Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
dis wat... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 minutes ago
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -44 minutes ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -3 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -3 hours ago

Desember 23/ Januarie 24 kampeervakansies

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Aan al die Kampforum-lesers : Dit sal lekker leesstof wees om te verneem van julle beplande Desember/Januarie kampvakansie.  Oorweeg gerus soos Jan Meyer om 'n afsonderlike draad te skep en ons tuisblyers sodoende saam te neem met die beplanning en later die werklike vakansie.  By voorbaat baie dankie.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 13/12/2023 - 13:35

Oor twee weke is ons DV besig om met die N2 af te sak langs Mosselbaai en het die weer daar hopelik verbeter. Toe ek vanoggend na die week se voorspelling gekyk het, het dit maar oes gelyk. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 13/12/2023 - 14:07

Oorspronklik is plan om 22ste ry, maar glo dit gaan besig wees met Kersfees oor naweek. Gaan kyk of ek vroeer kan wegglip

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 13/12/2023 - 20:11

Ons sleep jaarliks terug van Dolphin in een slag wat 656km is en Orania is 672km....so dis vir ons doenbaar

Onthou, die N12 roete gaan deur onder andere Tarlton, Potchefstroom, Klerksdorp en Kimberley. Dis nie soos die N3 nie. Ek ry dit veel eerder as die N1, maar slaap oor langs die pad. Tussen die vier stadige dele hier bo gaan jy maklik ‘n uur en ‘n half langer ry as wat die afstand jou laat glo. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 13/12/2023 - 21:09

Dankie Wildehont, baie waar wat jy noem. Bo op dit moet ek ook nou meer gereeld stop vir die bloedklonte wat steeds probkeem is

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 14/12/2023 - 08:05

Weer na Sandveld geloer vir oorweging, maar lyk my n "no-good " plek. Finaal besluit om nie daar te kampeer nie

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/12/2023 - 09:08

More, daar het jy nou jou antwoord. Maak maar soos ek, ry Bloemfontein oor na Kimberley.

Brits ---Aldam 375km

Brits--- Bloemfontein ~490km

Aldam --- Ritchie  350km

Lekker kort afstande met lekker vulstasies vir bene rek

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/12/2023 - 07:48

More, jy is mos oppad terug vandag. jy moet tog breedvoerig verslag doen van jou paar dae by Weesgerus. Ons sal verstaan as jy nie fotos van rondom die swembad plaas nielaugh

Rustig terug sleep huistoe

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/12/2023 - 06:38

Karavaan is mooi gewas en gereed....nog net pak. Klink of oorde al goed vol geloop het afgelope naweek. Hierdie tyd vlieg eintlik so vinnig verby....as jy weer jou oë uitvee is daar weer daai depresiewe uitstallings van "back to school" en "back to work " in winkels....altyd groot antiklimaks

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/12/2023 - 06:48

More, onthou kontinue verslag van julle toer en bestemmings sal waardeer word. 

Het jy al besluit hoe langs julle gaan ry tot by Orania.? 

Veilig sleep 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 18/12/2023 - 06:55

Het jy al besluit hoe langs julle gaan ry tot by Orania.? 

Gaan N12 ry. Het op n Orania groep gevra wat sou hulle aanbeveel...85% het N12 bo N1 aanbeveel...gaan hoofsaaklik oor die potholes die laaste gedeelte 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 18/12/2023 - 06:56

Wessel, is jy bewus van "Oryx Game Farm" net buite Brits. Ek het nou 'n plasing op FB gesien. Jy moet blykbaar bespreking deur Lekkerslaap maak. Mooi karavaan staanplekke maar bietjie duur.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 18/12/2023 - 07:12

Ons langnaweek was heerlik. Die weer het mooi saamgespeel, die blyplek was heel OK en die Ranger met nuwe tweedehandse kappie het goed gewerk. Vrydag was ons op die plaaslike strand en Saterdag na Kammabaai langs Voëlklip in Hermanus. Dis ‘n heerlike strand, en Saterdag was dit ekstra lekker. Die mode hierdie somer is klaarblyklik deurtrekkers of sulke skerppunt driehoek bikini’s wat baie boud wys. 
 

Elke keer wat ons Onrusrivier besoek beïndruk die plekkie my. Dis regtig ‘n netjiese buurt, en omtrent al die huise en tuine baie mooi onderhou. ‘n Karige huisie daar kos ongelukkig meer as alles wat ek besit en my pensioen saam. Ek sê Saterdag vir Salomien ons moet dalk ‘n erf daar koop om eendag te bou vir aftrede. ‘n Erf daar kos egter soveel as waarvoor ons huis gewaardeer is. ‘n 100vkm huisie se bou nog R1,5mil in vandag se terme. Ons tree dus af in ons huis in Worcester.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 18/12/2023 - 07:33

Chris, bly julle het lekker daar gekamp.  Die paar keer wat ons by Onrus gekamp het was vir ons netso lekker.  ook baie bly jy is gelukkig met die Fordjie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 18/12/2023 - 12:25

Was al afgetrek met n lisensie wat verval het.  Dit was uitgeneem, maar nie op voertuig nie. Basies dieselfde, jy het uitgeneem, maar versuim om op voertuig te sit. 

Die kaartjie het 2 boetes op gehad. Een vir vervalde lisensie, en bedrag vir versuim om te vertoon. Ek moes bewys lewer dat dit wel betyds uitgeneem is , dan het die eerste bedrag weggeval. Ek moes steeds die versuim om te vertoon betaal.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/12/2023 - 12:49

middag Hennie

R750/nag is styf, maar dan het jy eie ablusie en eie swembadjie. Dis langs Bosveld Oase . Nee, ek het nie geweet van die oord nie. Ek vermoed dat dit nie 'n oord met wild soos Pilansberg is nie.  

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 18/12/2023 - 14:08

Ek het net die post gesien en toe wonder ek of jy bewus is van die plek.. Daar moet natuurlik wild op wees maar ek glo nie enige predatore nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 19/12/2023 - 06:22

Darem nog net agt slapies. Ek het nog net twee en ‘n halwe dag by die werk, want ons word gedwing om verlof te vat van Vrydag af tot die 3de. Dit pas my nie, maar nou ja.

Intussen is dit heeltemal te besig hier in ons huis. Salomien se oudste suster bly al vir meer as ‘n maand hier. Sy doen haar deel, maar ek verkies maar my privaatheid. Haar jongste en die se kêrel het ook Saterdag hier aangekom en ry eers wanneer ons ry Dwarswegstrand toe. My suster kom Donderdag hier aan. Ek weet nie waar haar kar gaan staan nie. Dis maar tande kners vir my van tyd tot tyd, en ek gaan baie bly wees om weg te trek môre oor ‘n week. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/12/2023 - 07:03

...moan niedevil

skryf al daai genoemde dade af as "liefdadigheid". Ek het mos al fotos van jou paleis gesien, daar is baie plek vir karre. Laat die Kavango maar buite staan, en sus se kar in garage, dis net 'n rukkie.

hoe gaan die grappie, die ou seg vir sy vrou "for you I kill a bull, but for your sister, I kill you" Byt vas, vakansie is om die draai.

Ek en beterhelfte sit juis nou met koffie en verlang na Dwarswegstrand, sy veral na die netjiese ablusie.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 19/12/2023 - 08:13

skryf al daai genoemde dade af as "liefdadigheid"

Dit is maar wat ‘n groot gedeelte daarvan is. Ek het darem al geleer dat dit ‘n voorreg is om ander mense te kan help, en dis nie my eerste rodeo nie.
 

Gelukkig het ons huis ‘n “woonstel” aan die een kant, ver weg van ons slaapgedeelte. Die leef area en agterstoep word egter gedeel, want die “woonstel” het nie sy eie kombuis nie.
 

As ‘n voertuig egter buite moet staan gaan dit nie een van myne wees nie. Salomien het reeds vanoggend vroeg die Ranger se linker agter lig se lens gekrap met haar spieeltjie toe sy gym toe ry. Gelukkig is die verf nie gekrap nie, en ek kan nie kwaad wees vir haar nie want dit is ‘n gemors met die voertuie wat ingeryg staan. Nog 8 slapies daarvan…

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus