Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Ford Territory
Ek sien vanoggend sat die nuwe Territory binnekort beskikbaar gaan wees. Dit word voorgehou as 'n mid-grootte 5 sitplek SNV, soos 'n Toyota RAV.
Die Ford gaan 'n 1800cc petrol turbo masjien hê, wat 138kW en 318Nm gaan lewer na die VOORwiele.
Prys vir die intree-model blykbaar >kR600.
Die enjin is vergelykbaar met die bakkie tendens van kleiner 1900cc masjiene, net jammer dis voorwiel aandrywing. Wel, ek verkies maar agterwiel aandrywing vir sleepwerk
Nuwe Ford Territory
Die twee berigte wat ek gelees het maak geen melding van sleepvermoë nie. Aangesien dit in die RAV/Tuscon klas is wonder ek of dit ‘n wa gaan kan sleep. Dalk weeg my Kavango selfs meer as dit en kan dus nie wettig daarmee gesleep word nie.
Martel mens nie ‘n sleepvoertuig nie?
Ek het al voorheen daaroor gewonder, en toe ek nou hier bo oor die Territory tik dink ek weer daaraan. Hedendaagse bakkies en SNV’s kan tot 3,5 ton sleep. Dis natuurlik teoreties, want jy mag nie iets sleep wat swaarder is as jou sleepvoertuig nie en ook nie iets wat veroorsaak dat jou kombinasie die totale gekombineerde massa oorskry nie.
Maar van ons sleep waens wat Noord van 1,5 ton weeg. Nou my vraag, al is jou sleepvoertuig gesertifiseer om swaarder is dit te sleep - martel mens nie die enjin en ratkas deur dit gereeld te doen nie? Gaan ‘n sleepvoertuig so lank hou as wat dieselfde model sal hou wat glad nie sleep en swaar gelaai word nie?
Gaan ‘n sleepvoertuig so…
Gaan ‘n sleepvoertuig so lank hou as wat dieselfde model sal hou wat glad nie sleep en swaar gelaai word nie?
Daarom glo ek aan die stelling "no replacement for displacement " Groter cc masjiene net soveel beter vir sleep. Hoef nie so "hard" te werk vir dieselfde verrigting as kleiner enjin.
Sleepvermoë van 3500kg
Die bemarkingsfoefie van vervaardigers is misleidend.
Eerstens , mens mag wettig so 'n gewig sleep mits jou eie lisensie daaraan voldoen EN jy boonop ekstra hidroulise remme aan die wa aanbring. Dit is in gevalle waar die wa se BVM die lisensiegewig van voertuig oorskry.
Chris S, ek is egter ook van mening dat enige enjin/ratkas/aandrywing wat gereeld "hard" werk wel 'n korter lewensduur gaan hê. In ons geval, hoe harder 'n voertuig gereeld sleepwerk doen, hoe groter die waarskynlikheid vir meer onderhoud en instanthouding.
Dit geld sekerlik ook maar vir voertuie [nie sleep] wat gereeld in die rooi gery word.
Ek wonder vir hoeveel mense is daardie stelling wel van belang. Ek vermoed ons ouens wat net wil woonwaens sleep, het geen belang daarby nie.
Ek is oortuig dat selfs normale sleep van 'n woonwa, selfs ons ligte Kavango's ook maar 'n nadelige effek op 'n voertuig het. Selfs bakkies werk ook harder. Dan praat ek nie eers van die groot swaar waens soos Exclusives, Overlanders nie.
Land Cruiser 300 reeks
Mer verwysing na 'n inset van Herman onder "Dakar",, het ek gou gaan loer op Toyota se webblad.
Die huidige LC300 kom met 2 enjins;
3.3l turbo diesel, en die 3.5l V6 met twee turbo's. Brandstofverbruik is aangetoon as 11.2 en 8.3 km/l onderskeidelik.
Ai tog, dis net daai prys wat kan pla
3,445 liter
V35A engine specs is iets om te lees !! Baie gesofistikeerde masjien. Nie vir backyard en Maputo mekanieks nie.
100hp / 1000cc
So ietsie omtrent die 3444cc Toyota enjin.
Selfs deesdae is dit moeilik om 100hp per 1000cc verplasing te kry. Die Lexus, of dan Toyota met ń 3444cc verplasing in standaard vorm lewer 350hp en in ander annwendings tot 420hp. Indrukwekkend.
Wessel...jy sal moet gaan…
Wessel...jy sal moet gaan oplees.
.Die eerste binnebrand masjien wat 100hp/ 1000cc bereik het, was ń Ferrari, nie n Toyota nie. Lang jare terug. Ek dink nie vandag se Ford Focus, of Toyota Avanza spog met die figure nie.
So dit bly maar n maatstaf vir goeie ontwerp, vir nou.
Oulike maatstaf
Dus ou Grompie, sonder Gazoo stickers
lewer maar 110kW, maar as die masjien volkome effektief was, moes die 2.4l eintlik 176.5kw gelewer het.
Dankie, dis nou 'n lekker nuwe maatstaf om na voertuie te kyk. Ek wonder wat is die norm vir stock standard bakkies
Grootwind moet kom gesels…
Grootwind moet kom gesels. Die huidige 1600cc F1 engines lewer meer as 1000hp. Van dit elektries,maar met n boost van 5bar,? en 17 000rpm? .
Laat ń Witte lyk na n Bull dog Lanz enkel silinder van buy gone times.
Raai wie het gewen
Hier kan julle lees wie het die meeste van watter kajuit-tipe bakkies verkoop in SA verlede jaar. Ek daag julle uit om eers te raai voor julle die artikel oopmaak. Laat weet ons of julle reg was.
Herman, wat F1 enjins aanbetref...
Om op jou vraag om kommentaar te reageer.....byna alles wat mensgemaakte tegnologie aanbetref is die resultaat van 'n kompromis. Tipies probeer mens om 'n balans te tref tussn prestasie (performance), lewensduur (longevity) en koste. As mens na daai F1 enjins kyk sien mens dit tipies uitspeel. Lewensduur is nie hoog op hulle agenda nie (so geen hoop om 200 000+ km met een enjin te doen nie!), mens sien uit die wedrenne dat party dalk vir sowat 2, miskien 3, wedrenne loop voordat hulle in 'n rookwolk eindig. Partymaal voltooi hulle nie eers 1 wedren nie! En dan om daai indrukwekkende prestasie te kry kyk mens net na daai turbo druk en revolusies...om enigsins 'n aanvaarbare leeftyd te kry beteken die gebruik van eksotiese (soos in "duur") materiale. Praat nie eers van die gebruik van die elektriese hulp aandrywing wat deesdae se F1s gebruik,,,Die F1 organisasie (FIA) probeer hulle bes om die speelveld gelyk te hou maar hulle kan dit slegs mbv reëls wat gedurig aangepas word doen, o.a. 'n beperking van slegs 4 enjins per seisoen waarna ernsitige boetes inskop, daarmee saam ook word die totale begroting per seisoen per span ook beperk. Red Bull reken 'n enkele enjin kos sowat 10.5 miljoen VSA dollar! Duidelik in 'n ander klas as onse nederige LR, Ford of Toyota enjins!
Stel jou voor na elke sleep vakansie moet jy eers 'n nuwe enjin koop!
Verbaas...
Ek was verkeerd!!!!
Dit beteken net 1 ding-----Ford DC is die keuse van ontspannings voertuie en Hilux eienaars seker dan hoofsaaklik mense wat werk met hulle bakkies, soos boere.
Darem nie net nie
Ford DC is die keuse van ontspannings voertuie en Hilux eienaars seker dan hoofsaaklik mense wat werk met hulle bakkies, soos boere.
Die Hilux dubbelkajuit is nie so ver agter die Ranger dubbelkajuit nie. Onthou egter dat die syfers net plaaslike verkope is, en Ford voer meer uit as wat hulle plaaslik verkoop.
Maar koeriers, voormanne, verkoopsagente en boere verkies duidelik die Toyota en Isuzu bo die Ford.
Ek dink nog ‘n faktor wat ‘n invloed het is dat heelwat mense die bakkie koop om mee te werk en die SNV wat daarop gebaseer is (Everest, Fortuner en MUX) om mee kinders by die skool af te laai en kerk toe te ry. Of eerder die SNV as die bakkie waarop dit gebaseer is koop. Kan mens nog die BTW op ‘n dubbelkajuit terug eis?





en hoor jy ......
.....die magtige dreuning, lui die FAK lied.
Ek is nogal bekommerd oor bogenoemde tendense. Ek wat maar altyd 'n dwalende oog het, dis nou vir trokkies
, het met beswaarde gemoed gemerk dat masjiene al hoe kleiner word. Isuzu, Peoquet, Fiat trek al by 1900 cc enjins. Hilux darem net tot 2.4 en Navara het darem nog 'n 2.5l diesel op die mark.
Die klein masjiene, met bi-turbo's en vreeslike ratkaste is klaarblyklik net om so een of twee skaap te vervoer teen die spoed van witlig.
Ek is alreeds bekommerd oor Grompie se klein [2.4l] masjientjie, dat ek reeds begin soek vir iets groter. Ongelukkig is dit ook so dat die groter masjene, groter keelgate het, met sensors in die hoofligte wat vulstasies opspoor.