Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nuwe boodskap-opsie Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 seconds ago
toeriste en toeriste Kruger 2026 Wessel Strydom -12 minutes ago
Braai 1x Kruger 2026 Geert -50 minutes ago
Stem saam... Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof spekulasie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
See vakansie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago

Terugvoering - Wildtuin toe (Maart 2024)

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek staak nou die ander gesprekslyn (Die wildtuin wink alweer). Ek gaan poog om meer detail terugvoering hier te gee. Verskoon by voorbaat indien ek iets herhaal, maar ek gaan poog om dit nie te doen nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/04/2024 - 14:24

Vanaf Kleinmond is ons gedwonge om eers die R43 via Villiersdorp tot Worcester te ry alvorens ons by die N1 kan aansluit. Die R43 is plek-plek maar baie stamperig tussen genoemde twee dorpe en is maar meerendeels vir my 'n stukkie nagmerrie-pad wanneer ek my wa sleep. Gelukkig het ek dit hierdie keer "bloots" gery, maar dit was steeds stamperig genoeg.

Vanaf Worcester was ons op die N1 tot by Drie Susters. Daarvandaan het ons met die N12 gery tot Britstown. Vanaf laasgenoemde het ons met 'n flenters-geryde N10 via De Aar tot Hanover gery. Hierdie pad is in n baie swak toestand a.g.v. die mangaan-vragmotors wat dit tot niet ry.

Vanaf Hanover was ons weer al die pad op die N1 totdat ons by Johannesburg op die N12 geklim het. By Witbank sluit die N12 by die N4 aan. Al hierdie paaie het baie lekker gery totdat ons afgedraai het by Malelane-hek.

Met die terugkeer het ons vir alle praktiese doeleindes dieselfde roete in die teenoorgestelde rigting gery - met die uitsondering dat ons vanaf Hanover tot Drie Suster al die pad op die N1 gery het.

Die groot aantal vragmotors op die N1 was tot Bloemfontein 'n groot frustrasie. Daarvandaan is die verbysteek-geleenthede egter baie beter en ry jy makliker. Die steenkool-vragmotors tussen Witbank, totdat ons na Malelane-hek afgedraai het is vrek baie. Maar danksy die oorgrote deel van die roete wat 'n dubbelweg-pad is, is verbygaan redelik maklik - behalwe vir die poort tussen Nelspruit en Malelane. Met die terugkeer was dit egter 'n plesier om die N1 te ry, want danksy die feit dat dit Paasnaweek was, was daar bitter min vragmotors op die pad.

In die wildtuin was ons tot 'n groot mate aangewese op die teerpaaie in die park, want die meeste gruispaaie (veral in die suide) is in 'n haglike toestand.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/04/2024 - 15:27

Ons eerste skof het ons tot by Travalia Gasteplaas by Drie Susters geneem. Praat van 'n puik waarde-vir-geld oorblyplek. Dit was ook ons laaste oorblyplek voor ons laaste skof huistoe. Ons bly gewoonlik (indien beskikbaar) in een van hul "luukse kamers" wat R1 200 per nag kos. Hierdie kamers, wat onlangs opgradeer is, beskik oor 'n gerieflike "Queen size" dubbelbed en twee stapelbeddens. Dit is ingerig met 'n toegeruste kombuis en 'n lekker braaiplek. Ons bestel gewoonlik hulle braaipakke (R90 elk) wat bestaan uit 2 lamstjops en 2 stukkies boerewors. Jy kan ook aartappelslaai en Griekse slaai bestel (R40 elk), braaibroodjies (R35) en 'n sak lekker droë doringhout (R45) bestel. Hier kuier jy sommer lekker.

 

video
0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 01/04/2024 - 17:35

Wees verseker dat ek ook elke inset lees, hoewel ek nie elke keer gaan kommentaar lewer nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/04/2024 - 20:39

Na 'n lekker aand van braai en rustig kuier het ons die volgende aand by Ralie se skoonsuster in De Aar oornag. Ons volgende aand was ons bestemming Aldam - 'n plek waar ons al menigmale met die karavaan oornag het. Hierdie keer was dit egter in een van hulle gerieflike rondawels met 'n prag-uitsig oor die Allemanskraaldam. Hier het ons verblyf R870 vir die nag gekos.

