Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -3 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -4 hours ago
Rona November 2026 Johann L -4 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -15 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -15 hours ago

Hoe leeg is jou tenk voor jy weer volmaak?

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Nav Wessel en Chris se gesprek rondom die tenk groottes en ekstra tenk al dan nie. Moderne diesel voertuie se enjins skop redelik baie kW en Nm uit selfs al is die enjin redelik klein (bv Wessel se klein 2.4, of nuwer Rangers met 2.0 enjins). Die enigste rede waarom die kleiner enjins goed presteer is die gebruik van hoëdruk turbo's (in sekere gevalle selfs twee) en dan natuurlik die gebruik van sg. "common rail" inspuit tegnologie. Soos met alles tegnologies is daar ook 'n klomp nadele wat daarmee saam kom. Voorbeelde is die sensitiwiteit van die hoëdruk diesel pomp en gevorderde inspuiters - almal kos 'n plaas se geld om te herstel of te vervang. Natuurlik is die kwaliteit van die diesel wat mens ingooi van uiterste belang, nie is net vuilgoed soos sand partikels partymaal 'n probleem nie, maar ook die gebruik van party boendoe vulstasies om parafien met die diesel te meng. Jare terug het ek 'n probleem gehad met slegs een tenk vuil diesel wat tot allerhande (lees: duur) probleme gelei het. Sedertdien maak ek altyd my voertuie se tenk vol sodra dit naby aan kwart is, ry sover moontlik nooit met 'n tenk wat amper  leeg is nie uit vrees dat die onderste sediment wat veral in 'n ouer voertuig se tenk te vinde is die springenworks und poppenkorken sal opvoeter. So ook as ek by 'n vulstasie intrek en daar is 'n tenkwa besig om die voorraad aan te vul hou ek liewers verby.

Sal interessant wees om te hoor wat forumlede te sê het hieroor? Of maak dit nie saak nie? Julle ervaring?

Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/12/2023 - 13:05

...eerder as dat my tenk daarvan inkry.

Ek sal baie selde my voertuie amper leeg ry. Tydens vakansie, veral met woonwa gehak, maak ek eerder op halftenk vol. Ek is altyd bekommerd dat ek 'n erge kopwind kry, en dan sak die naald vinnig.

Tuis gooi ek hoofsaaklik net by 2 plekke in, te wete die plaaslike kooperasie, en 'n vulstasie net buite die dorp. Omrede hulle so 'n groot omset het, is hulle prys tot R2/l goedkoper, en daar sal nie gewaag word om parafien by te meng nie. 

Ek vermy ook 'n vulstasie as die tenkwa besig is om af te tap. 

Met my onlangse Namakwaland toer moes ek paar keer maar in goeie geloof diesel intap by obskure plekkies, want dis al wat op die dorpies is, soos op Pofadder, maar al die plaaslikes moet ook maar daar ingooi.

Nou vir 'n tergende vraag, suig die dieselpomp dan nie altyd van jou tenk bodem af nie, of werk dit op 'n flotasie basis. Dieselfde vraag geld ook vir pompe by vulstasies.. 

O ja Grootwind, daai sediment kom mos elkgeval in suspensie soos ons om draaie jaag, en wegtrek en stop. Die dieselfilter is mos veronderstel om bollie op te vang, of nie??

Dalk is ek vol bollielaugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 29/12/2023 - 14:58

Hierdie Slot ry nooit my voertuie onder half nie, behalwe as daar 'n amper onwaarskynlike verlaging in brandstof pryse op pad is, dan knyp ek maar die oë toe tot prys af gekom het.

Ek weet daar is nou 'n tweede verlaging op padsurprise 

Verkies natuurlik Sasol diesel so ver moontlik, maar dit is nog nie oral beskikbaar nie, verkies ook 50ppm, wat ook nie by alle Sasol vulstasies beskikbaar is nie.

Sasol sal nie toelaat dat hul brandstof vermeng word nie.

GW, daar leer jy my nou iets, ek was onder die indruk dat my 12 jarige ou Kia se "Common Rail diesel Injector" oudmodies is? (2.9 CRDI) 

Die kar het nie 'n turbo nie, maar sleep soos 'n droom.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/12/2023 - 15:43

Middag Grootwind, Johann en ander petrolkoppe

Ek het gou gaan nalees oor die term "common rail" stelsels. O genade, mens moenie dit doen nie. die drukke wat ter sprake is [meer as 1500bar] in die stelsel, is skrikwekkend. 

Kan julle dink wat se skade kan 'n klein stukkie vullis, met daardie druk onder sy blaker, aan die inspuiters maak.

Ek gaan dadelik dat Marie vir my uit 'n ou flennie onderbroek 'n "vullissak" maak wat ek oor Grompie se keel gaan trek, as ek volmaak. Daar is natuurlik dames onderkleertjies beskikbaar, klaar in sakkie vorm, twee vir die prys van een, maar dit sal moerse oortuiging kos.laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 29/12/2023 - 16:05

Ry nie met n tenk onder kwart nie. Ek wil met Wessel stem dat die swaar sand, stof en selfs die water heel onder in die tenk gaan lê, en daarom word filters geteeld vervang.

ń Hele klompie jare gelede, 2000 om presies te wees, skaf ek n Landrover td5 aan. Dit was toe BMW LR besit het, en die enjin was n 5 silinder BMW met al die elektronika en drive by wire. So maak ek vol, en na paar kilometer begin dit vreeslik ruk. Lang storie kort, die vulstasie se stoortenk was basies leeg, en ek het n halwe tenk wat soos modder gelyk het ingekry. Die LR se tenk is dreineer, dit het n sedimeter wat verstop was, en ook die dieselfilter is vervang. Geen probleme daarna gehad nie. My slotsom, die filters dien hulle ding.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 29/12/2023 - 16:41

Grote griet, maar jy is eeue ouer as wat jou avatar foto verteldevil

ń Hele klompie jare gelede, 2000 om presies te wees,

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/12/2023 - 17:20

.... ek stem, die man kan Metusaleg opdraende gee. Daarom kan hy stadig groeiende bome aanplant. 

Skat seker daar lê nog 'n hele paar duisende vir hom voor.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus