Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Oom Jeep

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Ek het die volgende plasing op ander forum gesien. Ek weet hier is lede wat van hom bewus was en dalk ontmoet het.

"Dag sê.

Dis met groot hartseer dat ek moet meedeel dat Oom Johan Viljoen, vroeër van Bloemfontein en later van Senekal, gister oorlede is 

Oom Johan (81) het op 18 Desember sleg geval en sy heupbeen gekraak. Operasie te Peloni hospitaal en 4 Januarie ontslaan. Maar redelik gesukkel maar ons het kontak behou, sterkte toegewens ens. maar gister het hy, volgens sy dogter net eenvoudig opgehou asemhaal en gegaan.

So jammer! Rus in Vrede my ou vriend - altyd so godsdienstig en eerlik gewees, so ek glo jy is in 'n veilige plek!"

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 19/01/2024 - 10:34

.............persoonlik ontmoet nie, maar altyd van sy insette op forums geniet.  Behalwe vir die heupprobleem in Desember, is ek dankbaar dat hy nie 'n lang, kwaai lyding gehad het nie.  Ek was verkeerdelik onder die indruk dat hy nog steeds in Bloemfontein woonagtig is.

Dankie Hennie vir die boodskap.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 19/01/2024 - 11:56

Ook nooit  ontmoet...................................,.................nie. 

Weet nie wie onthou Piet Goosen nie. Hy is ook laat verlede jaar oorlede. Het hom persoonlik ontmoet en hulle het ophou kamp toe sy gesondheid dit nie meer toegelaat het nie.

Tenspyte  van dit het hy nog van tyd tot tyd deelgeneem aan die gesprekke.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 19/01/2024 - 18:54

Dankie Hennie, ek het Johan en sy vrou by Parys ontmoet, ons kon baie lekker oor ons geloof gesêls. Hy is nou op 'n plek waar ek hoop om heen te gaan🙏

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus