar o weë, daardie wind kan amok maak.  In my 54 jaar van karavaan-kamp is dit nog die enigste plek waar ons tent-afdak weggewaai het, ten spyte van my stormbande wat deeglik in plek was.  My veerpenne wat deeglik in die plaveisel ingeslaan is, is met plaveistene en al uitgelig totdat die tentpale uitgeval het.  Ek sal baie sterk aanbeveel dat julle rugkant see toe opslaan.  Die plaveisel gaan dit miskien moeilik maak, maar dit sal tog moontlik wees.  Hier is 'n paar fotos.

.

...

.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/10/2023 - 19:08

.... hoe hoog bo vloed seevlak was daai staanplek?? 

Na die vreeslike frats Spring gety so 'n rukkie terug, sal ek maar benoud wees, so na aan die water. Ek weet ook vir 'n feit dat my tent nie sal bly staan sonder 'n stormnet nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 28/10/2023 - 19:49

Wessel, natuurlik wissel die seevlak aanmekaar tussen hoog- en lae-vlak, maar ek sal lieg as ek raai.  Maar daardie seewater is sommer hier naby jou, hoewel heelwat laer as die staanplekke.  Maar ek glo met springgetye kan dit seker regtig lol.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 30/10/2023 - 14:36

Gaan julle by Sandgat bespreek vir kuier by Orania.

Wessel. Nee, ons gaan by Vluytjieskraal Rivierpark in Orania kampeer.....dis reg langsaan Oewerpark wat nie meer kampeer fasiliteite het nie

Deel met ons jou toerplan betreffende roetes en oorslaapplekke. Dalk moet jy by Reyneckepark by Bloemfontein oorslaap oppad Orania of KarooNP toe.

Ons het nog nie n finale plan hoe ons gaan ry na Orania toe nie. Ek sal nader aan tyd by kampeerders vra wat die beste roete gaan wees. Ek dink aan moontlik die N12 via Kimberley....dit klink sover of die pad vanaf Hopetown se kant in beter toestand is. Dit is egter 36km verder as via N1

Ek wou oorspronklik êrens oorgeslaap het oppad Orania toe, maar sien nie n baie aantreklike opsie nie.....as ek wil oorslaap, wil ek ook besienswaardighede in omgewing of kamp hê, nie net slaap plek nie. Ons sleep jaarliks terug van Dolphin in een slag wat 656km is en Orania is 672km....so dis vir ons doenbaar

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 30/10/2023 - 14:39

Oom Len

Dis fotos soos oom sin baie my bittergraag wil laat kampeer daar.....dit lyk absoluut hemels. Baie waarsku my teen die wind.....ek sal maar voorbereidings daarvoor doen

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 01/11/2023 - 11:09

ATKV voorkeur besprekings vir lede het vanoggend geopen vir Desember 2024/Jan25 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 01/11/2023 - 14:04

Ons is nie lede nie en het nog net een keer by Hartenbos gaan kampeer. ‘n Goeie vriend van my is ‘n lid en hulle gaan elke jaar Hartenbos toe. Hy sê dit het maar gesukkel vanoggend. Hulle kon eers van 5 Jan 2025 af plek kry.
 

Hulle gaan gewoonlik eers na Nuwejaar, want dan is die Transvalers al weg en dis stiller. Maar al die provinsies se skooltermyne hardloop van volgende jaar af saam, so daardie stiller venster is seker iets van die verlede. Ek sal seker maar weer probeer plek kry by Dwarswegstrand. Die besprekings maak darem eers later oop. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/11/2023 - 14:59

Jongensfontein? Dis veel nader aan Worcester, en moontlik goedkoper ook as Dwarswegstrand. Laasgenoemde se ablusie is natuurlik uit die boonste rakke, wat mens nie van Jongensfontein kan seg nie. 

Julle kan eintlik kies en keur uit see-oorde daar onder.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 01/11/2023 - 15:05

Om by Jongensfontein in te kom moet iemand wat elke jaar binne hoogseisoen daar staan eers doodgaan voor jy sal plek kry. Soos ander munisipale oorde het hulle ook ‘n beleid dat aansoeke vir die langste tydperk voorkeur kry. As jy dus nie vir ‘n maand of langer wil staan/betaal om te staan nie, kan jy ook maar vergeet. Ons hou Jongensfontein vir langnaweke. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/11/2023 - 15:26

....dat dit so werk by die kusoorde gedurende Desember. Ek het ook maar sommer elke Desember vir die volgende Desember bespreek by oorde in Oos London omgewing.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 01/11/2023 - 16:25

 

Wil voorkom of al hoe meer mense verkies om Desembers Kaap toe te gaan. Ons het ook op n tyd reeds by aankoms van Desember vakansie al vasgemaak vir die Desember daarop.....dis nou by Natalse kus. Ek het toevallig gister bietjie gaan loer wat die beskikbaarheid is van kampeer staanplekke....basies al die oorde kan nog help vir komende Desember. Ek weet nie hoeveel staanplekke per oord oop is nie, maar by Scottburgh karavaanpark kan jy dit sien....ek het aankoms datum van 22 Des en vertrek 2 Jan ingetik, toe kom daar n keuse van 86x staanplekke op waaruit jy nog kan kies. As mens dink in vroeer jare as jy nie reeds Desember bespreek vir die volgende Desember nie, was jy jou plek kwyt...nou probeer hulle teen afslag tariewe en ander aantreklikhede staanplekke smous

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 01/11/2023 - 16:29

Hulle sal baie afslag moet gee om dit vir my die moeite werd te maak met die Prado en die petrolprys laugh

Hulle het vanmiddag op Spektrum op RSG gesê meeste mense sê hulle gaan Suid-Kaap toe Desember. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 01/11/2023 - 16:41

Ek kan aan 1 baie voor die handliggende rede dink, maar wat is die kanse dat suid Kaap strande ook op vakansiedae oorbeset word met die plaaslike inwoners?

Daar is seker plekke met eksklusiewe regte, dalk soos Dwarswegstrand, maar kry mens 'n toestroming by Onrus, Hartenbos, Stilbaai, Jongensfontein, Struisbaai, Glentana,  om paar te noem.  

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 08/11/2023 - 14:40

Shaun en Berdien werk die hele desember so ek maak kunsmis en Berdien en span haal steenkool uit vir Sasol , ons was seker 20 jaar laas op desember vakansie te besig en dis asof alles net duurder is

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus