Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek stem saam .... November 2026 Chris Boucher -5 minutes ago
Dit het my en ... November 2026 Chris Boucher -26 minutes ago
so gevoel by stembus November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -1 hour ago
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -16 hours ago

Februarie 2024 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre vriende, daar breek die nuwe maand aan. Ons is alweer sterk oppad na Krismis toe.

Kom kuier saam en gesels saam. veral nuwe lede en ou lidmate wat hou van stilbly, kom gesels saam. Dit sal verseker dat ek nie aanmekaar ou koeie uit die sloot moet haal nie.  laugh

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 10/02/2024 - 19:20

Wessel, gedink jy is ń maergat toe ons saam gekamp het. Wat het intussen gebeur, goeie lewe, skilpadjies en rooies, te min bome uithaal??? Draftekkies my ou maat, een van die dae lyk jy soos n Griek. Jy ken die vergelyking van Griekse god en Gert. 

ń Kernfisikus, met ń dik lyf... iemand raak slapgat...booom...daar het jy dit.cool

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 10/02/2024 - 19:33

ronddra, vyf verdiepings trappe, gebeur nie meer nie.

Ek het juis die afgelope week 'n broodboom uitgehaal. Dit het op verkeerde plek gestaan, bo-op die plek waar al die kompleks huise se waterpype loop. Omdat ek nie weet wat se wortelstelsel 'n broodboom het nie, moes dit voorkomend maar uit gehaal word. Ek het nogal gebrul om daai stam alleen agter op Grompie tel kry.

soos jy seg----slapgat verby, en kamp te min!!! sad  

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 11/02/2024 - 07:45

Hier uit n koel Sionsberg in Heildelberg.

Ons het darem Vrydag se groot storm oorleef. Gister was n baie warm dag en ons het lekker gekuier saam met Segekok en Ben Anderson.

Weet nie of hulle nog op forum is nie.

Die loadshedding maak ons dood. Gelukkig vir die sonpanels op Froggy se dak.

Geniet julle dag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 11/02/2024 - 07:48

Môre Harry en ander wat kom loop staan en inloerlaugh

Harry hier is dit ook heerlik koel vanoggend, 20° en die wind kom met sulke rukke en plukke wat dit heel leefbaar maak.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/02/2024 - 07:51

Môre Harry

Jy bevestig nounet 'n keuse wat ek elke keer maak----ry maar die panele saam.

Deesdae is die kans baie goed om sonder krag te wees in 'n oord. Ek ontsien soms die moeite om my 320 watt saam te ry, maar ek het die goed elkgeval. Selfs met verlede jaar se Kaap na Namakwaland toer, het die panele maar saamgegaan.

Bly om te hoor julle is skadeloos deur die storm.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 11/02/2024 - 10:49

Hallo Harry en die ander saam-geselsers !

My kampeeruitrusting beskik nie oor sonpanele wat saamgery hoef te word nie, maar ek skrik nie vir geen of Fase 6 beurtkrag as ons eersdaags Wildtuin toe gaan nie.  Ons 12V ligte, die waterpomp en radio in die wa werk ongestoord voor vanaf die "mover"-battery en word kort-kort "opgetop" vanaf  ie Pathfinder se battery na 'n dag se weldritte.  Ons yskas en vrieskas werk ongestoord voort op gas. Het hierdie prosedure al meermale by Tsendze en Balule vir 7 dae op 'n slag sonder probleme toegepas.

Die enigste probleem wat oorbrug moes word is warm stortwater. Ons Exclusive het ongelukkig net 'n elektriese geyser, maar 'n boer (ongeag sy Engelse van), maak mos 'n plan.  Ek het al vertel van my MeGyver (?) gas-geyser - hier is 'n foto ter gerinnering daaraan.

.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 11/02/2024 - 11:24

Ek het ook gedink aan son panele koop, maar CR het gesê ergste is agter die rug en teen einde van die jaar is loadshedding iets van verlede...vir die laaste paar maande sal ek maar vasbyt.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/02/2024 - 11:30

....bied die ou tegnologie darem voordele van groot waarde. Daai gas koel/vrieskaste is darem maar handig.  Regte ou staatmakers, dit werk of dit nou bewolk is, of 7 dae reën, solank die gas hou, is alles klopdisselboom koud.

O ja, jy hoef nie soos 'n saalsuster met bedpanne, rond te hol om die panele in die sonlig te hou nie. Ai, hoe sien ek nou uit na Tsendze. Dalk kan ek my broek size so bietjie verklein met die sonpanele hollery, of wat dink jy Herman?laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/02/2024 - 11:32

....want Mal-ema het ook gister hoog en laag belowe hy sal sorg dat dit beurtkrag dadelik sal stop, EN 4 miljoen werkgeleenthede geskep gaan word. 

Ek vermoed die 4 miljoen sal generators moet draailaugh 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 11/02/2024 - 12:17

Julle moet maar lekker spot met mal Emma. Gister sy manifes geluister. Wragties hy klink net soos Eugene Terbkanche. So half hees geskreeuery. Die naby hom kry ek maar jammer, seker n wolk spoegdruppels.

Die kamp sonpanele klink my is n lastige besigheid. Heeltyd rondskuif, en dan twee dae se reen... en die tjoppies raak effe ryp... Len se plan van batterye laai in ry, is basies wat die oompie nou al so lank doen as toe die 12v kassies op die mark gekom het. En nog nooit met n warm bier gesukkel nie.

Wessel, nou moet jy heel dag panele oppas ipv Olifante gaan soek. Jy sal sekerlik n broek saaiz kleiner word, en ń paar marbles verloor op die koop toe.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/02/2024 - 12:37

Nee Herman, die keer was ek super slim, ek het nr 28 bespreek. Verlede jaar die staanplek mooi beloer, daar gaan ek panele uitpak en los, hele dag son.

Ek hoef nie olifante te gaan soek nie, die verdomde ou diertjies vind my!!!!laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 11/02/2024 - 16:34

Ek het ook gedink aan son panele koop, maar CR het gesê ergste is agter die rug en teen einde van die jaar is loadshedding iets van verlede...vir die laaste paar maande sal ek maar vasbyt.

Lyk my CR se beloftes word waar.....klaar van Stage 6 na stage 5

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 12/02/2024 - 12:14

Ek is n bietjie gepootjie in my beplanning vir die dag en kan so n rukkie hier inloer.

Daar was e-posse (notifications) t.o.v. reaksies op plasings. Ek wil dit nie meer ontvang nie, en klik op die skakel......net om by n elle-lange vorm te kom wat ingevul moet wordsad.

So lees ek toe ook daar iets raak van "Local time zone" en dink dat indien daar Dullstroom sou staan, ons waarskynlik nie van hierdie planeet sou wees nie. Baie dinge is vir my onbekend hier, veral die reënvalpatroon. Dit reën feitlik daagliks hier (miskien bietjie oordrewe, net soms is hier ook n sonskyndag). Daarmee saam ook hael (groot of klein) en baie erge donderweer. Dan ook die mistigheid... 

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat niemand hier reënmeters sal hê nie aangesien n mens nie sal kan voorbly om die lesings te neem nie.

Tuinbesproeiing sien ek ook nêrens. Sou daar wel n tuinslang wees glo ek dit word uitsluitlik gebruik vir die was van voertuie. Hier is nie n karwas-besigheid nie. Dink nie dit sal n lonende bedryf wees nie.......dit reën te veel daarvoor...

Die Beautiful Rolling Hills waana hier algemeen verwys word het dit seker te danke aan die baie mistigheid en reën. Ek sal maar altyd n Bosvelder bly.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 12/02/2024 - 12:46

Ek moes destyds (1979) 'n droë perske produksie-opname vir die Droëvrugteraad (waar ek toentertyd gewerk het) in die Oos-Transvaal gaan doen. Daar was heelwat perske-produksie in die Tonteldoos-omgewing, maar die naaste akkommodasie was in Dullstroom se hotel. Dit was wintertyd en bitter koud. In die hotel was egter die lekkerste kaggelvure aangesteek. Ek was die enigste gas in die hotel vir 2 aande. Ek onthou ook baie goed dat ek soos 'n koning daar geëet.

Jare later, iewers in die 90's, het die maatskappy waar ek toe werksaam was (en by afgetree het), ons jaarlikse beplannings- en begrotingsvergadering by Critchly Hackle (spelling?) gehad. Dit was ook in die wintertyd. Ek onthou die heerlike kaggels wat in elke slaapkamer was. As ek soggens opgestaan het, het ek die kaggel van vooraf gestook en my oggendkoffie knus langs die vuur geniet.

Ek het net lekker herinneringe aan Dullstroom.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 12/02/2024 - 21:04

Ek wonder al heeldag hoe dit met die bevestiging t.o.v. jou bespreking afheloop het?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/02/2024 - 05:54

Môre vriende

Ek het ook Len se voorbeeld gevolg en my besprekings vir Kruger, Mokala, Karoo, Camdeboo en Berkkwagga betaal. Hopenlik is Sanparke darem nou weer solvent, want ek is nielaugh

Nou is dit die wag vir "confirmation" briewe.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 13/02/2024 - 06:38

As mens online betaal reflekteer betaling onmiddelik en stelsel stuur bevestiging automaties binne paar sekondes. 

Omdat Sanparks se hoofkantoor 10 minute se ry vanaf ons huis is, het ek al baie keer met kaart by hulle gaan betaal. Altyd lekker gevoel om met betaalde bespreking daar weg te stap

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/02/2024 - 06:51

...sjoe dis gerieflik, om gou daar in te val en te bespreek, en betaal ook.

Dis die 1ste keer wat ek in 2 paaiemente vir besprekings betaal. Eerste mos gou na bespreking, en dan weer so rukkie voordat  besprekingsdatum aanbreek.

Ek doen dit nog oumanier, betaal elektronies en epos dan betalingsbewyse. Tot hede nog nooit moeilikheid gehad nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus