Ai mense, word julle ook so bemoerak as julle gepootjie word deur onbevoegheid met dienslewering.
Die afgelope Desember en wraggies weer gisteraand voer die versekeringsmaatskappy 'n verkeerde debietorder betaling deur. Tot op die sent verhaal hulle presies dieselfde verkeerde bedrag as in Desember. Ek praat nie van 'n paar rand verkeerd nie, ek praat van 'n faktor 3 fout.
Ek kan so 'n eenmalige glips [dalk] begryp, maar 2 keer agtermekaar, laat my rooi sien. Ek verwag mos juis van so 'n maatskappy om noukeurig korrek en professioneel te werk.
Ek het al ervaar sodra iets, soos 'n premie, verander moet word, kan jy maar uitkyk vir foute. Sodra daar insette van 'n persoon betrokke word, begin die foute insluip.
Wat dinge vererger is die feit dat die meeste makelaarshuise nog met vakansie is.
Dienslewering.
Ek is nogal oor die algemeen gelukkig en het nie probleme met my debietorders en versekeringspremies nie. Wat sekerheidsmaatskapye betref, weet ek dat in Des/Jan gaan 'n tweede debietorder deur vir die radiolisensiegelde wat sekerheidsmaatskappye moet betaal vir gebruik om siene te ontvanfg en te stuur. Ek hou weer van debietorders (wat diensverskaffers inisieer) en aftrekorders (wat kliënte self inisieer) want alles gebeur outomaties maak nie saak of jy in die Kruger Wildtuin of in die hospitaal is nie.
Maar ek stem saam, diensleweringfoute gaan hand aan hand met 'n kannie-worrie houding van sommige werknemers en dit maak 'n mens moerig.
Ek het gister geleer dat…
Ek het gister geleer dat gehalte van dienslewering subjektief is.
Jonika was baie onsteld oor die bevoegdheid van die staff by Mediclinic Kloof, terwyl onder baie sterk pyn medikasie, want die dame wat haar ontbyt gebring het, het nie geweet wat haar kondisie is nie en ook nie watse medikasie om vir haar voor te skryf nie.... ![]()
want die dame wat haar…
want die dame wat haar ontbyt gebring het, het nie geweet wat haar kondisie is nie en ook nie watse medikasie om vir haar voor te skryf nie....
Grapgat.





Hi Wessel Ek deel jou pyn…
Hi Wessel
Ek deel jou pyn en ek dink almal met debietorders is gatvol. In Desember kry ek die smsè wat nou skielik my debietorder datums wil verander na `n vroër datum. Vir wat .......... daar is seker mense wat onverantwoordelik is in die feestyd en hul geld spandeer voor die orders verwerk word maar nou ja.
Het getrou op al die smsè NO gereply maar tog is die betalings op die vervroegde datum verhaal en die sekuriteits maatskappy het sommer twee betalings verhaal. Nodeloos om te sê ek het nog nie eers `n antwoord op my navraag ontvang nie
Groetnis