 

video
0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 01/04/2024 - 21:00

Vanaf Aldam het ons tot Middelburg, Mpumalanga, gery waar ons in The Gables Guest House oornag het. Ek het dit d.m.v. Lekkeslaap gevind. Die koste was R1 200 vir die nag in hul enigste selfsorg-eenheid. Dit is geleê in 'n pragbuurt van Middelburg, te wete Groenkol. Klaarblyklik is die hoofhuis die oudste woonhuis in Middelburg. Die eerste indrukke was dat die hoofhuis 'n bietjie onderhoud benodig, maar die anneks waarin ons wooneenheid was is baie netjies. Die sekuriteit is van hoë gehalte. Ons bakkie se parkeerplek was 'n bietjie ver vanaf ons eenheid, maar ons is 'n kragpunt naby die bakkie aangebied ten einde die elektriese koord aan die vrieskas te koppel.

 

video
0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/04/2024 - 06:10

....verklap dat dit Transvaal is. Ek kyk dit so in die agtergrond van die sementblad/tuinstel foto, en tel omtrent ten minste 'n 10 draad elektriese heining bo op die muur na die bure toe.

Dis darem maar jammer dat ons so moet leef en probeer om ons eiendom te beskerm.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 02/04/2024 - 09:22

Pragtige ou huis ! Ek was op laerskool in Middelburg, en kan regtig nie onthou of ek die huis gesien het nie. Al wat ek kan onthou wat so gelyk het, was die veearts se spreek-kamer, skuins oorkant ons huis. Streatham ontgaan my nou sad.

Verder geniet ek jou skrywes en videos Chris.yes

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/04/2024 - 13:03

Van Middelburg af is ons voort na Malelane-hek en uiteindelik Berg-&-Dal. Watter lekker gevoel is dit nie om die volgende voor jou te sien nie:

Wildtuin toe

En Berg-&-Dal se ingang:

Wildtuin toe

Ons is baie lief vir hierdie kamp en die omgewing. Ek het reeds op die ander gesprekslyn vertel hoe ons bederf is met luiperd "sightings" en wildehonde by Matjulu.

Wildtuin toe

Ek volstaan met hierdie foto. Ons het gedurende ons totale verblyf 'n totaal van 10 van hierdie ouens gesien, maar rondom Berg-&-Dal is daar geen teken van hulle nie. Jy moet verder beweeg. Dit is in teenstelling met die situasie wat dit eens was toe renosters volop rondom die kamp was.

Twee aande in Berg-&-Dal was te egter te kort. Ek sou graag langer daar wou bly. Maar ai - om in die wildtuin in vaste akkomodasie te bly is 'n duur affêre. Ons 10 aande se verblyf het ons R16 880.94 gekos. Die arme Noorweër wat ook ons kinders se verblyf betaal het moes R46 437.78 vir die 7 aande opdok. En sy Wild Card het hom meer as R10 000 gekos - andersins sou hy vir sy gesin meer as R20 000 se daaglikse fooie moes betaal.

Ek sal nie sê dat ons wooneenheid in Berg-&-Dal was puik nie. Maar teenoor wat ons die volgende 3 aande moes ervaar as dit eintlik puik.

 

 

video
0
Pretoria

Geert

Tue, 02/04/2024 - 13:16

Het jy n foto van hoe huisies binne lyk? Ek was nog nooit binne in een van Berg en Dal se huisies nie 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/04/2024 - 13:41

Binnekort sleep ons daar in, eers einde Julielaughlaugh.

Ek gaan sommer eers heel agter in die skaduwee begin staanplek soek.

Ek ril my 'n papie vir daai tariewe, Kavango moet maar deug, vrot tent en al!!!!  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/04/2024 - 14:22

... ongelukkig het ek nie hierdie keer foto's binne die wooneenheid geneem nie. Ek sal bietjie kyk op my foto's van voorheen of ek nie dalk so-iets het nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/04/2024 - 15:39

Van Skukuza se rondawels wil ek nie veel sê nie. Ek dink ek het reeds my mond uitgespoel op die ander gesprekslyn. Ek wil geensins beweer dat al die huisvesting in Skukuza so power was soos die 4 rondawels wat ons gehad het nie. Ons s'n was BE3 tipe akkommodasie. Ek volstaan deur te sê dat ek skaam was om buitelanders, met hul eerste besoek aan Suid-Afrika, aan so-iets bloot te stel - watter skande!

