Ons het toe Umfula oord besoek, dit was 'n baie aangename oord met baie om te doen, van vis vang tot leeg lê by die karavaan.
Die kleinseuns kan nie uit gepraat raak van die plek nie.
Ek gaan meer met so paar fotos vertel as met woorde, 'n foto vertel 'n duisend woorde![]()
Bestuur ry met vierwiel motorfietse heeldag rond om seker te maak dinge loop soos stroop.
Dit is so tipe van 'n kleinwild plaas en die bokkies loop gereeld in die kamp rond.
Dit lyk na 'n lekker…
Dit lyk na 'n lekker kampplek. Ook nie ver van julle af nie.
Oupa het lekker plek gekry…
Oupa het lekker plek gekry vir vinnig wegbreek met kleinkinders, of was julle al voorheen daar.
Johann....
...dankie vir die foto verhaal. Dit lyk regtig na 'n skoon veilige oord. Ek is swkwe mense mer kinders en kleinkinders benut en geniet die plek baie.
Ek vermoed dat oorde in privaat -besit en -bestuur in die toekoms, ons voorland gaan wees.
Johann daai lyk
Daai oord lyk mos nice soos fotos lyk mooi skoon en opgepas stem wat Wessel se van oord besit
Dit is 'n lekker oord, ons…
Dit is 'n lekker oord, ons was ook al daar toe ons in Fochville was. Die sport bar het ons gepla die Saterdag maar dalk meer die mense wat daar was. Net 'n raps verder in die pad af is Eastco, my vrou was baie gaande oor Eastco en Susan regeer met 'n yster hand. Gaan probeer gerus.
Nog fotos van die diere by /…
Nog fotos van die diere by / in die oord, hoop maar dit trek so bietjie belangsteling![]()

Dankie Johann, 'n mens hoef…
Dankie Johann, 'n mens hoef nie net die groot 5 te sien, om die natuur en wild te bewonder en te geniet.
Johann....
Glo my, ek verslind enige inset op die forum. Dis darem 'n lekker rooi gebrande arm in die foto.![]()
Dalk moet ek ook google maps bestudeer, hoe om daar te kom van Brits af.





Hoender griep.
Vermoed my tablet het hoendergriep, kry nie meer as een foto gelaai nie
Daar is dit nou reg, meer as een foto kan nou weer gelaai word (antibiotika help)