Ons het effens laat (eers Saterdag) besluit ons wil so die 17de Desember see toe gaan (tot die 28ste).
2 jaar terug kon ons omtrent dieselfde tyd, geen staanplek kry nie en het einde laas 'nkanselasie in Richardsbaai gekry.
Ek was verbaas oor hoeveel oorde nog staanplek beskikbaar het in Desember. Ek het so 12 + oorde gekontak en net Salt Rock en Natalia kon nie help nie.
Karridene (omtrent 12) en Caravan Cove (omtrent 24) was oorde met die meeste oop staanplekke. (wat stanplek nommers en kaarte verskaf het)
Is dit die ekonomie wat druk, mense wat nie lus is vir kamp nie of net ek wat gelukkig was om so laat nog te kan kies en keur?
Baie Interressant wat jy…
Baie Interressant wat jy vertel Stephan.
Ja die ekonomie druk mense oral. Wonder ek of daar hierdie jaar meer mense rustig by die huis gaan bly en kuier?
Dink dis die belaglike…
Dink dis die belaglike tariewe oor Desember. Ons het ook seker 20 jaar laas Desember enige van daai oorde besoek oor daardie tyd. Doen deesdae die Junie/Julie ding minder mense en toue orals en baie goedkoper. Selfs dan sien ons by baie oorde heelwat oop staanplekke wat seker dan ook aandui dat selfs daardie tyd is dit vir baie mense te duur om te kamp. Die Suidkus parke het jare lank relatief min/swak geriewe aangebied en basies op die see se aantrekking staatgemaak. Met brandstof koste en beter geriewe by binnelandse oorde is die deesdae meer aantreklik?
Ek betaal nie R960 n aand…
Ek betaal nie R960 n aand vir 5 mense by caravan cove nie. Plekke wat oop staanplekke het is baie duur
Stem saam
Sleep nou stem saam met jou en Voortrekker ek dink baie mense het hulle krediet kaart te lank gerek en nou is daar nie n manier wat hulle die landpad kan vat .Snaaks genoeg ons bly eerder by die huis so oor Kers vakansie ,te veel mense ,te hoe pryse ons wag tot so Februarie dan vat ons die pad





Die ekonomie
Stephan ek glo brandstof pryse skuld las dra ook by tot dit en dan desember tariewe hoog ek het 20 jaar laas gekamp oor desember agv die tariewe Natalia is gewoontlik vol in desember baie mense hou ook buite seisoen vakansie dit maak ook dat daar nou meer oorde oor desember plek het my 2c