Goeie môre vriende, daar breek die nuwe maand aan. Ons is alweer sterk oppad na Krismis toe.
Kom kuier saam en gesels saam. veral nuwe lede en ou lidmate wat hou van stilbly, kom gesels saam. Dit sal verseker dat ek nie aanmekaar ou koeie uit die sloot moet haal nie. ![]()
Herman...
...ag wat dan probeer ons maar weer ander keer om mekaar raak te kamp![]()
Nee man, in 1972 was ek in Std8, dit was die laaste kar wat my pa gekoop het, voor afsterwe. Ek het dit in 1986 oorgeneem. Ek het as werkende student 'n Alfa romeo --1800cc Alfetta gehad.!!!
Wildcard moet vir alle parke geldig wees
Onthou, daar is verskillende sones/streke waarvoor jy ‘n Wildcard kan koop. Een wat vir alle parke geldig is kos meer, maar dis vir alle parke geldig.
'n Mercedes Benz 230…
'n Mercedes Benz 230 outomaties het R5500 gekos in 1972.
My eerste voertuig, 'n splinternuwe Mazda 1300, het in 1974 'n hele R2 374 gekos.
Wildcard
Dankie Wildehont. Ek sien my kaart val onder All park's. Ek het egter my kaart nog net gebruik vir Sanparks parke. Ons het al 2x by KZN Wildlife oorde gekampeer maar nog nooit conservation fees betaal nie. Ek dink Die Hel val onder Cape Nature....ook Desember geen fooie daar betaal nie. Of dis automaties by verblyfkostes ingesluit?
Meeste Micro Soft…
Meeste Micro Soft toepassings, Office, Windows ens, hou na 'n aantal jaar op met "support" dit is alles net om mens te dwing om aanhoudend geld uit te gee.
Johann, dit is so maar nie vir die rede wat jy gee nie, dit het wel alles te doen met die koste om steun oftewel "support" aan 'n ou produk te verskaf. Al wat dan gebeur is dat die sagteware ontwikkelaar, MS in die geval, met 'n redelike vooraf waarskuwing alle gebruikers van 'n spesifieke produk kennis gee dat vanaf 'n spesifieke datum hulle nie meer die produk sal steun nie, maw jou ou weergawe sal steeds 100% werk behalwe as iets snaaks gebeur en jy by hulle hulp soek sal die nie meer beskikbaar wees nie. Jy word nie gedwing om geld uit te gee nie minstens solank as wat jou ou weergawe doen wat hy moet doen...logika is dat dit MS geld kos om spesialiste beskikbaar te hou vir steun wat op 'n stadium nie meer sin maak nie. Maar jou ou lisensie sal nie skielik "doodgaan" nie! Ek vermoed dat wat in Geert se geval gebeur het is dat een of meer van sy ouer Office installasie se files korrup geraak het en nie meer werk nie...ek vermoed (ek is dalk verkeerd, indien wel, jammer Geert ek bedoel niks slegs nie!) hy dalk probeer opgradeer het na MS Office 365....hierdie weergawe, as ek die MS info reg verstaan vereis dat mens die ouer 2016 weergawe moet "uninstall" en dan die nuwe ene installeer (nadat mens jou ander files ge-"backup" het! Weet nie wat gebeur as mens in so 'n geval die 365 weergawe probeer installeer terwyl die 2016 weergawe nog op die rekenaar sit nie...dalk is hier 'n paar jonger forum lede wat beter weet? Wat steun vir MS Office 2016 aanbetref, hier is wat MS sê:
"Office 2016 and Office 2019 clients will no longer be supported to connect to Microsoft 365 after October 10, 2023. After this date, these Office versions may still be able to connect to Microsoft 365, but that connection won't be supported, and end users might experience performance or reliability issues over time."17 Jan 2023
en
Mainstream support ended on October 13, 2020, and extended support for most editions of Office 2016 will end on October 14, 2025, the same day as Windows 10.
Wessel, soo het................
..................myne in 1972 gelyk :- (kyk Wessel se kommentaar op bl 5)

Len...
...ek sien joune het nog die regte MB buitebande opgehad, die met die skouer op die sywal, om te keer dat mens daai mooi wieldoppe krap teen 'n sypaadjie. Dalk het dit klippers ook weg gekeer daarvan.
Daar was weinig verskil tussen die 220 en 23o, laasgenoemde het in 1972 wel 6 silinders in 'n ry gehad. Kort daarna het jy die 230.4 en 230.6 saam gekry, 4silinder en 6 silinder onderskeidelik.
Dan het mens die 280e in dieselfde klein bakformaat gekry. Was dit nou 'n lewendige MB. Ek is seker oud, daarom onthou ek die detail so goed
Slaaptydstories
Hierdie opskrif gaan waarskynlik, en ek wil ook amper sê hopelik nie veel reaksie uitlok nie. Nie seker hoeveel mense wel dieselfde ondervind nie. Dit bepaal wel in watter rigting ons ons tent of karavaan oor jare opgeslaan het.
Vir solank as wat ek kan onthou was daar sekere huise en gastehuise waar ek eenvoudig net nie snags n oog kon toemaak nie. Ek het dit maar toegeskryf aan die vreemde bed wat nie gevoel of geruik het soos my eie nie al was dit kraakvars, mooi, en met liefde aangebied.
Die keerpunt het gekom toe ons ons huis in Riversdal/dale verkoop het en nog vir drie maande n oulike kliphuisie naby Stilbaai gehuur het. Alles hier was pragtig, rustig en veilig, maar ek kon nie slaap nie. Wanneer ek op die bed gaan lê het het dit gevoel asof my kop met n punt na bo trek (ongelukkig die enigste manier hoe ek dit kan beskryf - jammer as dit jou hoendervel gee). Met geen kennis oor magneetvelde nie, maar met dit in gedagte het ek ons bed 90 grade gedraai (die slaapkamer het gelukkig die opsie gebied). My kop wil nie suid lê nie, eenvoudig soos dit!
So het dit dan vir baie jare lank goed gegaan solank ek die suide vermy. Gastehuise was baie tegemoedkomend - eenkeer is selfs die meubels geskuif vir ons gerief. In Tambotie (permanente tentkamp in KNP ) het ons n hele paar keer gebly wanneer ons net gou vir n paar aande wildtuin toe weggeglip het. Ons het elke keer in die lae nommers 1- ?10 plek gekryen almal se beddens is suid/noord geplaas. So, beddens sou ons skuif....
Tot vanoggend.....!!! Vir die afgelope drie maande het ek weer begin skape tel. Net om te besef dat noord ook nie werk nie nadat ek sommer met die eerste koppie tee al begin oplees het oor die onderwerp. Aanvanklik gelees: "There is no scientific evidence to support the idea that sleeping with your head facing a specific direction, such as south, has any impact on health or well-being". Verdere leesstof het egter die simptome wat mens kan ervaar uitgelig (soos sommige waarvan ek wel deeglik kennis dra)
So ja, ek glo nie dat dit n mite is nie, maar realiteit en weet nou dat oos/wes die beste slaapposisie is (vir my).
Sal bietjie later gaan kyk of al my varkies/skapies nog op hok is![]()
Hennie....
.....môre, hoe gaan dit met die huis verkoop projek, en soeke na ene in die mooie Kaap.
Jy moet dalk in Worcester gaan bly, dan is die temperatuur skok nie so groot nie![]()
Rona ...
... maak soos ek - drink 'n lekker stywe dop net voor slaaptyd en slaap soos 'n klip. Maak nie saak watter rigting my kop lê nie. Nee - ek spot. Gelukkig het ek nie 'n slaapprobleem nie - ek word net te vroeg na my sin soggens wakker. My beter helftetjie kan egter nie aan die slaap raak sonder haar pilletjie nie en slaap dan wel soos 'n klip.
Rona…
Rona................................ek het amper soortgelyke probleem as ek laatnag by 'n plek aankom en ek weet nie watter kant die son môre gaan opkom nie.
Sukkel om te slaap vir die eerste nag. Nou onlangs by Montegu weer gebeur want die son kom vir my aan die verkeerde kant op. ![]()
.....môre, hoe gaan dit met…
.....môre, hoe gaan dit met die huis verkoop projek, en soeke na ene in die mooie Kaap.
Wessel, my transaksie is hier aan die gang by die prokureurs. Uitklaring syfers weer aangevra, aktes ook by Prokureurs. Koper se verbandgoedkeuring 2 weke terug al gekry.
Ons vlieg Dinsdag weer af Kaap toe om na eiendom te gaan kyk. Het al klaar 'n kortlys gemaak en met agente begin praat. Wanneer ons die grond tref in die Kaap is ons al klaar uit na eiendomme toe. Land so 9:00 dinsdag oggend.
Ongelukkig is Worcestor nie meer 'n opsie nie, aangesien ons so na as moontlik aan Alta Du Toit Nasorg sentrum wil wees. So die Brackenfell, Durbanville, Bellville omgewing sal dit maar wees.
Hennie....
... ek hoop julle planne werk seepglad uit.
As ek die weer kyk, en na Len luister, is Brackenfell omgewing ook maar goed warm, soms!!!
Onthou om te soek vir 'n plekkie waar 'n woonwa moeiteloos kan inpas![]()
Weerlig
Ons het nounet donderstorm gehad waar weerlig ons bure se boom aan die brand geslaan het. Skade aan huis is darem minimaal, maar die eienaars was vreeslik angsbevange....ons almal het gedink hele huis gaan af brand. Ek was baie beindruk met die brandweer se flinke diens...dit was minder as 15 minute vanaf ons hulle gebel het tot hulle die vuur geblus het...hulle was binne minute op die toneel
Geert...
...dit lyk of dit 'n palmboom kon wees.
Ek het 16 palmbome in my erf laat afmaak, dit is 'n helse risiko vir weerlig en brand. Meeste groot en ou palmbome is net 'n groot tros droë takke daar hoog bo, waar mens dit nie kan bykom nie.
Ons het 'n vreeslike donderstorm gehad vanaf 22h30 tot so 0h30.
Pas terug van die dorp af..
en so spyt dat ek nie my foon saamgeneem het nie![]()
Vir die tweede maal het ek hierdie "kollos" gesien - Das Rollende Hotel - en toeriste met kameras en drasakke die wêreld vol. n Feestelike atmosfeer daar onder.
Die vorige keer was in KNP, Skukuza se kampeerterrein. Ek gaan probeer om die staanplek te beskryf, hoop dit maak sin vir die wat die terrein ken. Soos wat jy van die ontvangs af ry, om die sirkeltjie na regs en neem die eerste indraai na regs. Aan die regterkant is n kookhuisie/opwasplek. Aan die linkerkant is hierdie groot. plat gedeelte met min of geen? bome nie. Daar kan baie karavane inpas...
Presies hier het die meer-as-massiewe-bus gestaan. My asem was weggeslaan - nog nooit so iets in die wildtuin beleef nie. Ook gewonder of dit die maksimum toelaatbare lengte op ons paaie oorskry (seker nie). Dan is hy ook bloedrooi en mens kan hom nie miskyk nie. Die bus met al die tafels, stoele, mense en wat meer het net gemaklik op daardie groot terrein ingepas. Die voorste gedeelte is vir sitplek en die sleepwa die ......slaapgedeelte. Ek het dit daardie tyd gaan google. Dit wou voorkom asof die van ons met engtevrees nie nie so n toer sou bespreek nie.
Ons het daar naby kampeerplek wat beskikbaar was gekry. Nooit het daardie groep mense ons aanstoot gegee nie. Die geselsery was meestal gedemp en ons het net die vrolike atmosfeer aangevoel. Met 10? karavane daar sou dit waarskynlik dieselfde gewees het. Die kleedkamers was wel bietjie bedrywig...
So wonder ek toe vanoggend waarheen die bus op pad is.





Raak kamp
Ons datums gaan nie saam val nie Wessel. Waneer jy by Karoo aankom, is ons op pad huistoe. Die Argeloeë kom die 20ste Mei hier aan.
Waterbeurt is soos jy noem. Elke een van die stroompies hier word verdeel tussen die grondeienaars wat dit kan benut. So is daar al in 1895 in die waterhowe gedraai soos die klomp gestry het. Die hof het toe die beurt ure toegewys wat vsndag nog staan. Ek het ń 48 uur beurt in ń siklus van ongeveer 14 tot 21dae. Ander deel van plaas het ń 50 uur beurt in ń ander siklus.
Vroeër jare toe ek hier gekom het, moes jy bledie lank op ń almenak gaan sit en al die beurte uitwerk. En dan is daar nog skrikkeljare ook in die mix. Ek het later ń program ??? Laat skryf wat dit nou doen.
Her jy al in 1972 n Benz besit. Klink my jy was ń bedorwe brokkie.
My vervoer was n Suzuki ac 50cc