Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -3 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -9 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -10 hours ago
Rona November 2026 Johann L -10 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Jockey wiel bout.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

My Penta se jockey wiel bout het nou vir die 4de keer gestrip, elke keer kos dit my 'n paar rand om 'n nuwe te gaan koop. Ry nou permanent 2 x M8 boute saam as rugsteun.

Nou wonder ek, gaan dit nie beter uitwerk om een spesiaal te laat maak van "high tensile" / vlekvrye staal nie?

My vermoede is dat die beweging op die jockey, met die movers, dalk die bout "skut", en dan veroorsaak dat dit beweeg en "strip". Ek draai nooit die bout verskriklik vas nie, want ek is juis bang die ding druk te styf teen die buite pyp en maak so dan skade.

Enige voorstelle?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/01/2024 - 09:26

...jammer ek sal nie kan help nie. Die tegniese manne moet raadgee.

My Kavango het die verwyderbare neuswiel, wat met so 'n klamp-koppelstuk vasmaak aan die A-raam. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/01/2024 - 09:38

My Kavango se neuswiel is ook verwyderbaar. Die klamp druk om die neuswiel se pyp vas. Daar is dus nie ‘n bout wat teen die neuswiel se pyp druk nie. Hier is ‘n swak foto. Die neuswiel haal ek af wanneer ek sleep. Die gat waarin dit pas is sigbaar aan die bo- en onderkant van die klamp. 
 

A

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/01/2024 - 09:52

...........om die neuswiel stang styf (baie styf) vas te draai op 'n hoogte dat die buitenste pyp net by die gat onder uitkom.  Daar bly hierdie buitenste pyp (met die slinger) permanent en skuif dit nie op en af nie.  Ek gebruik net die binneste pyp om met die slinger op en af te draai.  In my geval kan ek dit doen want my trippel-wiel is los en val uit as ek die slinger opdraai.  Dit beteken daar is oorgenoeg spasie tussen die binne-pyp en die grondvlak as die slinger tot bo opgedraai is.

As jy dit ook wil doen, moet jou wieletjie kan uitval van die binneste stang as jy dit opdraai.

Fotos : neuswiel-slinger op- en afgedraai :- (verskoon die oliekol op die plaveisel  -  word vandag skoongemaak.

.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/01/2024 - 12:32

So lyk die "bout" waarvan ek praat, weet nie of die verwyderbare jockey op die Penta sal pas nie?

Len, dalk moet ek ook die jockey se pyp soos jy ge ruik, maar is bang die wurm buig as dit hoog gelig is.

Die wieletjie is 'n verwyderbare een wat baie breed is en werk soos 'n droom.

Twee foute, vergeet ek die foto en ek het gejok, dit is M12 grooteblush

Penta
M12 slinger / bout wat bly in konk.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/01/2024 - 12:57

...het nie so gewerk/lyk nie.

As ek reg onthou het dit 'n tipe slinger gehad waar jy die bout het. Dit het blykbaar op 'n manier op 'n gevormde blikkie gedruk, wat dan op die buite-pyp vasgeskop het. 

Ek praat nou van voor 2010 se periode, en almal het altyd gewaarsku, om nie daai blokkie te laat uitval nie.

Het jy daai blokkie, indien nie, is dit dalk jou probleem.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/01/2024 - 13:52

Ja, ek het daai skoen in, en die bout is 'n vervanging, die slinger lê in my toolshed. (Gestrip, seker al die derde een wat strip)

Sal 'n foto op sit dan kan mens geter sien.

P3nta
Mens duidelik sien waar dit beskadig is.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/01/2024 - 14:00

Ek dink jou oplossing is 'n "stainless steel" bout.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/01/2024 - 14:18

....daardie gebuigde plaatjie is juis daar dat die handskroef nie 'n duik in die buitenste pyp druk nie.  Myne het dit nog steeds.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 15/01/2024 - 14:44

My jokkie wiel.................................................se bout word BAIE STYF vasgedraai en weer twee keer gevoel elke keer as ek die jokkie laat sak of optrek. 

Het in Swadini en Satara gesien hoe die jokkie gly omdat dit nie mooi vasgedraai was nie en die disselboom op tone beland. Een ou se voet het sleg gelyk. 

So ek maak seker hy is vas veral omdat ek ook  die movers gebruik. Die buitenste pyp word ook gelyk met die onderkant van die raam laat sak en dan gebruik ek die slinger om wa te lig en af te hak. As die wa af is laat sak ek die disselboom so laag as moontlik met die slinger net vir die wiel om te kan draai. Dan is daar nie so baie krag op die jokkie as wanneer die stang lank uitgedraai is nie. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/01/2024 - 16:22

....op die neuswiel, is 'n groot gemors.

soos Jan tereg opmerk, jou tone gaan omtrent vergruis wees as die A-raam daarop neerkom.

Met die Herfsblaar samekoms in KarooNP gedurende April 2022 het van die ander mense se boswaentjie hak [?] ook tot op grond geval. As ek reg onthou het Lapskag my gehelp om dit op te tel, sodat eienaar die neuswiel op sy plek ordentlik kan klem. 

Ek twyfel of sandale, gewone skoene veel gaan help, dalk net hardepunt stewels gaan voete en tone red. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/01/2024 - 18:15

Ek stem saam, dis 'n gemors.  In my geval moet ek my elektriese domkrag gebruik om die A-raam op te lig.  Vandat ek die gebruik soos hierbo verduidelik om nie die slinger-pyp op of af te verstel nie, het dit nog nie weer gebeur nie.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 15/01/2024 - 19:40

Geen rede om skaam te voel oor 'n oliekol of twee nie! Dis mos standaard waar 'n Pathie staan?, Of dalk het Willehont kom kuier met sy nuwe Ranger?devil Niks wat so bietjie Prepsol nie sal uitwis nie...

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/01/2024 - 19:54

Naand vriende

Hier by my kompleks is dit ook altyd 'n gesukkel om oliekolle skoon te maak. Wat kan julle nog aanbeveel vir skoonmaak van plaveiselstene;

Grootwind praat van Prepsol

Len wat gebruik jy ???

Herman-- jy moet seker baie skoonmaak met die Land Rover se werkerylaugh 

Grootwind: spot jy met 'n Ranger, of praat jy uit ondervinding laugh 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/01/2024 - 20:16

Wessel daar is 'n goeie produk op die mark, die naam is regtig "Blixem decreasing liquid". Groen plastiek 5l kan en ook kleiner houers.

Hier rond is Midas die goedkoopste wat die produk betref.

Ek het toe maar besluit om 'n 1 meter M16 "threaded rod" te gaan kry, sal die gat in die koppeling moet uit boor en nuwe skroef draad te sny.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 15/01/2024 - 20:57

Prepsol is die een. Gawie het tot ń spuitkan met verdunde oplossing waarmee die bande gewas word.

Johann, die threaded rod is maar sagte metaal. Skuus ek wonder net hoekom strip die draad op die boute, dalk moet jy net n tap deur die bestaande moer stoot, daar is dalk net n ongewenste stukkie welding of iets dergelyks wat pla.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 15/01/2024 - 21:41

Hier noem Herman nou ook wat ek vermoed dat daar iets in die nut gedeelte op die A raam is, so lyk dit vir my ook as jy na die beskadigde skroefdraad kyk. Stem ook om eers tap deur te draai en dan kyk hoe werk die spaar bout. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/01/2024 - 08:56

.... hou ons ophoogte van oefening. Moet nou net nie jou eie moer strip nie.laugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 16/01/2024 - 10:21

Hahaha, my eie moer strip ek nie meer so gou nie, te veel ergernis, my vrou slaan hardwink

Het die advies hier gevolg en gou die moer gaan oor tap, sal nou moet wag tot die ou Penta weer beweeg moet word om te kyk.

Ek het egter die bout stewig vas gedraai, dit voel goed, sal dop hou.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus