Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 dae Geert - Ballito Geert -2 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -2 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/11/2023 - 19:27

Naand Chris 

Baie spoggerig. Weet jy hoe die ouens die lense so mooi helder gekry het. 

Blykbaar werk tandepasta as poleermiddel ook. "rubbing compound" is seker te grof. 

Die bakkie gaan mooi lyk met bypassende kappie en donker sy-en agterpanele. Dalk maar die swart Ramkappie opsit, wat goedkoper gaan uitwerk, as om kappie in bypassende kleur te sprei???

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/11/2023 - 21:48

Ek wil eers om verskoning vra dat ek die gesprekslyn so besoedel. Mens kan sien ek is niks gewoond nie. Ek moet eintlik ‘n ander een begin om te klets oor my nuwe ou ryding. 
 

Ek het reeds besluit veselglas is uit. ‘n Tweedehandse Beekman waarvan die kante nie kan oplig om goed by te kom nie gaan R12k kos. Om dit te verf nog seker R3k of selfs R4k. En die aluminium/vvs lyk net beter en is meer prakties. ‘n Vriend van my kan afslag kry by Ramkappie. Hy gaan môre vir my uitvind hoeveel.
 

Hy sal dalk deur hulle besigheid die BTW kan terugkry ook. As hy vir my een kan kry teen nader aan R20k sal ek dit sterk oorweeg. Ek sal nie ‘n swarte wil hê nie, dit gaan te warm wees. Dalk so gunmetal kleur om te pas by die Ranger. Silwer kan ook werk. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 15/11/2023 - 06:34

Baie mooi Chris, dit is definitief 'n winskopie, baie geluk met die netjies ryding, mag jy duisende heerlike kilos met die Ranger geniet. (Dit is nou wat ek die laaste tyd hoor die verkoops mense sê "pre-loved" voertuie)

Die vorige eienaar het daai trokkie ordentlik op gepas.

0

Baie geluk met die nuwe bakkie Wildehond. Hoop jy geniet elke km wat jy met hom ry.

Daardie is seker een van die mooiste kleure waarmee hulle uit gekom het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/11/2023 - 10:00

Daardie is seker een van die mooiste kleure waarmee hulle uit gekom het.

Dankie Jacques. Dit is nogal ‘n interessante kleur, en moeilik om te bepaal presies wat dit is. Nadat dit gister gepolitoer is, het dit vir my gelyk soos my ou Everest se kleur, maar soos my vrou sê het die Everest ‘n “koue” kleur en die Ranger ‘n “warm” kleur. 
A
 

B

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 15/11/2023 - 11:24

As ek dit kan noem hierdie is een toevoeging wat jy moet oorweeg. Die ouer modelle soos joune het `n "design flaw" ten opsigte van die tempratuur meter.

Sou daar `n groot waterlek ontstaan en die stelsel verloor water vinnig gaan die tempratuur meter kouer wys en nie styg tot in die rooi soos verwag nie. Die rede is dat die sensor die water temp meet en as daar nie water is nie ............

Ek het dit op al my Ranger bakkies gehad die 3.2 Mazda en ook die 2.2 en 3.2 Fords. Die nuwe generasie bakkies is die probleem aangespreek. 

Kyk hierna op Facebook en gaan lees hoeveel enjins gespaar was deur die toestel. Ek self was betyds gewaarsku op die 2.2 Ranger. Die heater pyp het deurgeskuur en toe gebars

.

Stuur vir my jou nr na 0 8 1 3 5 4 nul 9 8 4 dan stuur ek vir jou `n paar vidio`s.

Quinton is hier bo in Gauteng en het al 3 myne geinstalleer (Dit van minder as 20 min) maar `n handige persoon kan dit self doen of so ook jou werktuigkundige 

 

Groetnis

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/11/2023 - 12:00

Middag Slowstrike, ek wonder hoeveel voertuie het hierdie inherente ontwerp fout.

Dit is ongelukkig 'n wetenskaplike feit dat 'n gasgaping 'n baie swak hittegeleier is. Ek het menigemaal van die gas eienskap in my loopbaan gebruik gemaak, maar tot voordeel om uiters hoë temperature in materiale te bereik.

'n Termokoppel wat ge-isoleerd in 'n gas omgewing sit, se temperatuur sal hoogstens die gas temperatuur aanneem. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 15/11/2023 - 12:14

Dis 'n algemene ding by baie voertuie, my twee BMW's (520 en 320), twee Jeeps, Opel Astra 2.ol Big Boss, Opel Monza, Vrou se Opel Cub en Suzuki, en natuurlik die twee Rangers (en ek dink ook die Territory) almal slegs die temp gemeet, wat dit eintlik moet meet is beide temp en watervlak dan sal enige lek onmiddelike opgetel word. Op 'n stadium ' Audi A4 gehad waarvan die waterpomp seel ingegee het, daai instrument paneel het soos 'n kersboom gelyk soos liggies aangegaan het terwyl daar nog baie water in die stelsel was. Maar ons almal het voertuie waarvan die ontwerp die goedkoopste kompromis was....

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 15/11/2023 - 12:24

Chris, jy ry nou een van die gewildste voertuie onder diefstal sindikate. Voor jy ook deel van die statistiek word, doen maar die nodige. Stap 1 is om daai alarm bokant die linker voorwiel net agter die plastiek te laat skuif na erens binne die enjin kompartement (dis die eerste ding wat die diewe onskadelik stel met 'n Stanleymes), Jy kan my direk kontak vir 'n lysie van ander goed, wil nie graag op 'n oop forum deel nie)

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/11/2023 - 13:09

Ek het Julie maand die voorkeur lys bakkies uit Santam gekry. Baie vreemd dat hulle NIE die Ranger as gewilde diefstal voertuig noem nie. Dalk verseker Ranger eienaars nie by hulle nie.

Wat se bakkie koop mens dan, wat ongewild by sindikate is, Mahindra, Triton, Navara, Mazda, Isuzu. Amarok, Grenadier Quartermaster?? O ja daar is ook nog Peoquet, Poer .

Ek kan my nog sien in 'n Triton, Isuzu se 3.oTD, en sal moet wag vir 'n Karoolammetjie met groter enjin en wringkrag.

Fortuner en Prado ook op Santam se gevaarlys, maar wat dan van die Everest modelle, is hulle ook gewild?

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/11/2023 - 14:50

Grootwind, ek sal graag die res van die toertjies wil leer om diefstal te vermy. Hier in Worcester gaan dit nie te rof nie, maar die bakkie mag dalk vir toer gebruik word en dan is dit voëlvry nes al die ander van dieselfde soort. Stuur asb vir my besonderhede by nul 7 twee 8 nul dubbel ses 5 twee 9. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 13:39

Ek het vanoggend terwyl ek moes drinkwater gaan koop, sommer gou na 'n geskenk van myself, aan myself gaan soek.

O genade, staan daar mos toe 'n leliewit Land Cruiser 76. Het omtrent gekwyl toe ek die masjien beruik, betas en binne gaan sit. Die gedoente trek my maar steeds erger as 'n dame in leerkleertjies.

Met die aanhoor van die prys het die gekwyl en reuke skoon omgesit in 'n gehyg na asem. 'n Koel 1miljoen rand en dit kan myne word. Het toe maar uitgeklim, waardigheid probeer behou, en druipstert maar na 'n nuwe Hilux 2.8 gaan loer.

Pappie sal maar weer oorgeslaan word met 'n geskenk die jaar.crying

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 27/12/2023 - 14:17

Jou wenslys vir Kersfees is maar beskeie Wessel...mens moet groot dink, wat van 'n Ford F250? 6.8l V8 turbodiesel, 10-spoed outo ratkas, enjin skop iets soos 1600Nm en 300 kW uit. Versnelling van 0-100km/h is rondom 5 sekondes en die outjie skakel sommer ook alle sleep probleme uit, maks sleepvermoeë is iets soos 18000kg! (sekerlik minder as dit wettig in SA). Vergeet ook sommer van 'n EB liksens om wettig te kan sleep...dalk iets soos 'n EC nodig? Prys is ook "redelik" aan daai kant van die groot dam, iets soos 50k VSA Dollar. Brandstof verbruik? Bang om te vra....

2023 Ford F-Series Super Duty Front Quarter View

2023 Ford F-Series Super Duty Interior Dashboard

Nou kwyl my bek darem! Dink ek beginne sommer nou al skryf aan Oom Kersfees!

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 16:28

....met jou voorstel Grootwind, [1] pas daai trok in 'n normale garage, [2] pas dit in my beursie??

In my geval gaan dit in nie een van bogenoemd pas niesad Hopenlik het my skoonseun nie so 'n trok nie. Hy was veronderstel om 'n normale baba stootwaentjie te koop.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 29/12/2023 - 08:58

Dis opvallend hoe baie die nuwe Ranger na die F-reeks trek. Ek vind dit ook amusant dat voertuie deesdae weer al hoe meer vierkantig raak. So herhaal die siklus homself maar oor en oor. Ronde bakwerke in die 50/60’s na al meer vierkantig tot die 80’s en toe swaai dit weer na al ronder en nou weer terug, net met sagter lyne. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 31/12/2023 - 07:56

Hier is ‘n interessante artikel wat ek raak gelees het. Dis uit Australië, so hulle praat van ute in plaas van bakkie.
 

Mense gaan so aan oor hoe lekker die 2l Rangers met die 10-spoed ratkas ry. Dit het meer wringkrag en krag as die 3.2 ook. Maar lyk my vir sleep wen die ouer enjin en ratkas. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 31/12/2023 - 12:02

Interressante artikel Chris. Kyk sommer ook na die volgende ene

https://www.drive.com.au…

Oor die algemeen is 'n kleiner enjin is gewoonlik meer "peaky" as 'n groter ene, bv. die Ranger 2.0 BiT (dubbel turbo) se maks draaimoment sit tussen 1750 en 2000 opm (maw die maks bereik is slegs 250 opm) terwyl die 3.2 tussen 1750 en 2500 opm sit (750 opm bereik). Maw die kleiner enjin moet harder werk om maks draaimoment te handhaaf (die neiging deur vervaardigers is om van ratkaste met meer ratte gebruik te maak om die enjin sover moontlik op die maks Nm kurwe te hou, 10-spoed vir die kleiner 2.0 enjin, ouer  VW Amarok doen dit ook deur 'n 8-spoed te gebruik. Natuurlik is dinge nie heeltemal so eenvoudig nie, as dit by sleep kom hardloop die 3.2 kringe om die 2.0 (lg. se ratkas is baie besig as gesleep word, die 3.2 minder so). Ander dinge soos lugbesoedeling, brandstof verbruik ensovoorts is egter weer in die 2.0 se guns. Ek het jare terug 'n BMW 520 (met 'n 2.0l reguit - 6 silinder petrol enjin) gehad, gevolg deur 'n 320i ook met die reguit 6. Wonderlike voertuie gewees maar mens moes daai paplepel roer om aan die gang te kom en te bly, amper soos die ou 230 reguit 6 Mercedes. Wat sleep egter aanbetref was die goed redelik naby aan nutteloos! En om mens nou heeltemal te konfoes, kyk na die 2.0SiT se spesifikasies, enkel turbo en 6 spoed ratkas en 'n draaimoment bereik wat dieselfde is as die van die 3.2! Hoe dit ook al sy, ek bly lief vir my 3.2 met sy 5 silinders, daai enjin se geluid is amper so spesiaal as 'n V8! Wie onthou nog die destydse 5 silinder VW Passat, hy het ook so 'n spesiale gromgeluid gemaak as die paplepel getrap word! Jammer Wessel, om jou kopiereg op "grom" te gebruik!

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus