Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Sjoe November 2026 Johann L -1 hour ago
Sjoe November 2026 Geert -1 hour ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -4 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago

Februarie 2024 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre vriende, daar breek die nuwe maand aan. Ons is alweer sterk oppad na Krismis toe.

Kom kuier saam en gesels saam. veral nuwe lede en ou lidmate wat hou van stilbly, kom gesels saam. Dit sal verseker dat ek nie aanmekaar ou koeie uit die sloot moet haal nie.  laugh

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 16/02/2024 - 12:36

Ja Wessel....sulke groot groepe kan pla. As ek na Lekkeslaap se terugvoering kyk, gee besoekers 5\5....dis gemiddeled op 15 reviews.

Google het 382 reviews met n gemiddeld van 4,5/5 wat goed klink.

Ons het laasjaar daar verby gery....van buite okay gelyk, maar het nie ingegaan om te loer nie. 

Wonder of dit deel is van grotte....ek sien op hul website as jy probleem het kan jy iemand kontak met n sudwala grot epos adres

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/02/2024 - 13:09

Ek was by die grotte toe my kinders laerskool was. Ek wil nie eers probeer om met 'n woonwa tot daar bo te sleep en te parkeer nie. 

Ek twyfel of die uitleg al verbeter het oor die jare. 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 16/02/2024 - 13:40

Ek het n Snowmaster 42 L yskas / Vrieskas wat meestal by die huis staan met my kampvleis in. Voor ek gaan kamp, krap ek eers daar vir wat ek wil saam vat. Alles is opgemaak in kamp porsies.

Ek het nou vir my n klein draagbare 20L Nasional Luna yskas/vrieskas aangeskaf. Leeg is hy 11 kg. Is maklik om te hanteer en saam te ry, in Jimny of double cab bakkie. 20L klink klein maar hy het my verbaas. Gaan tot minus 20 grade. Ek het ook n losstaande battery boks met n 100A Lithuim battery in wat ek gebruik as n 12V power supply.

Ek is tans besig om die battery boks se battery te toets met die yskas teen minus 12 grade. Na 72 uur aan, sonder laai, staan Lithuim battery nou op 40% oor en volts op 12.6V. Ek dink dit is lank genoeg en beskou nou toets as afgehandel. Yskas trek max 55Watt. Het so R3999 gekos by Outdoor warehouse.

In Froggy het ek n regop dubbeldeur Hisense yskas. Vries deel is 40L en yskas deel is so 105L. Die yskas/vrieskas is deur Nasuional Luna omskep met hulle 66Watt Danfoss kompressor. Is 220V/12V Die selfde wat in hulle offroad kusvrieskaste gebruik word. Jy kan enige yskas vir hulle vat en hulle kan hom ombou (behale 'n yskas met auto ontvries)

Het 2 x 100A lithuims as aux. battery gekoop vir Froggy, moet nog ombouning doen. Het n Dc to Dc charger gekoop, sodat Froggy se altenator ook lithuims kan laai as ek ry. Dit help om amps na lithuims laer te hou en "spiks" te keer. 

Alles net vir inligting.

Geniet julle dag.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/02/2024 - 14:03

Na 72 uur aan, sonder laai, staan Lithuim battery nou op 40% oor en volts op 12.6V.

Ek neem aan die vrieskas was heeltyd toe tydens die toets? Onthou hoe meer mens dit oopmaak hoe meer krag gaan dit gebruik. Die omgewingstemperatuur sal ook ‘n invloed hê. Die vrieskasse kan net ‘n sekere aantal grade onder omgewingstemperatuur afkoel. Ek vermoed dis in die orde van 40 grade. Ek het dit onlangs gesien toe dit 43° was hier, en my wa in die son gestaan het. Die vrieskas het gesukkel om by nul grade uit te kom en daar te bly. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/02/2024 - 14:37

Middag Harry,

Ek lees nou jou inset oor die toets, en iets pla my. Volgens my stelsel se gradering, is die vergelyk tussen % kapasiteit en volts as volg;

Full---12.7V

90%---12.4v

75%---12V

Volgens National Luna se brosjures is dit;

Full---12.6V

40%----12V

Ek is dus verbaas dat jy noem 40% kapasiteit wat dan 12.6V is. 'n spanning van 12.6V is omtrent vir alle praktiese doeleindes vol gelaai.

Chris S: Ek twyfel oor jou stelling " net sekere aantal grade onder omgewingstemperatuur" !!!

Ons het laasjaar in Tsendze gestaan, met temperature van 36C. Beide my National Lunas was gestel op -20C, wat hulle laglag gehandhaaf het.  Dit het egter 'n groot las op die batterye gesit, maar met die 320 Watt panele kon dit in die dag byhou. Ek het later toe ek besef die 1 battery is onder verdenking, die kaste na -10C afgestel, en deur die nag hulle afgeskakel.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 16/02/2024 - 14:55

Wessel, daar is verskille in die insulasie van ys/vrieskaste. Gevolglik sal die aantal grade wat hulle onder omgewingstemperatuur kan afkoel verskil. My Snomaster (wat nie deel van hulle reeks is wat vir ekstra warm temperature gemaak is nie) het direk in die son gestaan terwyl dit 43° in die skaduwee was. Dit het natuurlik dit moeiliker gemaak daarvoor om die -10 te bereik waarop ek die vriesgedeelte stel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/02/2024 - 15:30

....dit is seker waar die verskille inkom tussen Snowmaster en byvoorbeeld National Luna. ek het gou gaan loer in NL se handleiding, hulle temperatuur gebied vir werking, is tussen +20C en -30C, en behoort dit glo te kan doen selfs in omgewingstemperatuur van +40C.

Ek wil nie by wees as dit in 40 grade moet werk nielaugh.   

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 17/02/2024 - 07:18

Julle moet julle dag geniet

Die toets wat ek gedoen het, was die yskassie in die skaduwee. Binne huis. Het ook nie sy blink seil oor hom gehad nie. Die is ook n klein 20L max 55watt en is nie groot nie. Daar was gevriesede vleis in hom. Halfvol Dag temperatuur het gewissel tussen 25 en 32 grade. Die aande was seker af na 20 grade, binnehuis.

Die was net n praktiese toets wat ek gedoen het en ek het nie eers na Nasional Luna se syfers gekyk nie. Die is ook nie n groot yskas nie. Ek het hom deur die dag seker so 8 keer oop gemaak en vir 60 sekondes oop laat staan en toe weer toe gemaak. Max wat hy kan gaan is -20 grade. Ek het hom op -12 gestel. As hy geloop het, het hy volgens die app so 3.1A getrek. Watts het gewissel van 40 tot 48 volgens App.

Al die inligting wat ek gekry het was volgens n ronde 12V gauge en een van daai lang gauges net die klomp liggies, asook die battery se App.

Hierdie was net n toets vir myself. My 42L sal beslis seker nie dieselfde lesings gee nie. Ek sal ook nie solank sonder aanvulling van battery gaan nie. Wou net sien tot waar ek hom kon druk. Battery app het gesê ek kan nog so 11 ure gaan. Maar ek het my doel bereik met my toets.

Die inligting is vir "use it or not use it" Dit is wat ek praktiese beleef het. Ek is nie n wiskundige nie en gaan niks baat deur valse inligting deur te gee nie. 

Het die NL20 draagbare eenheid gekoop hoofsaaklik omdat hy klein en lig is en in my Jimny kan pas sonder om baie spasie op te neem. Dalk het ek my geld gemors, weet nog nie. Na my behandeling is ek nog redelik swak en sukkel met swaer goed alleen.

Dalk is daar ook ander wat praktiese toetse gedoen het en kan deel met grooter eenhede.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 17/02/2024 - 07:50

Die lithium batterye maak ‘n helse verskil. Nie net kan hulle meer keer diep ontlaai as loodsuur nie, maar hulle word nie beskadig as hulle nie heeltemal vol laai voor mens weer krag trek uit hulle nie. Hulle het ook ‘n baie groter aantal siklusse en hou dus langer. Vandat ek vir ons huis se omsetter ‘n Lifepo4 battery gekoop het was ek nog nie een oom blik spyt nie. Maak net seker die laaier wat gebruik word is versoenbaar met hulle, en dat die parameters reg gestel is vir hulle. Wat het die batterye gekos?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/02/2024 - 08:20

...ek is oortuig dat jy nie doelbewus valse inligting weergee nie.

Ek het bloot aanvaar dat daar 'n standaard "spesifikasie" geld, wat batterye se spanning en dan ooreenstemmende  %kapasiteit konsekwent weergee.

Dit het my vantevore, in ander insette op die forum, ook opgeval dat dit blykbaar nie so is nie.

Jou nuwe NL kassie is dan seker groter as die wat in Voetspore se L.Cruisers voor tussen die sitplekke is. Ek sien dit is nou 'n opsionele ekstra as mens 'n Cruiser koop, of is dit dalk standaard toerusting!! 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/02/2024 - 08:52

Ek het iets geleer en gevind.!!!! Die %kapasiteit teenoor Volts vir 'n Lithium battery VERSKIL van gewone lood-diepsiklusse.

Kapasiteit         Lithium      Lood suur

100%                  13.6               12.7

70                        13.2              12.3

50                        13.1              12.1

40%                    13.1               11.9

20                       12.9

Ons kan dus nie konsekwent vergelyk nie. Harry het sy kassie met 'n Lithium battery getoets, en dit verklaar die klaarblyklike teenstrydigheid.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 17/02/2024 - 11:44

... of "gee nie om nie", maar julle praat heeltemal bokant my vuurmaakplek met julle battery-stories. Ek verstaan pokkol daarvan, maar dit is verblydend dat daar wel diégene is wat weet waarvan hier gepraat word.

Daar mag dalk 'n eerste keer wees, maar tans kamp ek probleemvry wanneer ek my Snomaster net van die bakkie se (enkele) loodsuur battery af laat loop wanneer ek vir 7 nagte in Tsendze kamp.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/02/2024 - 12:30

....dalk net oningeliglaugh Ek lees en spartel ook maar om by te hou met die nuwewetse tegnologië.

Ou Grompie is nog nie bedraad om koelkas met 12V te voer nie. Ek het die wa met reeds 2 papperye, en 12V bedrading vir 2 koelkaste. Dus tel ek maar die kas van die trokkie af, en los dit onder tent by woonwa.

Ek los die los koelkas slegs op trokkie waar ek 1 aand oorslaap, en dan voer ek dit 220 of 12V, wat ookal beskikbaar is. 

As die nuwe waens met so 'n lekker bedrading en beheerstelsel, wat 360 watt panele kan hanteer,  standaard mee beskikbaar [te koop]was, het ek dalk reeds 'n ander wa gekoop. Ek is nou bederf met wat ek het.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/02/2024 - 14:39

Ons het nou net ons nuwe speelding gekry. Dis lekker kompak en klein. Ek is seker dit gaan help vir die fokus, zoom en bewe in wildtuin.

klamp3

klamp2

klamp

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/02/2024 - 14:50

....forum se foto laai is weer 'n gesukkel. Wil nou vandag weer nie JPG laai nie. Ek het eers probeer uit forum "fotograaf" sonder sukses. 

Weer probeer onder Februarie saamgesels. Kon dit regkry met ikon regs langs die gesiggie in aksie kolom hierbo.

Gaan nie eers probeer om dit weg te "edit" nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 17/02/2024 - 16:02

Gebruik jy nog ń SLR kamera Wessel. Die een op foto lyk baie soos die Minolta Trip 35mm??van die 70 - 80 era. Jy gee nou jou tegnologiese agterstand darem baie weg hoor.devil

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/02/2024 - 16:48

Herman, jy is amper reg. Dit is die Minolta XG-1, met 'n 45mm lens. Dit was 'n fantastiese kamera, vol outomaties en eie diskresie vir sluiterspoed. Sy optika het geskuif en wil nie meer korrek fokus en zoom nie.

Ons gebruik tans 'n klein NIKON Coolpix L830 . Dit het 34x optiese zoom. Glo die ekwivalente specs van 35mm lens as

fokus lengte van 22 tot 765mm

zoom vergroting van 3060mm 

Al die foto's wat ek nog op forum gelaai het, is daarmee geneem. Ek is heel tevrede daarmee, en goedgenoeg vir die 3de liga fotografie wat ek pleeg. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/02/2024 - 16:51

...o gaats, dankie vir waarskuwing. Het jy dit oorgekom??

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus