Kyk 'n bietjie na my messestel wat net tydens ons kampering gebruik word. Ek het dit jare gelede as 'n geskenk gekry en dit bly in die Exclusive. Die materiaal-houer sê dit is 'n CampQuip produk, maar die messe self het nie 'n fabrikaatnaam op nie. Die inskripsie is in Duits en sê net waarvoor dit gebruik moet word, byvoorbeeld "Küchen Messer" wat ek aanvaar beteken kombuis-mes.
Het jy 'n spesiale mes vir kampkos-voorbereiding ?

Messe skerpmaak
Wessel, ek het dit nog nooit gebruik nie. Ek weet die ou blokmanne het dit tot 'n kuns vervolmaak om messe mee te slyp. Ek gebruik maar die hedendaagse slyper waar jy die lem deurtrek. My Pa het altyd op 'n Sondag voor hy die skaapboud sny, sy mes met so 'n slyper geslyp, maar ek praat nou van 65 jaar gelede !
Daai ronde slyper, vir…
Daai ronde slyper, vir blokmanne, maak die lem eintlik grof soos 'n saaglem onder 'n mikroskoop. Daarmee sny of "saag" hulle deur die vleis. Dit is my swaer se teorie. Nou gebruik ek ook, soos hy, die Lansky stel olie stene van grof tot baie fyn om ons vleismesse te probeer skerp maak. Jou lem se staal speel ook 'n groot rol om geslyp te word. Ek sny ook nie sommer met stomp mes nie.
Blokman…
Blokman.........................................................het as kind my verstom aan die blokman wat sy mes skerpmaak op daardie slyper.
Die spoed wat hy sy mes beweeg weerskante van die slyper en dan nog in die rigting van sy hand wat die slyper vashou.
Lansky stene
Môre Lapskag
Sjoe, ek het gou Lansky gaan beloer op internet. Dit is darem erge pryse vir messe, slypers onsovoorts.
Ek dink vir my beskeie gebruik moet ek net daai slypsteen [fyn en grof] in een aanskaf.
Ja jy is reg, daai speelgoed…
Ja jy is reg, daai speelgoed kos 'n paar pennies, maar die moeite werd as jou mes lekker skerp moet bly. Ons gebruik ook so 'n klein deurtrekker vir die gewone groente messe maar het ander messe vir vleis sny.
Vir vlymskerp maak, gebruik…
Vir vlymskerp maak, gebruik ek waterskuurpapier om n glasblad, 5mm glas, papier vasgeplak met maskeerband. As die mes reeds skerp is, sal ek 2000g gebruik. Stomp mes begin by 800 dan 1200. Regtig vinnige manier. Die by my skoonpa geleer.
Die tegniek is om die papier te probeer skil met die mes, en hou jou hoek mooi konstant.
Hier is ook n Shmith's hard en soft steentjie in ń houtkassie , en nog van die oorspronklike olie,wat ek meer as 40 jaar het. Dit is goed vir n knipmes, te kort vir bv ń jagmes.
Om met die hand te slyp soos…
Om met die hand te slyp soos Herman is ook terapeuties maar om daai slyphoek konstant te hou is die trek, wat ook oorbrug kan word.
Nie geweet mens kan ‘n mes daarmee skerpmaak nie
Ons gebruik ook so 'n klein deurtrekker vir die gewone groente messe
Paar dames gesien die afgelope vakansie wat dit op ‘n baie beter manier aanwend.
Vlymskerp....
Môre Chris S
Stem saam met Johann, asof jy geslyp is met 2000grint afwerking.
Fokus .....
.....op die oorspronklike vraag van Len.
Lapskag met sy apparaat het nou ons gedagtes totaal afgelei van Len se vraag;
het ons ook spesiale messe vir wanneer ons kampeer.
Ons klomp is ook maar maklik aandag afleibaar![]()
My karavaan beskik oor sy…
My karavaan beskik oor sy eie messe wat altyd daarin bly - en skerpmaak-apparaat. Ek verpes 'n stomp mes. Hier by die huis - en wanneer ek kamp - word enige mes wat veronderstel is om 'n skerp mes te wees, elke keer voor gebruik deur die "skerpmaker" getrek. Ek gebruik die Lansky toerusting selde - net om die regte "pitch" van 'n nuwe mes se lem te kry. Daarna gebruik ek net die "deurtrekker" (nie die vroulike weergawe nie). Ek het die mees fantastiese "deurtrekkers" by Ikea in Bucharest gekoop.
Victorinox
Ons gebruik Victorinox messe, sommer die met die verskillende kleure plastiek handvatsels. Hulle lyk nie so indrukwekkend soos Oom Len se stel nie, maar sny lekker. Die deurtrekkers bekyk ek so onopsigtelik moontlik deur my donkerbril op die strand. Anders loop ek dalk onder ‘n Vitorinox se lem deur.
Daar is n hele paar messe in…
Daar is n hele paar messe in Jurgie, niks spesiaal nie. Die tipe wat ek verkies is ń saagtand snykant model met n plastiek handvatsel. Geronde punt soos tafelmes. Sowat R150.00 Kry by ons koöperasie, selfs in Twee rivieren se winkel gesien. Die messie sny bitter lekker, en hou lank. Ongelukkig kan dit nie skerpmaak nie, of altans weet ek nie hoe nie.
Herman jy kan 'n klein ronde…
Herman jy kan 'n klein ronde vyl gebruik of sommer 'n sweis stafie wat lekker daar pas. Jy sukkel nie met hoeke nie en die plat kant doen jy sommer op jou water skuurpapier. Jy sal regkom, net 'n bietjie geduld.
Dankie Lapskag !! Die sweis…
Dankie Lapskag !! Die sweis-stafie gaan ek probeer, met n bietjie olie,?? As dit werk, gaan ek die Steak messe ook lekker kan slyp. Ons het n netjiese stel, maar o wee, dit lyk mooi, maar verder is dit net n goeie verouderde steaksie wat swig voor die lem. ![]()
Die outjies
Probeer gerus die outjies hier onder en los die deurtrekkers vir die meisies met die ferm boudjies sonder haelskade.







Len...
...Môre , dit is 'n vreeslike stel messe daai. Ek vermoed dit kan in vandag se pryse dalk meer kos as jou Padvinder
Vertel nou eers vir my, hoe gebruik mens daai skerpmaker heel links in die sakkie. Ek het ook so 'n gedoente, maar nog nooit werklik probeer gebruik nie.
Ons berei meeste van ons disse vooraf by die huis, en het dus nie juis ordentlike messe by die kampplekke nodig nie. Ons neen sommer vir die wis en onwis, van die alledaagse huis messe saam.
Vir selfverdediging neem ek maar iets anders saam