My Penta se jockey wiel bout het nou vir die 4de keer gestrip, elke keer kos dit my 'n paar rand om 'n nuwe te gaan koop. Ry nou permanent 2 x M8 boute saam as rugsteun.
Nou wonder ek, gaan dit nie beter uitwerk om een spesiaal te laat maak van "high tensile" / vlekvrye staal nie?
My vermoede is dat die beweging op die jockey, met die movers, dalk die bout "skut", en dan veroorsaak dat dit beweeg en "strip". Ek draai nooit die bout verskriklik vas nie, want ek is juis bang die ding druk te styf teen die buite pyp en maak so dan skade.
Enige voorstelle?
Soos Wessel
My Kavango se neuswiel is ook verwyderbaar. Die klamp druk om die neuswiel se pyp vas. Daar is dus nie ‘n bout wat teen die neuswiel se pyp druk nie. Hier is ‘n swak foto. Die neuswiel haal ek af wanneer ek sleep. Die gat waarin dit pas is sigbaar aan die bo- en onderkant van die klamp.

Johann, ek het die gebruik................
...........om die neuswiel stang styf (baie styf) vas te draai op 'n hoogte dat die buitenste pyp net by die gat onder uitkom. Daar bly hierdie buitenste pyp (met die slinger) permanent en skuif dit nie op en af nie. Ek gebruik net die binneste pyp om met die slinger op en af te draai. In my geval kan ek dit doen want my trippel-wiel is los en val uit as ek die slinger opdraai. Dit beteken daar is oorgenoeg spasie tussen die binne-pyp en die grondvlak as die slinger tot bo opgedraai is.
As jy dit ook wil doen, moet jou wieletjie kan uitval van die binneste stang as jy dit opdraai.
Fotos : neuswiel-slinger op- en afgedraai :- (verskoon die oliekol op die plaveisel - word vandag skoongemaak.


So lyk die "bout" waarvan ek…
So lyk die "bout" waarvan ek praat, weet nie of die verwyderbare jockey op die Penta sal pas nie?
Len, dalk moet ek ook die jockey se pyp soos jy ge ruik, maar is bang die wurm buig as dit hoog gelig is.
Die wieletjie is 'n verwyderbare een wat baie breed is en werk soos 'n droom.
Twee foute, vergeet ek die foto en ek het gejok, dit is M12 groote![]()
My 2001 Palma...
...het nie so gewerk/lyk nie.
As ek reg onthou het dit 'n tipe slinger gehad waar jy die bout het. Dit het blykbaar op 'n manier op 'n gevormde blikkie gedruk, wat dan op die buite-pyp vasgeskop het.
Ek praat nou van voor 2010 se periode, en almal het altyd gewaarsku, om nie daai blokkie te laat uitval nie.
Het jy daai blokkie, indien nie, is dit dalk jou probleem.
Korrek,.............
....daardie gebuigde plaatjie is juis daar dat die handskroef nie 'n duik in die buitenste pyp druk nie. Myne het dit nog steeds.
My jokkie wiel…
My jokkie wiel.................................................se bout word BAIE STYF vasgedraai en weer twee keer gevoel elke keer as ek die jokkie laat sak of optrek.
Het in Swadini en Satara gesien hoe die jokkie gly omdat dit nie mooi vasgedraai was nie en die disselboom op tone beland. Een ou se voet het sleg gelyk.
So ek maak seker hy is vas veral omdat ek ook die movers gebruik. Die buitenste pyp word ook gelyk met die onderkant van die raam laat sak en dan gebruik ek die slinger om wa te lig en af te hak. As die wa af is laat sak ek die disselboom so laag as moontlik met die slinger net vir die wiel om te kan draai. Dan is daar nie so baie krag op die jokkie as wanneer die stang lank uitgedraai is nie.
Wa wat afgly....
....op die neuswiel, is 'n groot gemors.
soos Jan tereg opmerk, jou tone gaan omtrent vergruis wees as die A-raam daarop neerkom.
Met die Herfsblaar samekoms in KarooNP gedurende April 2022 het van die ander mense se boswaentjie hak [?] ook tot op grond geval. As ek reg onthou het Lapskag my gehelp om dit op te tel, sodat eienaar die neuswiel op sy plek ordentlik kan klem.
Ek twyfel of sandale, gewone skoene veel gaan help, dalk net hardepunt stewels gaan voete en tone red.
Ek het skaamgekry vir..............
.............my vuil neuswiel en plaveisel-oliekol op die foto hierbo. Dadelik reggestel, die chemikalië op die plaveisel nog effe nat.

Afgly op die neuswiel-arm
Ek stem saam, dis 'n gemors. In my geval moet ek my elektriese domkrag gebruik om die A-raam op te lig. Vandat ek die gebruik soos hierbo verduidelik om nie die slinger-pyp op of af te verstel nie, het dit nog nie weer gebeur nie.
Geen rede om skaam te voel…
Geen rede om skaam te voel oor 'n oliekol of twee nie! Dis mos standaard waar 'n Pathie staan?, Of dalk het Willehont kom kuier met sy nuwe Ranger?
Niks wat so bietjie Prepsol nie sal uitwis nie...
skoonmaakmiddels
Naand vriende
Hier by my kompleks is dit ook altyd 'n gesukkel om oliekolle skoon te maak. Wat kan julle nog aanbeveel vir skoonmaak van plaveiselstene;
Grootwind praat van Prepsol
Len wat gebruik jy ???
Herman-- jy moet seker baie skoonmaak met die Land Rover se werkery
Grootwind: spot jy met 'n Ranger, of praat jy uit ondervinding
Wessel daar is 'n goeie…
Wessel daar is 'n goeie produk op die mark, die naam is regtig "Blixem decreasing liquid". Groen plastiek 5l kan en ook kleiner houers.
Hier rond is Midas die goedkoopste wat die produk betref.
Ek het toe maar besluit om 'n 1 meter M16 "threaded rod" te gaan kry, sal die gat in die koppeling moet uit boor en nuwe skroef draad te sny.
Prepsol
Prepsol is die een. Gawie het tot ń spuitkan met verdunde oplossing waarmee die bande gewas word.
Johann, die threaded rod is maar sagte metaal. Skuus ek wonder net hoekom strip die draad op die boute, dalk moet jy net n tap deur die bestaande moer stoot, daar is dalk net n ongewenste stukkie welding of iets dergelyks wat pla.
Hier noem Herman nou ook wat…
Hier noem Herman nou ook wat ek vermoed dat daar iets in die nut gedeelte op die A raam is, so lyk dit vir my ook as jy na die beskadigde skroefdraad kyk. Stem ook om eers tap deur te draai en dan kyk hoe werk die spaar bout.
Dankie almal, ek gaan liewer…
Dankie almal, ek gaan liewer eers die nut oor tap, so bietjie bang vir boor op sulke kritieke punte👍
Johann....
.... hou ons ophoogte van oefening. Moet nou net nie jou eie moer strip nie.![]()
Wessel
Hahaha, my eie moer strip ek nie meer so gou nie, te veel ergernis, my vrou slaan hard![]()
Het die advies hier gevolg en gou die moer gaan oor tap, sal nou moet wag tot die ou Penta weer beweeg moet word om te kyk.
Ek het egter die bout stewig vas gedraai, dit voel goed, sal dop hou.





Johann....
...jammer ek sal nie kan help nie. Die tegniese manne moet raadgee.
My Kavango het die verwyderbare neuswiel, wat met so 'n klamp-koppelstuk vasmaak aan die A-raam.