Ek het net een foto wat ek hier sal plaas - van ons vuur buite die rondawel. Dit was minstens lekker.

Wildtuin toe

Die volgende 3 aande in Satara was 'n grootskaalse verbetering - nie foutloos nie, maar as ek daaroor wil kla is ek sommer 'n klagat. En ek is nie een nie. Ons het lekker gebly in Satara.

Wildtuin toe

Ek het reeds genoem van die besoek deur die morsige ratel die eerste aand, maar dit was ook 'n unieke belewenis. Clarence, ons rondawel se skoonmaker, het gesê dat hy net vir ons kom welkom sê het omdat dit ons eerste aand daar was. En snaaks genoeg - die volgende aand het hy ons nuwe bure, wie se eerste aand dit was, besoek. Ons kon agterna net lekker lag toe ons kon sien hoedat hy op die kaste klim by die bure. Laaie word oopgetrek en gebruik as trappe om op die werksblad te kom en oral rond te snuffel - dit terwyl hy die onaardigste gromgeluide maak. Watter mooi en interessante dier. My kleindogter kon hom afneem vir 'n kort rukkie op 'n video, maar sy moet nog die "clip" vir my aanstuur - dan sal ek dit plaas.

Net terloops - ons het deur die kampeerarea gery en kon nie sien waaroor iemand kon kla nie. Dit het vir my maar gelyk soos wat Satara se kampplek altyd lyk.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/04/2024 - 16:09

kon nie sien waaroor iemand kon kla nie. Dit het vir my maar gelyk soos wat Satara se kampplek altyd lyk.

 ChrisB, hiermee stem ek volmondig saam.  Satara het seker van alle ruskampe in die Wildtuin die mins indrukwekkendste kampeerterrein.  Maar in teendeel hiervan, kamp ons nog altyd baie lekker in Satara.  Ons vermy die westelike grensdraad staanplekke want die westelike son verbrand 'n mens met krane en kragpunte myle uitmekaar. Ek is nuuskierig om te sien watter nagtelike besoekers ons dalk gaan kom verras.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/04/2024 - 18:08

... alhoewel ek nog nooit die ratel (blykbaar is daar twee) in die kampeerterrein gesien het nie, kan jy bykans verseker 'n vaalboskat of twee verwag. 'n Nuwigheid vir my was die rooijakkals in die kamp.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 02/04/2024 - 19:31

Dankie vir die deel van jul toer, ek geniet dit om hier op my alie te sit en saam toer.

Daai ou huis in Middelburg is darem wragtag pragtag, ek is mal oor sulke ou geboue, dit was met soveel sorg gebou. Het dalk al hier vertel van daai lieflike ou opstal naby Heidelberg (TVL) wat so verwaarloos word ai dit is so hartseer.

Jou videos is indrukwekkend, ek geniet dit om so te sit en kyk na die mooi in ons land.

Berg en dal is so pragtige plekkie ten spyte van daai lastige nag las wat julle ervaar, mens moet die dier maar met terapie verjaag, of verdra, weet net nie hoe niesurprise

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 02/04/2024 - 19:37

Wou nog vra, hoe vind jy die stuk pad van die N1 na Aldam, ek het dit so 50 jaar laas gery, en dit was / is grondpad van die N1 af tot by die oord, of daai jare natuurlik.

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/04/2024 - 20:06

... die 10 km teerpad vanaf die N1 tot by Aldam is baie doenbaar met 'n karavaan.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/04/2024 - 20:13

... ek moet ook maar die pennies omdraai. Begroot, begroot, begroot en nogmaals begroot. Daarom is daar na die komende Kgalagadi/Namibië-toer nie geld, vir 'n lang tyd, vir kamp nie. My wa raak nou 'n wit olifant - dit was afgelope Nov 'n jaar laas gebruik. En ek voorsien dit sal vir 'n lang ruk van nou af ook nie weer gebruik word nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus