Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -19 minutes ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -43 minutes ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -52 minutes ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Desember 23/ Januarie 24 kampeervakansies

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Aan al die Kampforum-lesers : Dit sal lekker leesstof wees om te verneem van julle beplande Desember/Januarie kampvakansie.  Oorweeg gerus soos Jan Meyer om 'n afsonderlike draad te skep en ons tuisblyers sodoende saam te neem met die beplanning en later die werklike vakansie.  By voorbaat baie dankie.

Brackenfell

HennieBo

Fri, 12/01/2024 - 07:04

Daarom hou ek van oord reels wat sê 1x tent of karavaan per staanpkek, want om so baie op te slaan op 1x staanplek verontrief jy mede kampeerders 

Stem 100% saam. Ek hou nie van as mense my spasie inneem. Dit is vir my dieselfde as daar by Die Punt in Mosselbaai.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/01/2024 - 11:52

...........Destyds toe ons nog in skoolvakansies by Hartenbos gekamp het, het ek nooit die "opmekaar"-gevoel gekry nie, ten spyte daarvan dat ons 'n groot karavaan en tent het.  Omdat daar talle kampeerders is tydens spitstye, mag verbygangers wat nie self daar kamp nie, die indruk kry dat kampering opmekaar is vanweë die baie mense, wat na my mening nie die geval is nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 12/01/2024 - 12:10

Baie keer is die staanplekke maar knap, of weens bome sodanig dat bure naby mekaar eindig.

Ek is bederf met Manyane se groooot staanplekke, en tog om koelte te benut eindig bure naby mekaar op.

Tsendze se staanplekke is redelik privaat en wissel van groot tot party wat knap is. Weereens, ons het met ons woonwa naby die bure se wa gestaan, met struike tussen in. Tog was ons nie inmekaar se geselskap en braai/kuier ruimte nie.

Die beperking op aantal tente en waens per staanplek is 'n noodsaaklikheid om oorbevolking en beknoptheid te keer. Dit bevorder ook minder verkeer in die ablusiem geriewe.

 

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Fri, 12/01/2024 - 13:51

Eendag by Klipdraai gestaan toe SAWA 'n byeenkoms gehad het. 

Nou eerstens die oord was nie vol nie en on seker so 3 plekke langs ons oop want o s hou van eenkant kamp.

Kom die perd en trek sy wa langs ons in en slaan sy tent se penne in ons staanplek in. Ek vra toe of hy nie net so bietjie spasie kan gee nie. Sy antwoord was dat hy kan staan en opslaan soos hy wil. Ons het toe maar die groen afskorting opgeslaan tussen ons en anderkant omgeloop

Wragtig kom vra hy so ewe die volgende dag of ek sal belangstel om aan te sluit by SAWA. Hom goed in sy moer gestuur

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 12/01/2024 - 15:28

Stephan, daai houding van " kan staan en opslaan soos ek wil" stuit my ook teen die bors. 

Ek wonder

a] of dit tiperend is van SAWA, bedoelende dat omdat ek lid is van die groep mag ek so bietjie eie geregtig wees.  

b] of dat persone met so 'n houding,  by sulke karavaan groepe aansluit en inpas.

Ek probeer maar om binne my staanplek in te pas, met toue en al. Baie persone het egter weens ge-aardheid nie dieselfde ingesteldheid en groot groot gemaksone nie. 

   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus