Môre Len
Na aanleiding van jou inset oor jou sleepkombinasie op Jan se Droom toer gesprek, die volgende;
jy is 'n dapper sleper om daai Long Tom met daai kombinasie te gesleep het'
Wat was die silinder inhoud van die Anglia, met die voëltjiemis "proof" agterruit'
Was al die wetgewing oor woonwa- en voertuig -gewigte al in plek daai dae.
As mens jonk is....
....en kan seker maar byvoeg, ook arm is, doen mens dinge wat in retrospek so effe gevaarlik was.
My eerste kombinasie was 'n Opel Astra [1800cc] en 'n 1995 Fleetline XL. Nooit werklik opgelet na gewigte en die wet nie. Die Astra was gewillig, maar o gaats, kon die Fleetline dit rondstoot. Selfs winde wat trokke genereer het die kombinasie geroer.
Ek het eenkeer op 'n nat pad probeer stop in Sambezi rylaan, en die Fleetline het my los oor die kruising gestoot.
Ek het 1 keer daarmee gesleep tot op Bonnivale en Glentana, terug by die huis die Opel ingeruil op 'n Isuzu 260 dubbelkajuit.
Ekskuus Len, dit het niks met jou Anglia en Sprite te doen nie, maar het my hieraan laat dink.
Ek kan nie onthou....................
.................of ek dit reeds vertel het nie, maar daardie Anglia was 'n yster. Ons was pas getroud en ek het vir Volkskas se inspeksie-afdeling gewerk - gevolglik het ons van tak tot tak, dwarsdeur Suid-Afrika tot in die destydse Suidwes-Afrika gereis, tot heel noord, tot heel oos, daarna wes en weer af na die suide tot terug in Suid-Afrika. Baie van die ritte was grondpad, maar die Anglia en die Sprite moes kophou.
Hier (op die tweede foto) ry ons grondpad oppad Prieska toe in die Noord-Kaap en op die ander foto oppad Barkly-Oos toe, maar die Anglia kon nie tot bo die lang, steil grondpad baasraak nie. 'n Padskraper moes kom help.


Papwiele ???
Len, dit was seker hardewerk, maar ook sy lekker kant gehad. Jy het omtrent die land deurkruis.
Hoeveel papwiele het jy gehad daai jare, en het Anglia ooit gekook.??
Ons het nooit................
.............'n papwiel gehad, kar of karavaan nie. Ook maar goed so want in daardie dae het 'n mens nie 'n spaarwiel vir die karavaan saamgery nie !
Maar kook, dikwels ! Trouens ek het 'n 5 liter plastiek-koeldrank bottel in die enjinruim staangemaak en die verkoeler se druk-oorlooppypie daarin geplaas. Terwyl ons ry en die enjintemperatuur klim, maak ons die enjinkap in die ry oop (die Anglia s'n het verkeerdom oopgemaak) dan loer Annatjie na die bottel. Wanneer die bottel vol is, stop ons vluggies en dop die kookwater terug in die verkoeler en ry dan verder ! Perfek gewerk.
Nee, Annatjie was "ONLINE"…
Nee, Annatjie was "ONLINE" beskikbaar........boer maak 'n plan.





Wessel,..............
dit was 'n 1200cc enjintjie.
Gewig : ek glo dit was alles in orde wat die GT-tjie was 'n ligte karavaantjie. Dit 'het beslis 'n oorlooprem-stelsel gehad om te help briek, want daar was 'n klappie wat jy kan oorslaan om te kan agteruit ry.