Ek het die volgende plasing op ander forum gesien. Ek weet hier is lede wat van hom bewus was en dalk ontmoet het.
"Dag sê.
Dis met groot hartseer dat ek moet meedeel dat Oom Johan Viljoen, vroeër van Bloemfontein en later van Senekal, gister oorlede is
Oom Johan (81) het op 18 Desember sleg geval en sy heupbeen gekraak. Operasie te Peloni hospitaal en 4 Januarie ontslaan. Maar redelik gesukkel maar ons het kontak behou, sterkte toegewens ens. maar gister het hy, volgens sy dogter net eenvoudig opgehou asemhaal en gegaan.
So jammer! Rus in Vrede my ou vriend - altyd so godsdienstig en eerlik gewees, so ek glo jy is in 'n veilige plek!"
Ek het "Oom Jeep" nooit......
.............persoonlik ontmoet nie, maar altyd van sy insette op forums geniet. Behalwe vir die heupprobleem in Desember, is ek dankbaar dat hy nie 'n lang, kwaai lyding gehad het nie. Ek was verkeerdelik onder die indruk dat hy nog steeds in Bloemfontein woonagtig is.
Dankie Hennie vir die boodskap.
Ook nooit ontmoet…
Ook nooit ontmoet...................................,.................nie.
Weet nie wie onthou Piet Goosen nie. Hy is ook laat verlede jaar oorlede. Het hom persoonlik ontmoet en hulle het ophou kamp toe sy gesondheid dit nie meer toegelaat het nie.
Tenspyte van dit het hy nog van tyd tot tyd deelgeneem aan die gesprekke.
Dankie Hennie, ek het Johan…
Dankie Hennie, ek het Johan en sy vrou by Parys ontmoet, ons kon baie lekker oor ons geloof gesêls. Hy is nou op 'n plek waar ek hoop om heen te gaan🙏





Sterkte
Sterkte aan sy vriende dankie Hennie vir laat weet