Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 dae Geert - Ballito Geert -3 minutes ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -8 minutes ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -55 minutes ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 28/11/2026 - 10:15

jy sal my moet help met die oord waarheen julle op pad is. As ek reg onthou het jy iewers genoem dat dit nie die een is naby Hammanskraal nie. Wanneer ek die naam opsoek, is dit al oord waarby ek land. Nou's ek dom.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/11/2026 - 10:41

As ek so kyk na "populêr vandag", dan glip iets in die sagteware. Ek kan nie glo dat titels soos;

Februarie 2019 koffiekroeg

Inenting en Invermektien

vandag soveel kere besoek is nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 28/11/2026 - 12:14

Ek het die naam reg, Dinokeng Camp & Leisure. Ek kry net die een naby Hammanskraal. Is dit die oord waarheen Johann op pad is? Moontlik my verbeelding, maar ek onthou dat hy gesê het dit is nie die Dinokeng waaraan ons dink nie (naby Hammanskraal). Ons laat dit maar daar. Waar ookal, ek glo dat hulle 'n lekker tyd gaan hê.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/11/2026 - 14:57

...hoe gaan dit met jou en die Ama [onder]rok?? Het jy hom toe vir 'n toets-sleep geneem.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus